Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geseënde visvangs

180 Na hierdie woorde haas al die leerlinge hulle en help Markus en sy kinders so veel hulle kon. Die twee seuns was wel jong en kragtige manne, maar nie een van die vier ouer dogters was nog so sterk soos één van die twee seuns nie.

[2] Toe die visse met die kragtige hulp van die leerlinge almal na binne gebring is, het Markus na My toe gekom, terwyl Ek op `n goeie en gemaklike sitbank gesit het. Hy sê nog heeltemal nat van die sweet: "Majesteit en Heer! U kan nou sê wat U wil, maar ek hou nog vol dat U van hierdie nooit voorheen meegemaakte heerlike en ryke visvangs van vandag net so goed die oorsaak is as van my vyftig sakke wat gisteraand met die heerlikste wyn gevul is. Daarom het ek dadelik so vinnig as moontlik hierheen gekom om U vir alles inniglik te dank. Dus dank ek U, o Majesteit en Heer, met `n ontroerde en met dank vervulde hart vir al die reusagtige, en wonderbaarlike weldade wat U my en die van my in so `n oorvloedige mate ten dele laat val het!

[3] Ek het vanmôre die treknet uitgesit, met `n lengte van honderd en vyftig el, en `n gemete diepte van sewe el, en kyk daar, alle dele van die net het volgesit met die heerlikste en kosbaarste visse! En nou is my tien taamlike groot vishouers oorvol met visse, wat ons vandag met die eerste en enigste trek aan land gebring het! As dit U wil is, laat ek dadelik `n paar gaarmaak vir die oggendete, my vrou is goed geskool daarin!"

[4] Ek sê: "Doen dit, want Ek het lus daarvoor! Daarna kan jy ook `n aantal gevulde vate deur jou kinders na die stad Césarea-Philippi laat neem, hulle sal `n goeie opbrengs daar hê!"

[5] Markus buig diep, loop vinnig die kombuis in na sy vrou en gee opdrag vir die ontbyt, waaraan sy vrou en die ses dogters dadelik heel ywerig begin. Die twee seuns vul twee vate vol met die beste visse en ry daarmee na die stad, wat skaars `n uur daarvandaan geleë was, want hulle het alreeds hul oggendbrood met wyn genuttig.

[6] Toe hulle hul voertuig, `n kar bespan met twee esels, op die markplek geparkeer het, was daar dadelik al `n aantal kopers teenwoordig, wat binne enkele oomblikke al die visse van hulle gekoop het. Teen `n goeie prys, want sulke uitgelese visse kos toe al ruim een silwerstuk per vis. Omdat beide ongeveer tweehonderd stuks saamgeneem het, ontvang hulle ook ongeveer tweehonderd silwerstukke, wat vir die tyd meer was as wat tweehonderd daalders nou is. Na `n paar uur kom die twee, ryklik met geld belaai, weer na die huis toe met die leë vate en die wa. Hulle oorhandig aan vader Markus die geld, wat baie bly daaroor was en wat beide seuns uitbundig prys.

[7] Die seuns vra die vader daarna of hulle nogmaals na die stad kon ry, omdat baie kooplustiges niks gekry het nie. Die vader gee hulle toestemming en hulle vul die vate nogmaals en ry weer daarmee na die stad, en verkoop die tweede vrag beter en gouer as die eerste.

[8] Markus weet nie hoe om sy dankbaarheid te betoon nie, want met één slag was hy nou uit sy jarelange sorge gehelp.

[9] Terwyl beide seuns die eerste vrag na die stad gebring het, het ons `n stuk of twintig baie goed voorbereide visse as môremaal geëet, met brood en wyn daarby. Ondertussen het ons oor baie gepraat, waarby die vernaamste onderwerp steeds die dienaars van die tempel gebly het. Die oudste dogter van Markus, `n meisie van negentien jaar, laat ons `n ou pot sien, wat halfpad met tempelmis gevul was. Sy vra of hierdie mis wel, soos wat die opdringerige verkoper gesê het, die velde en tuine op die beskrewe, ongelooflike wyse sal vrugbaar maak.

[10] Toe rys daar `n gelag op uit die leerlinge, wat die tempelbedrog wel ken, en Thomas sê: "O die skandalige gedoente! Dit doen die dienaars van God al goed vyftig jaar. Daar was wel waardige hoëpriesters wat daarteen geprotesteer het, maar dit help min, want hierdie mis bring die tempel nou jaarliks minstens tweeduisend liewe silwerstukke op. Maar die mense is dom genoeg en glo uiteindelik selfs dat deur die vuil mis hul velde, akkers en tuine geseën word!"

[11] Daarop sê die oudste dogter: "O, liewe vriend, dit is nie so nie! Die meeste mense glo nouliks meer as ek aan die bedrog, maar wat kan `n mens daaraan doen? As `n mens hierdie mis nie van die verkopers koop nie, kan `n mens baie gou daarna die hele hel oor hom heen kry. Daarby is die verkopers van hierdie drek so grof en ru, dat `n mens uiteindelik baie eerder die drek van hulle koop om so van hulle verlos te word. As jy dan die mis in hulle teenwoordigheid in die water uitskud, maak hulle hulleself daaroor gladnie nie bedruk nie en gaan verder, want hulle weet dat `n mens na een jaar tog weer die tempelmis van hulle af moet koop."

[12] Petrus sê: "Ja, ja, alle soorte leuens en bedrog is deugde van die tempeldienaars, wat hulle dienaars van God noem! Hulle toon wel menslike gesigte, maar hul innerlike is uit die hel! O Heer, waarom U so iets toelaat en duld, weet slegs maar U en verder niemand in die hele wêreld nie!"

[13] Maar Ek sê aan almal: "Laat dit nou maar met rus, dit is byna middag! Die dag is mooi en nie juis warm nie, laat ons daarom in die vrye omgewing rondkyk of daar êrens `n plekkie te vinde is vanwaar `n mens `n goeie uitsig het. So `n plekkie sal ons dan vir onsself inrig om die dae wat ons hier bly, met besprekings van allerlei aard deur te bring."

[14] Daarop sê Markus: "Heer, `n plekkie soos wat U begeer, bevind hom `n paar honderd treë bokant my hut, ongeveer bokant die grot waar my hut teen leun. Dit is deel van my spaarsame besittings. Op die top van die heuwel staan `n ou skaduryke kastaiingboom, waaromheen ek `n ruim grasbank aangelê het. Vanaf hierdie bank geniet `n mens die mooiste uitsig oor die hele wye omgewing. Mens kyk uit oor die hele Césarea-Philippi en oor die see sover die oog reik. Op baie helder dae sien mens maklik tot by Genésaret en nog verder na Kis, en dan is daar selfs die wat sê dat Sibara gesien kan word, maar daarvoor is my oë te swak, en ek kan die plek nie onderskei nie - maar omhoog na Gadarena en nog `n hele boel ander plekke kan ek nog goed sien."

[15] Ek sê: "Nou dan, kom ons kies die plek en laat ons ons tyd so nuttig moontlik daar deurbring. Bring ons maar na bo!"

[16] Markus, die man van die hut, lei ons op `n weliswaar baie smal maar tog nie ongemaklike pad na die plekkie wat egter niks te wense oorlaat nie. `n Mens het `n uitsig oor Césarea-Philippi en ook kyk `n mens uit oor die hele Galilese see en baie plekke.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205