|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 243
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die verontskuldiging van die jong fariseër
243 Maar Julius sê aan die anders so vrymoedige fariseër: "Waarlik, in die begin het ek jou as wyser en verstandiger beskou as wat jy jou nou daar laat uitsien – om die sigbaar suiwerste engel aan te sien vir `n moontlike satan! Ag, dit is die toppunt! Kan jy dan nie aan ons praat en handel as `n klein bietjie verstandige mens sien dat ons tog sekerlik nie van die duiwel is nie? Wil die duiwel dan nie volgens julle leer altyd maar net loutere kwaad doen nie? En ons verafsku en bestraf die kwade steeds, hoe kan ons dan by die duiwel hoort? Het die satan homself al ooit milddadig en barmhartig betoon teenoor iemand? Ons is egter teenoor elkeen regverdig, barmhartig en so moontlik milddadig. Hoe kon ons dan `n satan by ons duld? O, julle baie blinde dwase! Het julle nog nooit `n mens wat deur die duiwel besete is, gesien nie? Ek het daarvan meer as een gesien, maar daar was nie één daarby wat deur sy bewoner goed behandel was nie! As julle ons egter in julle growwe domheid as duiwels beskou, waarvoor beskou julle dan die tempeldienaars en julleself, as die tempel - soos wat dit tog nou aan die hele beter wêreld bekend is - uit louter leuens en bedrog, uit die geslepenste verdorwenheid saamgestel is en julle tog dienaars van hierdie tempel is? Julle gee self toe dat die tempel nou baie goed as `n skool vir die satan sou kon dien! En ons, ons wat elkeen steeds maar goed doen uit ons troue, goeie hart, wil julle nou ook as duiwels beskou, omdat `n gees uit die hemele vir julle `n klein voorproefie van sy reusagtige mag en krag gegee het? Dan sou ek graag eers van julle wil hoor op watter manier iets daar by julle moet uitsien wat nie van die duiwel is nie!"
[2] Die fariseër, wat hom weer ietwat herstel het, sê: "Nou, nou, vriendelike, verhewe Julius, reken u ons hierdie geskiedenis asseblief nie te veel as sonde toe nie! Want sien, waarmee `n mens gevoer word, daaruit ontvang die liggaam sy voedsel! As die voedsel goed is, is die versorging ook goed; is die voedsel egter sleg, dan sal die versorging ook sleg wees. `n Verwaarloosde mens wat ten laaste saam met die swyne vreet, sal ook geen ander vuil produseer as die swyne self nie! En so gaan dit ook nou geestelik by ons. Jare lank is die maag van ons siel voorsien van varkkos, en die kwade restant verdwyn nie so maklik en so gou uit die maag van die siel as wat `n mens dink nie.
[3] Ons het ons betere insig en ons betere kennis, wat natuurlik nog met baie vuil vermeng is, enkel en alleen aan die dikwels herhaalde omgang met Romeine en Grieke te danke. Maar as ons dan weer na Jerusalem teruggekeer het, en wel in die tempel, dan was veertien dae genoeg om ons deur allerlei mistieke, wys klinkende frases weer so dom as moontlik te maak. Dis geen wonder as daar by so `n buitengewone geleentheid uit die holle frases van ons siel vanself `n paar sulke duistere wolke aan die hemel vorm vir die tog nog swak skynende jong son van die kennis. Op bepaalde oomblikke raak dit dan so duister dat by verskynsels van buitengewone aard, ons net soos `n wandelaar voel wat in die middernagtelike donker wat tydens `n uit die wolke flitsende bliksem wel die rotsagtige pad sien, maar weinig daarvan het, omdat daar op so `n kortstondige verligting dadelik weer `n nog dikker duisternis volg!
[4] As u daarom met ons geduld wil hê, dan kom ons wel binne ’n oomblik daaroor! Maar soos gesê, dit gaan nie so van die een oomblik na die ander nie, en ek en ons almal is nou egter bly dat ons begin insien waarom dit eintlik so gaan en ook nie anders kan gaan nie; want uit `n harde en ruwe homp ontstaan daar nie na `n paar beitelslae van die beeldhouer al `n volledige mensgestalte nie.
[5] Ons het wel baie gehoor van hemelse engele. Die drie vreemdelinge wat Abraham besoek het, was engele; by Lot was engele; Jakob se leer vol met engele is bekend: Bileam se lasdier meld as mishandelde profeet die aanwesigheid van `n engel; die begeleier en leidsman van die jong Tobias was `n engel; die Israeliete sien die doodsengel van God by die Egiptenare van huis tot huis gaan; by die drie jongmanne in die vuuroond sien `n mens engele - en in die skrif is daar nog dikwels sprake daarvan dat die engele van God liggaamlik sigbaar met die mense van hierdie aarde omgang gehad het. Waarom sou dit dan nie hier moontlik kan wees nie?
[6] Maar hier is die werklike aanwesigheid van `n engel so buitengewoon dat `n mens dit natuurlik nie so gou as `n volle waarheid kan aanvaar as die snelheid waarmee `n mens dit van lang vervloë tye aanvaar nie. Glo is maklik, omdat `n mens hom altyd die vroeëre tyd beter voorstel as die teenswoordige. Dit hou `n mens uit `n sekere vrome eerbied altyd onwaardig vir sulke goddelike verskynings, sonder om te bedink dat dit daar in Sodom en Gomorra ook nie so besonder God- welgevallig kon gegaan het nie, anders sou Hy geen vuur van die hemel oor die plekke laat reën het nie.
[7] Kort en klaar, u moet self ook insien dat hierdie saak baie buitengewoon is, en nog nie sy gelyke op hierdie aarde gehad het nie! Dat ons dus tydens die merkwaardige proefie waarmee die engel ons `n bewys gegee het van sy hemelse afkoms, ietwat van stryk geraak het, sal ook wel te verstane wees as `n mens daarby al ons vroeëre lewensomstandighede in oorweging neem. Ons vra u daarom, verhewe Julius, of u ons verbygaande dom gedrag nie as `n boosaardige sonde wil toereken nie!"
|
|
|
|
|