|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 105
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die genesing van die Romeinse soldate
105 Met hierdie antwoord was beide tevrede en Ebahl kom om My en My leerlinge vervolgens uit te nooi vir die middagete, wat hy ryklik vir ons gereedgemaak het; buiten sy familie mag geen vreemde gaste daaraan deelneem nie. Dat erger etlike fariseërs besonder, want hulle wil altyd die eerstes wees om hulle deur elkeen te laat groet en te laat eer. Hulle word wel in `n ander eetsaal baie goed versorg, maar was daarmee tog nie tevrede nie, omdat hulle gesien het dat Ebahl baie meer aandag skenk aan My as aan hulle. Na die maaltyd vra hulle dan ook aan `n dienaar of die huisheer hul geselskap miskien te oninteressant gevind het, omdat hy hulle nie aan sy tafel laat eet het nie.
[2] Maar die dienaar was slim en sê: "Die meester het vanweë die talle siekes baie te bespreek met die wonderdokter en wil daarom alleen met hom wees.
[3] Die farriseërs en die skrifgeleerdes sê: Weet jy en jou meester dan nie dat in `n huis waar ons is, alle geheime met ons gedeel moet word nie? Want ons sien toe dat julle julleself reinig as julle julleself verontreinig het, en ons genees julle ook as julle deur kwade siektes geplaag sou word.
[4] Die dienaar sê: Maar as u sulke heilbringers is, waarom kon u uself dan nie help nie? As hierdie Wonderverlosser uit Nasaret nie toevallig deur die wind hierheen gedryf was nie, sou u u hewige rumatiek beslis nie kwytgeraak het nie. U het dit slegs aan Sy wonderkrag te danke dat u heeltemal genees in hierdie eetsaal sit! Wie egter so iets kan doen, het tog meer reg op alle moontlike eer as u!"
[5] Na hierdie voldoende antwoord van die dienaar sê die fariseërs en skrifgeleerdes geen woord meer nie en berus hulleself, nie van harte nie, maar uit `n soort gedwonge noodsaak.
[6] Teen die aand kom uit die huise van die stad en uit haar naaste omgewing meer as honderd mense, behep met allerlei siektes, en vra My of Ek hulle gesond sal maak. En Ek gaan na buite in hul midde en maak hulle almal deur die Woord gesond.
[7] Die mense wat genees is, loof en prys almal God wat die mens so `n mag gegee het, en gaan verheug en gesond na hulle huise toe.
[8] Teen die aand kom daar ook `n hoofman, wat in hierdie plek die bevel gevoer het oor die soldate, en vra My of Ek ook nie die talle siek soldate sou wou help nie.
[9] Ek sê aan hom: "Gaan heen, dit geskied volgens u geloof!"
[10] En die bogenoemde hoofman gaan na die laerplek en merk dat geeneen van die soldate meer iets makeer het nie. Toe kom hy weer verheug na My toe terug en wou My met goud en silwer beloon.
[11] Maar Ek weet dit vooraf en sê aan die hoofman: "Vriend, Ek genees niemand vir skatte van hierdie wêreld nie, maar slegs vir die skatte uit die hemele, en dit bestaan ten eerste uit `n lewende geloof en ten tweede uit `n egte onbaatsugtige liefde tot God en die naaste, van watter stand hy ook al mag wees!
[12] Wees vir u ondergeskiktes lief asof dit u eie lieflike broers is, en behandel hulle nie te hard nie, dan sal u My daarmee die meeste beloon! Maar gee die goud en die silwer wat u aan My wou gegee het aan Ebahl, want sy herberg kos hom baie, en dit is goed dat hy in stand gehou word.
[13] Dit sou egter oor die algemeen goed wees as Romeine soos u, in plaas van die talle afgodstempels, herberge vir armes sou stig, want u gode uit hout, metaal en steen is dooie beelde, deur mensehande gemaak. Ook al lê u daar jare lank op u knieë, dan sal hulle u tog nie kan help nie, omdat hulle dood is. Maar as u die talle armes, siekes, gebreklikes, kreupeles, lammes, blindes en dowes in goed ingerigte herberge versorg, en trag om aan die siekes genesing te bring, dan sal die een, ware, lewende God u goeie werke aansien en u daarvoor veelvoudig seën. Maar u dooie gode sal u vir die goeie wat u doen nie seën nie en vir die kwade nie straf nie.
[14] En as u in u ryk trag om reg en orde te handhaaf, dan moet u na swaard en lans gryp! En dan doen u met wapens wat God vir u sou gedoen het as u Hom sou erken en Sy gebod sou hou!"
|
|
|
|
|