Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Verdediging van die oudstes

50 Die oudstes sê woedend en verbaas aan die spreker: "Godleuenaar! godslasteraar! Weet jy dat jy volgens Moses nou deur jou godslasterlike toespraak verdien om dadelik in die sinagoge gestenig te word? Hoe durf jy ander mense in hul onwankelbare geloof skok, en hulle aan God en Moses laat twyfel omdat jy geen geloof het nie?

[2] Het jy dan werklik so droewig min verstand dat jy nie kan verstaan dat geen enkele mens oud genoeg word om selfstandig, selfs deur `n ervaring van verskeie duisende jare, wys te word en slegs maar op eie ervarings te vertrou nie? Daarom het God deur Sy Gees die mense skriftekens geleer waarmee hulle dit wat hulle beleef het, en wat hul nakomelinge waarskynlik nooit weer sal beleef nie, dat hulle dit vir hierdie nakomelinge sou opskrywe sodat ook hulle `n heilsame kennis sou kry van dit wat hulle self in hul tyd nouliks kon beleef het omdat elke tyd iets anders bring. Dit leer ons reeds duidelik uit ervaring tydens die min dae wat ons op aarde leef, waarin geen jaar, geen maand, geen week en selfs geen dag dieselfde gebeurtenisse bevat nie! Ondersoek die kronieke en ons gee jou alles wat ons besit as jy vir ons `n tyd kan wys waarin presies gebeur het wat ons nou ervaar!

[3] As daar nou geen twyfel bestaan dat alles op aarde so is en nie iets anders voorstaan nie, wat wil jy dan met jou lelike en growwe verdagmaking van die Skrif, wat `n heilige erfenis van ons oervaders aan ons, hul nakomelinge is en wat ons in duidelike trekke leer wat hulle as vroom, op God vertrouende mense almal beleef het, en watter maatreëls geneem was waardeur hulle nakomelinge makliker en ordeliker `n lewe wat aan God welgevallig sou wees, kon lei soos wat hulle dit waarskynlik gedoen het?!

[4] Glo jy dat ons regtig so dom is dat ons nie sou kon beoordeel wat nou voor ons oë gebeur nie? O, dan vergis jy jou lelik! Maar ons gebruik die wysheid van ons vaders, wat dit alles vroeër oor talle jare nougeset beproef het, vóórdat hulle dit aangeneem het soos wat dit was!

[5] As ons voorouers net so liggelowig was soos jy, dan sou hulle die profete nie gestenig het nie! Wanneer hulle egter sien dat `n egte profeet ook onder die dodende klippereën geen haarbreedte van sy getuienis afgewyk het nie, dan kry sy getuienis natuurlik `n ander betekenis, en die vaders neem dit dan aan asof dit deur God gestuur is!

[6] Maar as ons vaders nou so krities te werk gegaan het by die aanvaarding van `n nuwe verkondiging van die Wil van God wat deur `n profeet opgestel is, is dit dan nie baie onverstandig om aan te neem dat ons leer van God niks anders sou wees as `n geskrif van die een of ander goedmoedige ligsinnige klant uit die oertyd wat `n leek gevind het om alle latere generasies vir die gek te hou nie?!

[7] Jy het ons dwase en domkoppe genoem; maar is dit nie `n groot vraag of jy nie die allergrootste onder ons is nie!? Want om so liefdeloos oor sy broers te oordeel, pas nie by `n man uit die stam van Levi nie!

[8] As jy ons egter deur jou misplaasde toespraak maar slegs wou toets, of ons deur die buitengewone gebeurtenisse van hierdie tyd nog wel is wat ons as egte Judeërs behoort te wees, dan het jy `n slegte manier daarvoor gekies en eintlik self aan ons onthul hoe dit daar in jou hart uitsien.

[9] Want elke mens verraai homself die meeste as hy te oorywerig is en gee oor homself `n getuienis hoe sy gemoed daar uitsien; want dan gee hy sy lieflingsidees, neigings en hartstogte volledig vrye teuels.

[10] Maar die nugtere toehoorder het sy eie idees daarvan en het daarby die voordeel dat hy sy vriend grondig leer ken.

[11] Glo jy dalk dat ons nie weet dat daar in ons godsdiens, veral in die toepassing daarvan, baie groot misbruike ingenestel het nie, wat jammerlik genoeg, vir Moses en die profete dikwels nog sterker bedek het as die dikste onweerswolke die son? Maar die suiwer, onvervalste Skrif kan nie met sulke wolke bedek word nie, en `n egte skrifgeleerde sal tog steeds weet wat die suiwer waarheid is.

[12] Ons almal sien net so goed soos jy dat hierdie misbruike uiteindelik die suiwer leer van God by die mense sal doodmaak, net soos wat die kwade houtwurms `n lewende boom doodmaak; maar dit gebeur slegs maar by mense wat soos jy is. Die leer self bly daarenteen rein en sal te alle tye haar suiwer en standvastige aanhangers hê.

[13] Het jy dan nog nooit `n boom gesien op wie se takke daar, ten nadele van die waarde wat die boom vir die mense het, parasitiese plante genestel het en hul voeding uit die boom onttrek nie? Hou die eintlike boom daarom op om te wees wat hy oorspronklik was?

[14] Ons mense met ons dom verstand kan natuurlik nie die rede vir sulke degenerasie verstaan nie, maar ons sien wel in dat dit onmoontlik sou kon ontstaan het as die almagtige en wyse God dit nie wou gehad het nie. Waarom moet daar andersins wolwe bestaan, wat maar slegs daar is om die vreedsame en heel onskadelike skaapkudde te verwoes en hom te versadig met hulle bloed en vleis? Waarom moet die leeu, die beer, die tier, die hiëna en ander verskeurende roofdiere daar wees, waarom naas die sagte duif, die magtige vraatsugtige adelaar? Kyk, dit is ondeurgrondelike geheime vir ons kortsigtige mense en ons kan hulle nie oplos nie!

[15] `n Boer verbou sy land, alles staan geseënd daarop, hy vergroot al sy voorraadskure om die nuwe seën te kan opberg. Maar op `n dag kom daar opeens heel onverwags `n storm - en die hele seën word vernietig! Sou mens dan nie tereg die vraag kon stel nie: 'God, as U gewil het dat die veld geen vrugte moes dra vir die boer nie, omdat hy miskien `n sondaar is, dan sou U tog genoeg Mag gehad het om die seën van die land in die kiem te smoor, waardeur die boer kos en moeite bespaar was!' Maar kyk, so iets sien ons baie dikwels gebeur en niemand is in staat om `n verstandige rede daarvoor te gee nie.

[16] Op dieselfde wyse sien ons, hier meer, daar heelwat minder, praktiese afwykings sowel by die suiwer leer van Moses in die tempel, as by alle aanhangers daarvan; ons sien die betreders van dwaalweë, ons sien op die ou boom van die lewe `n groot aantal parasiete. Maar wat moet ons daarmee maak en wat kan ons daaraan doen? Ons het dit nie veroorsaak en dit so gewil nie, maar ons het dit so aangetref, en moet dit duld al smaak dit vir ons so bitter!

[17] Maar daarom is daar aan ons gees geen paal of perk gestel dat ons die parasiete as `n deel van die lewensboom moet aanvaar nie. Vir ons bly die oorspronklike egte boom nog bestaan en sy parasiete neem ons vir wat hulle is; en teen hierdie lewenswysheid kan geen God enige besware hê nie. God sou tog wel `n dwase God wees as Hy afsonderlik aan elkeen van ons sou sê: 'Gaan heen en breek die tempel af wat heeltemal vervuil is; want Ek, God, het `n groot misnoeë aan hierdie gruwels!' Sou die swakke enkeling dan nie aan sy God kon sê nie : 'Heer, kyk nou wat se onsinnigheid verlang U van my, U armsalige, swakke skepsel? As my bestaan U hinder, kos dit U slegs een gedagte, en dan is ek nie meer daar nie, maar om van my die onmoontlike te verlang, is dieselfde as om `n muggie te beveel om met haar eie natuurlike krag, `n olifant op haar rug te neem en weg te dra!'

[18] Ons meen egter dat God heeltemal te wys is om nie in te sien dat geen mens teen die sterk stroom kan swem nie!

[19] Sê nou vir ons of jy met ons eens is dat ons die volle waarheid gepraat het, dan sal ons alles oorsien wat jy so blind en dom voor ons voete gewerp het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205