Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Verwysing na naasteliefde

238 Julius sê: "Julle besluit geval my wel, maar die middele om dit uiteindelik deur te voer, geval my nie, omdat daar geen grond van waarheid in is nie. Dit is natuurlik wel so dat julle met die gebruik van die volle waarheid sowel by die middel as by die doel heeltemal nie sover sal kan kom soos wat jy vantevore bepaal het nie. Maar `n middeweg is ook nie so maklik te vinde nie. Laat my eers bietjie nadink, miskien vind ek so `n weg, waarop julle tog voor God en voor die wêreld geregverdig sal wees!

[2] Julle tempeleed is volgens my seker die grootste hindernis. Hoe kan julle dit omseil? As ek dit ter wille van julle God nie sou ag nie, sou dit my maar één woord geneem het, en dan sou julle voor God en die hele wêreld vry gewees het van die juk van die tempel. Maar julle eed wat julle plegtig aan die tempel gesweer het verhinder my daartoe, en ek moet my daaroor beraad met die talle wyses wat aan my tafel sit. Dan sal ons wel sien hoe ons onsself uit hierdie regte Scylla en Charibdis* kan bevry."

[*tussen die duiwel en die diep blou see: H A T]

[3] Die jong fariseër sê: "Doen dit, dan doen jy regtig `n goeie werk vir ons! Wees egter so vriendelik om my vooraf te sê wie nou eintlik die gaste aan jou tafel is, sodat ons aan hulle die toekomende eer kan bewys! Die ou meester moet `n baie vername Romein wees, of minstens `n baie ryk Griek!?"

[4] Julius sê: "Hou nou daaroor op, want vir dergelike mededelings sal daar môre nog meer as genoeg tyd wees! Nou wil ek my vir julle beswil liewer met die hoofsaak besig hou." Daarmee stel die jong man hom dan ook tevrede, en Julius wend hom toe ronduit tot My in die Romeinse taal, wat Ek ook verstaan, en sê: "Heer, wat sal in hierdie geval die beste wees? Geweld van my kant af sou alle ede en tempelwette wegvee, maar dan sou ek as verbreker van daardie plegtige gelofte optree, en die skuld van die eedbreuk sal dan op my val. Ek beskou natuurlik - onder ons gesê – ede wat vir die hou van kwade verpligtinge afgepers en, jammerlik genoeg, maar al te dikwels afgelê word, nie slegs as waardeloos nie, maar ek verag hulle diep, omdat God vir die bestuur van valsheid en slegtheid as getuie en helper daarby aangeroep word. Maar die tempel te Jerusalem roep vrae op!

[5] Aan die een kant is sy tog, van ouds af aan vir alle Judeërs `n heilige bid-, offer- en suiweringshuis, en word tot op hede deur meerdere duisendmaal duisende in daardie opsig vroom en gelowig gewy. Aan die ander kant egter word nou, soos wat elkeen maar al te goed weet, alle gruwele der gruwels daar op `n baie gewetenlose manier begaan, soos wat dit nêrens anders op aarde nie nog so voorkom nie. Slegs al uit daardie oogpunt sou ek dadelik elke gelofte algeheel wou verbreek en vernietig.

[6] Sê U vir my daarom wat hier vir God en die mense volkome geregverdig is?! Want regtig, as alles so daar gaan soos hierdie mense my nou heel argeloos vertel het, dan het ek baie medelye met hierdie jongmanne, en sou ek hulle wil help."

[7] Ek sê: "Vroeër is daar tog alreeds uitgelê hoe `n mens die regte naasteliefde moet beskou. As jy dit verlang, en as jou hart dit ook wil, dan weet jy al alles. Bowendien het jy tog self nooit `n eed afgelê om die slegte geloftes van die tempel te eer nie. As jy dus deur geen eed op een of ander wyse aan die tempel gebonde is nie, wat sou jou dan verhinder om te doen wat vir jou goed en vir die doel dienstig lyk?

[8] Jy het tog al dikwels geweld gebruik teen groepe mense wat ook met ede aan hul ou sedes en gebruike gebonde was, en dit was selfs heel goed van jou. Want daar sit agter sulke ou sedes en gebruike maar al te dikwels groot geheime gruweldade. Sodoende kan jy ook hier heeltemal volgens jou regskape wil handel.

[9] Die Romeinse gesag hef elke onder eed gesweerde verpligting vir ewig op, en hierdie opheffing is ook geldig vir God. Dit wil sê, as diegene wat onder eed staan self, heeltemal vry, insien dat, ten eerste sy eed teen sy wil afgedwing was, en ten tweede die eed `n sigbaar slegte doel beoog, en dat die aflê van die eed meer deur wêreldlike as deur goddelike wette bekragtig word.

[10] Om ‘n op die manier deur `n kwade eed gevange mens uit die erge gevangenskap van satan te verlos, is dan selfs `n buitengewoon goeie werk van egte naasteliefde as dit `n mens raak wat deur gebrek aan insig hom deur sy gelowige gemoed nog gebonde geag het aan `n afgelegde eed. Hier, waar die betrokke jongmanne hierdie slegste eed ter wêreld volledig kan insien, is dit dus sekerlik goed. Doen jy daarom maar heeltemal na eie goeddunke, en My vriend Cyrenius sal jou daarby sekerlik sy hoogste hulp nie ontsê nie!"

[11] Cyrenius sê dadelik: "Nie slegs net ontsê nie, maar ek sal, sodat my Julius verder met nog meer gewetensvryheid kan asemhaal, hierdie dertig mense onder my jurisdiksie stel, en die tempel moet dan van my rekenskap eis!"

[12] Julius verheug hom baie oor hierdie antwoord van My en Cyrenius en almal verheug hulle oor hierdie goeie maatreël.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205