Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Násaret. Die berou van Jaïrus

11 Festus vra: "Moet ek dus opdrag gee om my eiendom aan boord te bring?!"

[2] Ek sê: "Dit het al gebeur! Omdat jou skepe alleen nie voldoende sou wees nie, het Baram en Kisjonah hulle twee groot skepe nog daarby geleen, en alles is dus tot op vertrekstadium al klaar."

[3] Festus sê: "Ek verwonder my nou glad nie meer dat dit al gebeur het nie; want wat sou vir die Almagtige onmoontlik wees?!"

[4] Op daardie oomblik kom JonaEl en Jaïrus met ArkiEl en bedank My vir alles. Soos wat hy onder baie dankbetuiging afskeid neem van My en op weg na Sigar gaan, kom die afvaardiging wat reeds deur My aangekondig was, hulle tegemoet, neem hulle onder die nodige eerbetoon op en vra vir JonaEl of hy die amp van hoëpriester weer sou aanvaar; en beide JonaEl en Jaïrus herinner diegene aan dit wat Ek vroeër vir hulle gesê het.

[5] Nadat Ek die uitbeelding van die hemelryk beëindig het (Matthéüs 13:53) en die Sigariete weer laat weggaan het, en ook van Kisjonah, wat My hierdie keer aanraai om tuis bly en nie vir Festus te vergesel nie, afskeid geneem het, met die belofte om hom binnekort weer op te soek, gaan ons dan om tweeuur die middag aan boord die groot skip. Ons vaar saam met Festus, wat met sy jong vrou saam met My op die skip is, na die omgewing van Kapernaum. Daar bevind ons onsself by die normale landingsplek van hierdie stad en van Násaret, wat nie so ver van Kapernaum af geleë is nie.

[6] Nadat ons geland het en vanaf die skepe aan land gaan, sê Festus: "Heer, ek sal met U na Násaret gaan en die huis van U moeder en U aardse broers en susters weer aan hulle as hul eiendom oordra!"

[7] Ek sê: "Ook dit het al gebeur, en jy sal ook tuis en daarbuite in jou groot regsgebied alles in uitstekende en in die beste orde aantref; want tot nou toe het My ArkiEl alle sake vir jou in die reine gebring. Maar gaan jy na Kapernaum en as owerste Jaïrus jou onder oë kry - wat beslis sal gebeur - en sy nood teenoor jou sal bekla, sê vir hom dan dat Ek My nou vir `n tyd lank in Násaret sal ophou! As hy iets wil hê, laat hy dan na My toe kom - maar heeltemal net dit!"

[8] Festus vra: "Mag ek hom ook nie vergesel nie?"

[9] Ek sê: "O ja, maar slegs jy!" - Na hierdie woorde neem ons afskeid.

[10] Ek gaan nou met My groot groep leerlinge na Násaret in My aardse vaderland, en Festus laat dadelik `n aantal draers, inpakkers en waens kom waarmee hy die saamgeneemde skatte na sy huis in Kapernaum vervoer. Dit hoef nouliks vermeld te word dat daar in Kapernaum baie opskuddind was toe die mense die hoofregter, so ryk belaai aan die sy van `n wonderskone eggenote die stad sien inkom; maar dat ook die owerste van die aldaar wonende fariseërs, genaamd Jaïrus, die hoofregter in baie opsigte tegemoet kom, is nog makliker te verstane - want hy het wel `n een en ander geweet van die tog van die twaalf fariseërs na Jerusalem en ook dat Festus daarvoor na Kis geroep was.

[11] Festus ontvang hom met alle agting en sê vir hom: "`n Eerlike fariseër word gered, en die pand, wat ten onregte en in die geheim van die arme Judeërs afgepers is, het hulle tot op die laaste stater (penning) teruggegee, en elf fariseërs geniet nou vir hul veelsydige en ongehoorde bedrieëry en rowery die welverdiende straf in Jerusalem in die tempel. Dit sou te veel tyd kos om jou te vertel wat die elf alles op hul kerfstok gehad het, maar as jy egter die geleentheid het, kom en lees dan self die talle stukke deur en jou hare sal rys! - Maar nou oor iets anders! Hoe gaan dit nou met jou liewe dogter? Leef sy nog, of het sy gesterf?"

[12] Jaïrus antwoord diep bedroef en onder trane: "O vriend, waarom herinner jy my daaraan? - Helaas, helaas sy is dood, want geen dokter kon haar help nie! Die onvergelyklike arts Borus uit Násaret het gesê dat hy haar wel sou kon help, maar het dit nie gedoen nie, omdat ek baie swaar gesondig het teen sy vriend Jesus, wat sy Heer is. En so sterf my bo alles geliefde dogter. Dit was hartverskeurend, hoe die sterwende tot Jesus roep dat hy haar moet kom help, en hoe sy my nog in haar dood verwyt dat ek so baie teen Jesus, die grootste weldoener van die arme, lydende mensdom, gesondig het, dat sy nou daardeur onherroeplik sou moes sterwe. Ek het alles gedoen om Jesus te vind sodat Hy haar kon help! Maar Jesus wou nie meer na my boodskapper luister nie, alhoewel ek nou duisendmaal bitter berou het dat ek teen Hom gesondig het! Nou is alles egter verby! Vier dae lê sy al in die graf en stink soos die pes! JaHWeH het nou met haar mooie siel medelye en barmhartigheid!"

[13] Festus sê: "Vriend! Ek het van ganser harte medelye met jou; maar ek sê jou ook dat die Almagtige Heer Jesus hom nou in Násaret bevind. Vir Hom is daar volgens my herhaaldelike ervaring niks onmoontlik nie! Wat dink jy daarvan as jy self na Hom toe gaan? Ek sê jou, Hy het genoeg mag om jou dogter uit die graf in die lewe te roep en haar weer aan jou terug te gee!"

[14] Jaïrus sê: "Ook al sou die laaste nie meer moontlik wees nie, dan wil ek tog gaan en Hom duisendmaal om vergifnis vra omdat ek Hom, weliswaar slegs gedwonge en nie vrywilliglik nie, beledig en leed aangedoen het!"

[15] Festus sê: "Goed, gaan dan saam met my; ons sal Hom in Násaret in die huis van Sy moeder aantref. Maar Hy het gesê dat niemand ons mag begelei nie!" - Jaïrus, wat weer hoop gekry het, stem dadelik in met hierdie voorstel van Festus. Beide laat `n paar vinnige muildiere opsaal en ry so gou moontlik na Násaret.`n Paar uur voor sononder kom hulle in Násaret aan, stal die muildiere in `n herberg en gaan dan te voet na die huis van My moeder en tref My daar aan met Borus, een van die eerstes uit Násaret wat My met ope arms tegemoet gekom het; want hy het berig gekry dat Ek op hierdie dag in Násaret sou aankom.

[16] Toe Festus met Jaïrus die kamer binnekom, begin laasgenoemde te huil, val voor My neer en smeek My hardop of Ek hom sy groot sonde, naamlik die ondankbaarheid wat Hy teenoor My begaan het, sou vergewe.

[17] Maar Ek sê vir hom: "Staan op! Jou misstap is vergewe, sondig egter nie vir die tweede keer nie! - Waar lê jou dogter begrawe?"

[18] Jaïrus sê: "Heer, U weet dat ek hier digby vir die plattelandskinders `n skool, met `n klein gebedshuis daarby, laat bou het. In die gebedshuis het ek vir myself `n grafkelder laat bou; maar omdat my dogter vóór my gesterf het, het ek haar daarheen gebring en in die nuwe grafkelder gelê, waarin daar nog nooit `n dooie gelê het nie. Die grafkelder lê nouliks tweeduisend treë hiervandaan. As U dit sou wou sien, o Heer, dan sou dit my uitermate gelukkig stem, alhoewel ek origens tot die dood toe bedroef is!"

[19] Ek sê: "Nou bring My dan daarheen - maar behalwe jy en Festus mag niemand ons volg nie!"

[20] Die apostels (leerlinge) vra egter of hulle nie dan óók daarby mag wees nie.

[21] Ek sê: "Hierdie keer niemand behalwe die twee genoemdes nie!"

[22] Borus sê: "Heer, U weet dat ek so swygsaam is soos `n vis; wat sou U daarvan sê as ek as dokter U begelei?"

[23] Ek sê: "Ek bly by My eerste uitspraak; slegs ons drie en verder niemand nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205