Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Evangelie vir die welgesteldes

68 Die inwoners gaan nou na hulle huise en bring die geneesde man terug na sy kinders en na sy baie bedroefde vrou toe wat eerstens haar oë skaars kan glo, maar dan direk in `n stroom van trane van dank en vreugde uitbars. Met haar tien kinders hardloop sy die huis uit na My toe, en tesame met haar kinders bedank sy My op haar knieë vir die ongekende weldaad wat aan haar en haar kinders bewys is. Daarby vra sy My of sy My huis met alle moontlike bestaande kragte tot haar beskikking mag dien, benewens elke ander wat Ek haar ook maar sou wou aanbeveel om te dien!

[2] Ek sê: "Alles wat jy in My naam vir die armes sal doen, sal beskou word asof jy dit vir My doen! Vir My huis word egter gedurende die tyd wat Ek nog hier sal deurbring, voldoende voor gesorg. Maar as Ek weer kom, sal jy dit wel hoor."

[3] Die vrou huil van vreugde en dankbaarheid en sê: "Heer, waaragtige Heer, uit die hemel vir ons gegee! Ek besit baie; die helfte wil ek dadelik skenk aan die werklike armes, en die ander helfte sal ek vir hulle beheer, sodat hulle altyd by my iets byderhand sal hê. Want volgens my is dit beter, omdat ek weet dat die armes `n groter vermoë nie goed sal kan beheer nie, meestal te veel op een slag uitgee en in tye van nood het hulle dan weer niks oor nie!"

[4] Ek sê: "Doen dit, liewe vrou! As alle rykes so sou optree, dan sou die armes nooit noodlydend wees nie. Want die armoede is `n kwade ding en verlei die mens dikwels tot groter sonde as die rykdom. Die ryke behou ten opsigte van die wêreld ten minste sy aansien en veroorsaak selde soveel wêreldse aanstoot as `n arme, wat maar al te maklik deur nood tot die slegste dade gebring kan word. Maar die onbarmhartige ryke wat die armes gebruik vir die uitvoering van sy sonde, is ondanks al sy wêreldse aansien, duisendmaal slegter as die arme wat sondig. Want die arme begaan die sonde uit nood, maar die ryke is die aanstigter van die sonde terwyl hy swelg in sy rykdom.

[5] Maar die manier waarop jy, goeie vrou, jou rykdom nou wil en ook sal bestee, maak van die rykdom `n seën uit die hemele en dit sal in die tydelike en ewige haar beheerders die grootste wins oplewer! Dus, wie regtig deugsaam wil wees, moet altyd spaarsaam en suinig wees, sodat hy in tye van nood in staat sal wees om die armes en die swakkes te ondersteun.

[6] Ek sê vir julle en aan almal: Laat julle liefde vir julle kinders soos `n kers brand, maar laat die liefde vir die vreemde kinders van arm ouers `n groot fakkel wees! Want niemand in die wêreld is armer as `n arm, verlate kind nie, ongeag of dit `n seun of `n meisie is. Wie so `n arm kind in My naam opneem en hom liggaamlik en geestelik versorg soos sy eie bloed, die neem My op, en wie My opneem, neem ook Hom op wat My in hierdie wêreld gestuur het en heeltemal Eén is met My!

[7] As julle God se seën in julle huis wil inbring en dit soos `n goed versorgde landery vir die ryke oes wil gereedmaak, versorg dan arm kinders in julle huise, dan sal julle so deur alle seën oorspoel word soos wat `n vallei deur `n sterk geswolle stroom oorspoel word en bedek word met sand en rolstene. Maar as julle arm, hongerige, en klein kindertjies wegjaag en hulle bowendien nog kwaad aandoen asof hulle julle onherstelbare skade berokken het, dan sal die seën uit julle huise verdwyn soos wat die sterwende dag verdwyn vir die agtereenvolgende nag. Wee dan die huise wat deur so `n nag ingehaal word! Waarlik, daarin sal die dag nooit weer terugkom nie! En nou, liewe vrou, gaan nou na jou huis en doen wat jy jou voorgeneem het en dink veral aan die arme weduwees en wese!"

[8] Na hierdie les staan die vrou met haar kinders op, dank My nog eenmaal saam met haar kinders en roep ten slotte hardop uit: "O God van Abraham, Isak en Jakob, hoe groot, goed en gewyd en hoe oneindig magtig en wys is U, wat ons arme sondaars `n Mens uit U hart gegee het wat die mag gekry het om al ons liggaamlike en geestelike gebreke te genees! U, heilige Vader, slegs aan U alle lof vir ewig, alle liefde, alle eer en alle lofprysinge! U, o goeie Vader, hoe goed is U vir hulle wat slegs op U vertrou! Wel bestraf U almal hard wat U gebod nie navolg nie, maar as die berouvolle sondaar dan weer tot U roep: 'Goeie heilige Vader, vergeef my as swakke!', O, dan verhoor die heilige goeie Vader hom dadelik weer en help hom met Sy Almagtige Arm uit elke nood!

[9] O mense, neem almal `n voorbeeld van my! Ook ek was `n sondares, en God het Sy altyd heilige tugroede verskriklik op my laat neerkom, maar ek het nie gewankel in my vertroue nie, ek het berou oor my sonde en het vuriglik tot die Vader in die hemel gebid, en kyk, Hy, slegs Hy, het my smekinge gehoor en my wonderbaarlik gehelp uit die grootste en verskriklikste nood!

[10] Vertrou en bou daarom almal slegs op Hom! Want as geen mens meer kan help nie, kom Hy en help hulle wat in die benoudheid verkeer! Almal loof Hom sonder ophou daarvoor! Want slegs Hy kan elkeen waaragtig help! Maar vir U, goeie gestuurde uit die hemele, dank ek ook nog `n keer, want U moet self `n heilige Werktuig in die hand van die Almagtige God wees!"

[11] Hierdie uitroep, sonder dat die vrou dit weet, het My getref, en gee My selfs trane van groot ontroering, sodat Ek My van haar moes afwend.

[12] Dit merk Cyrenius en hy sê: "Heer, wat is dit met U dat U ween?"

[13] En Ek antwoord: "Vriend, sulke kinders is daar maar weinig op die aarde! Sou Ek as die Vader, vir wie sy so heerlik prys, dan nie van vreugde tot trane geroer kon word nie? O, Ek sê vir jou: Meer as elke ander vader! Kyk, sy is nou een soos wat elke een moet wees, en sy gee My onbeskryflik baie vreugde! Maar sy moet ook merk wat dit beteken dat Ek van oorgrote vreugde oor haar gehuil het!"

[14] Na hierdie woorde droog Ek die trane van My oë af en sê vir die vrou en kinders wat nog heeltemal van liefde tot God gloei: "Liewe vrou! Omdat jou liefde en jou geloof in God so sterk is, soos wat dit nog maar selde voorgekom het, daarom kan Ek jou nie net so laat gaan nie. Stuur die oudste seun na jou man toe om hom te gaan haal, want Ek het nog iets baie belangriks om met hom te bespreek!"

[15] Na hierdie woorde hardloop die seun dadelik na die stad en kom gou met die geneesde vader terug.

[16] Toe beide opdaag, sê Ek vir hom: "Vriend, Ek het jou laat roep sodat jy nie slegs na liggaam nie, maar veral ook na siel heeltemal gesond kan word sodat jy sal weet waarom dit alles met jou gebeur het. In die eerste plek sal jy gedurende hierdie aand My gas wees saam met jou liewe vrou en jou kinders, en ten tweede sal jy hier soveel sien en hoor, dat jy daardeur maklik te wete sal kom wie die Een is wat jou genees het. Nadat jy en jou vrou dit verstaan het, sal dit vir julle nog duisendmaal ligter in die gemoed word, en jy sal insien dat jy werklik volkome genees is.

[17] Maar nog voordat die tyd vir die aandete aanbreek, sal ons nog na die nuwe sinagoge wat deur Jaïrus gebou is, gaan, en Jaïrus, sy vrou, sy dogter, haar man Borus, Cyrenius, Cornelius, Festus, Kisjonah, jou vrou en jou kinders sal ons begelei. Daar moet jy iets gewys word wat jou baie sal versterk in jou geloof!"

[18] Die geneesde man, wat Bab heet, sê: "Heer, dit geskied soos wat U wil! Ek is bereid om U tot aan die einde van die wêreld te volg."

[19] Na die woorde van Bab begewe ons ons dadelik na die sinagoge, wat jy as jy `n bietjie vinnig loop in `n kwartier, maar as jy gemaklik loop, in `n halfuur kan bereik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205