Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Wat is waarheid?

198 Toe sê Ek weer aan Josoë: "Luister, liewe Josoë! Jy het baie wys gepraat, en daar was baie goed en waar in; maar Ek moet jou tog op `n aantal sake opmerksaam maak! Luister daarom baie goed, want weet jy, aan `n wyse soos jy kan ook Ek al ietwat moeiliker dinge sê!

[2] Jy sê: 'Ek is slegs vir die waarheid; wat minder is verag ek, maar wat meer is, is `n geheim van God, dit aanbid ek, en ek verlang nie daarna om dit te kan verstaan nie, want dit pas die wurms en die stof van hierdie aarde nie! In God is die volheid van alle Wysheid, maar in ons mense woon daarvan nouliks iets die grootte van `n sonnestoffie!'

[3] Ja, dit is baie goed, suiwer en reg om slegs vir die waarheid te wees. Maar haaks op die beginsel staan `n heel belangrike vraag, wat met jou op sigself loflike beginsel `n volmaakte kruis vorm! As jy hierdie vraag kan oplos, of iemand anders kan dit vir jou doen, dan is die kruis van My skouers afgeneem.

[4] Sê jy My daarom: Watter waarheid geld daar net maar vir jou? Is dit wat jy sien `n waarheid? Kyk nou, alles wat hom aan jou voordoen is soos `n droombeeld. Dit wat vandag nog die volle waarheid is, kan môre lankal geen waarheid meer wees nie! Kyk daar, in die laaste skemerlig van die lank ondergegane son sweef `n wolkie soos `n vissie! Sê eens, hoe lank sal die wolkie na waarheid die huidige vorm hê? Die volgende oomblik sal die huidige vorm van die wolkie al `n leuen noem!

[5] As Ek jou drie pere voorlê, dan sê jy dat dit `n waarheid is, dat daar drie pere voor jou lê. Maar Ek sê jou dat elkeen van die drie pere `n aantal saadjies bevat, waaruit in die toekoms `n tallose hoeveelheid bome kan ontstaan, wat vervolgens ontelbare heeltemal eenderse pere sal gee! Lê daar dus werklik maar drie pere voor jou, elkeen op homself `n geslote, onveranderlike grootheid, of is dit slegs maar drie skynbaar geslote, veranderlike groothede, waaragter netsoos die soldate in die maag van die Trojaanse houtperd, hulle nog ontelbare gelyke, en ook nog algehele ander groothede verborge hou?

[6] Waar begin die waarheid, en waar hou sy op? Is die mens `n waarheid soos wat hy is? Kyk na `n kind, en kyk na `n grysaard! Kyk na `n deur mensehande geboude stad! Is sy `n volle waarheid? Kyk, vandag staan sy nog en môre kan sy al verwoes word!

[7] Slegs vir hom, wat self deur en deur waarheid is, is alles ook waarheid; maar vir hom wat dit self nie is nie, is al die ander noodsaaklikerwys ook slegs maar dit wat hy self voorlopig is.

[8] Maar `n waarheid, wat slegs tydelik waarheid is, is net daarom al geen volle waarheid nie, omdat in haar niks blywends is nie. Die volle waarheid moet egter onveranderlik vir ewig volkome dit wees wat sy elke oomblik is. - Wat is dan die eintlike volle waarheid?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205