Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jarah se tuin

201 Toe Jarah dit hoor, neem sy `n egte redenaarshouding aan en sê: "Goed dan! Die tuintjie is vol van die seën van bo en ek sal graag my kinderlike vlyt, wat ek natuurlik sedert `n paar dae gelede daarop losgelaat het, hier ten bate van almal beskryf! Materiële wins het die klein tuintjie weliswaar nog weinig opgelewer - wat egter in die tyd van sy bestaan ook nie verlang sou kon word nie - maar ondanks dit, het die tuintjie my al ’n des te groter geestelike wins besorg!

[2] Ja, die tuintjie is vir my `n regte boek vol diepe wysheid, en ek het daaruit in `n paar dae al baie meer geleer as wat Salomo my in al sy wysheid kon geopenbaar het. So het dan ook die antwoord op my vraag wat vroeër aan Josoë gestel was, juis `n paar dae gelede in hierdie tuintjie skitterend aan die lig gekom en is nou my volle, deur die Heer Self gegewe eiendom! Want as ek die volledige antwoord nie geken het nie, sou ek regtig nooit die vraag gestel het nie, hopende op die blinde geluk dat iemand `n antwoord sou weet, waardeur ek dit dan ook sou kon verstaan!

[3] O, ek ken die absolute regte antwoord, en dit geld nie net vir nou nie, maar dit sal vir alle tye geld solank God se woord êrens aanwesig is en daar op hierdie liewe moeder aarde priesterkaste is wat hulle die meeste daarmee besighou! Die antwoord op die vraag wat deur my aan die liewe Josoë gegee is, as volg:

[4] Ek lê tuis verskillende edele en goeie vrugtesade in die vette aarde van my tuintjie. Enkeles daarvan ontkiem al die volgende dag, en op die tweede dag staan die lote al ongeveer vier vingers hoog bo die grond.

[5] `n Meisie, en ek sekerlik dan ook, is altyd baie nuuskierig, en sodoende dryf my onversadigbare nuuskierigheid my daartoe om tenminste by `n paar gou opgekomde ontkiemdes te kyk wat daar eintlik van die saad oorbly as daar al sulke forse lote uit die aarde te voorskyn kom. Ek grawe daarom `n paar uit en bekyk alles baie noukeurig en opmerksaam. En kyk - soos wat mens in Latyn sou sê: Sapienti pauca sufficiunt! (`n wyse verstaan gou!) - ek vind die saad verrot en die grond daaromheen vermeng met vrotskimmel! Uit hierdie graf ontspruit die tere plantjie, en van die saadkorrel was, soos reeds gesê, niks meer oor nie as net iets van die harde skil wat die saad van buite omhul het en wat moeiliker verrot.

[6] Behalwe hierdie merkwaardige verskynsel vind ek egter ook dat `n aantal nie-ontkiemde saadkorrels jammerlik genoeg heeltemal deur die vrotskimmel verteer was, en daarby was daar natuurlik niks meer te vinde waaruit `n moontlike vrugkiem kon grootword nie. Dit ontgaan my skerp oë egter nie dat, juis bo diesulkes, naamlik die algeheel verrotte saadkorrels, baie klein en tere plantjies te siene was wat uit die aarde opkom en met die goeie en edele ontkiemdes nie die geringste ooreenkoms getoon het nie. Aha, dink ek, dis wat dit is! Hierdie valse ontkiemdes is seker ook `n produk van die goeie saadkorrels wat in die vet aarde gelê is, maar die hongerige aarde het haar daarmee slegs maar versadig, en laat nie toe dat die egte goeie kiem ontkiem nie. Maar wat het sy uiteindelik daaraan? In die plek van die een edele kiem skiet dertig onedeles omhoog en onttrek so van die aarde honderd keer meer van die vette voedingstowwe as wat een goeie plantjie sou gedoen het. Want alles wat goed en edel is, is ook met weinig tevrede, soos wat hierdie ook is.

[7] Goud hoef nie soos lood altyd gepoets te word om te blink nie; eenmaal goed gepoets, bly dit honderde jare blink. `n Wynstok bring op die slegste bodem vrugte voort, maar distels en dorings soek meestal die beste grond op. Die goeie en edele huisdiere is selde vraatsugtig, terwyl `n wolf, `n hiëna en soortgelyke diere dag en nag net sou wou vreet. So is die egte edele en goeie mens matig, terwyl die slegte, donker wêreldse mens met niks tevrede is nie. As mens hom honderdduisend pond goud sou gee, sal hy daarna sekerlik na niks anders verlang as om dit so gou as moontlik te verdubbel, en dit sal hom heeltemal niks kon skeel of alle ander mense van armoede verhonger nie! Hebsug maak steeds hebsugtiger!

[8] Kyk, die aarde van my tuintjie was dus ten dele onedel en dood en wou haarself vetmes met my edele saadkorrels wat ek daarin gelê het! Maar wat is die wrange gevolg? Wel, sy moet nou in stede van één edele, beskeie plantjie, honderd vraatsugtige, onedeles voed!

[9] En soos wat dit met die dom, dooie en selfsugtige grond gaan, so gaan dit ook met die mense op aarde wat hulle hier al `n hemel vol salige genietinge wil skep! Einde ten laaste moet hulle almal hul moeitevolle versamelde voorraad tog loslaat, en honderde ander verbras dit dan op `n dikwels baie liederlike manier. - Dit is as voorbeeld bedoel vir my komende volledige antwoord op my vraag. Prent hierdie beeld baie diep in u gemoed in, dan sal u die antwoord haas vanself vind!" - Almal dink daaroor na en bly hulle verbaas oor die groot wysheid van die meisie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205