Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Geestelike blik in die skepping

137 Ek sê: "Dit is ruim voldoende! Maar Ek sal jou nou `n ander manier laat sien waarop `n mens wat in sy hart volmaak is die sterre kan bereis sonder om hom ook maar één tree van die aarde los te maak; maar `n ligtende steentjie kan mens dan natuurlik nie so maklik saam terugneem nie! - Nou, kan jy die ster onthou waar jy was?"

[2] Jarah sê: "Ja, Heer!"

[3] Ek sê: "Wel, stel jou die plek in jou hart so lewendig as moontlik voor, kyk `n tyd strak daarheen met jou oë en sê My hoe sy daar na `n paar oomblikke daar uitsien!"

[4] Jarah doen dit dadelik en na `n paar oomblikke sê sy: "Heer, Heer, my God, my liefde, nou sien ek haar net soos by my heenvlug in die vierde tydperk. Sy word nou steeds groter en ek kan haar lig nouliks verdra! Ag, dit is `n verskriklike sterk lig, maar dit laat my oë nie pyn nie! O, o, nou het die hele uitspansel `n verskriklike groot, reusagtige, magtige golwende see van lig geword! O God, o God, hoe groot en wonderlik is U werke, en U wandel in die vlees as `n eenvoudige beskeie mens te midde van die mensewurms van hierdie aarde!

[5] O, o, o! Nou staan ek weer op dieselfde berg en sien rondom my dieselfde omgewing vol skitterende pragtige dinge! Ek sien weer dieselfde tempels, dieselfde mense en hul pragtige tuine, ook sien ek baie mooi blomme. Maar die kleinste daarvan is groter as `n huis hier op aarde, dit sou ek nie as aandenking kon afpluk nie! Ag, nou sien ek regtig ook allerlei diere, en die pragtigste voëls sien ek ook, maar hulle is ook ontsettend groot! Aan die reusagtige bome hang seldsame groot vrugte, en ek sien ook hoe daar in `n tuin `n paar mense is wat met hulle hande daarna gryp en dit werklik ook in hulle monde steek! Nou toe nou, so `n peer, of wat se vrug dit ookal is, sou op hierdie aarde wel `n duisend mense `n hele jaar meer as genoeg te ete gee!"

[6] Ek sê: "Let nou op, jy sal nou in `n soort stad van hierdie wêreld kom, sê My hoe dit jou geval!"

[7] Jarah slaan gou haar hande ineen van verbasing en begin letterlik te skreeu van verrukking, en roep: "Maar om U heilige Naam ontwil, dit is `n prag waarvan `n mensehart nog nooit van kon gedroom het nie! O, dit is onbeskryflik! Wat `n ry tempels! Wat `n suilegang, wat `n koepel! Nee, die prag, grootheid en luister! Heer, ek smeek U, lei my terug, want hierdie onuitspreeklik oordadige prag sal my doodmaak!"

[8] Ek sê: "Nou, maak dan jou oë dig en dink aan My en aan die aarde, dan sal dit dadelik weer in orde wees!" - Jarah doen dit en sien nou haar ster weer as `n ster vir haar.

[9] Toe sy weer tot ruste gekom het, vra sy (Jarah) My dadelik: "Heer, het die engel my miskien ook op hierdie manier, soos wat U nou gedoen het, die ster getoon? Want ek het haar nou baie beter gesien as voorheen, en tog was ek in `n sekere sin slegs geestelik daar. Ek bedoel, dat die liewe goeie engel my slegs maar vir die skyn `n bietjie hiervandaan geneem het en my toe op dieselfde manier die ster laat sien het!?"

[10] Ek sê: "Nee, die engel het jou wens volledig uitgevoer! En dit was ook slegs maar met jou moontlik omdat jou hart so oorvol van liefde is. Met enige ander mens sou so iets heeltemal onmoontlik gewees het. En as die engel, wat hy wel sou kon, dit met `n gewone wêreldmens gedoen het, dan sou slegs die naderkom van so `n engel die wêreldmens al gedood het!

[11] Maar jy het My vroeër gevra of alle sterre sulke wêrelde is, en Ek het jou met `n ja geantwoord. Nou, as jy, My allerliefste Jarah, dit wil, oortuig jou dan op dieselfde manier! Kyk, as `n wêreldse jongman om die hand van `n jong meisie meeding en haar tot sy uitverkorene maak, toon hy haar ook al sy skatte, om daarmee die vrou van sy hart vir hom te wen. Want al sou sy hom vanweë sy persoon nie wil hê nie, dan sal sy hom tog aanvaar vanweë sy groot skatte. En kyk, Ek doen dieselfde vir jou, sodat jy eendag tydens die versoeking van die wêreld My hart nie sal verloën nie. Daarom laat ek jou nou My skatte sien, sodat jy kan besef dat Ek nie so arm is as wat My uiterlike mens skyn te vertel nie. Kyk, Ek is nou eenmaal jou geliefde en toon jou daarom ook ietwat van My groot besittings!"

[12] Jarah sê: "Heer, my lewe. As ek nog meer sterre sou wil bekyk om my daardeur te bewaar vir ontrou in my liefde vir U, dan spyt dit my dat ek die ster gesien het. Want U alleen is vir My oneindig baie meer werd as alle tallose sterre met hul skatte! Waarlik, om U bo alles lief te hê het ek niks, ewig niks nodig as alleen vir U nie. Maar net vir U, omdat dit U wens is, kyk ek ook graag na die wonders van U Mag en Wysheid!"

[13] Ek sê: "Luister, My allerliefste Jarah, Ek ken jou hart goed en lees daarin hoeveel jy van My hou en hoe getrou jy aan My is, maar jy is nou nog meer `n kind as `n volwasse meisie. Tot nou toe was jy steeds onder die beskerming van My engele, en die kwade geeste van die wêreld kon nie by jou gekom het nie. Wanneer jy egter ouer word, sal jy uit eie krag die slegte wêreld en haar luste moet weerstaan om volgens My ingestelde onveranderlike orde vir alle wesens, dieselfde vaste grond te bereik waarop jy My waarlik in gees en waarheid sal kan nader. Weet dan dat die wêreld `n groot mag het oor die mense, omdat die wêreld vir die grootste deel vanuit die hel regeer word, en dit kos die siel daar `n menige harde stryd om nie deur haar eie vlees en bloed en daardeur dan ook deur die wêreld verslind te word nie!

[14] Jy sien daar baie aantreklik uit. Weldra sal die wêreldse seuns hul oog op jou laat val en aan jou hul hart en hand aanbied, en dit sal moeilik vir jou word om hulle te weerstaan. As daardie tyd egter sal kom, dink dan in jou hart aan My en al die dinge wat jy op hierdie top alles gehoor en gesien het, en die oorwinning oor die wêreld sal vir jou nie te swaar wees nie!"

[15] Jarah sê bedroef: "Maar dit moet U tog al ewig duidelik wees of ek U ooit ontrou sal kan word nie? En as U in my toekoms sien dat ek ontrou gaan word, hoe kan U dan van my hou? En kan U `n toekomstige sondares toelaat om U te nader?"

[16] Ek sê: "Allerliefste Jarah, dit is vir jou nog veels te moeilik! Maar Ek sal jou uit My besondere groot liefde vir jou tog sê wat: Kyk, as Ek dit wil weet, kan Ek natuurlik altyd alles weet wat daar van `n mens tereg sal kom. Maar die mens moet as hy volwasse word, alles vry en selfstandig beslis. Daarom trek Ek My op `n bepaalde oomblik terug van die mens en kyk nie na wat hy met sy vryheid doen nie, behalwe wanneer hy My dringend vra om hom te help met sy vrye stryd teen die wêreld. Dan kyk Ek na hom, help hom op die goeie weg, en gee hom met die stryd teen die wêreld nuwe krag.

[17] Kyk, ek wil vir jou dus ook geen blik in die toekoms werp nie, sodat jy vry kan bly in jou doen en late, maar daarom leer Ek jou nou sodat jy jou alles tydens die versoeking lewendig sal mag herinner. Ook slegs dan sal die beskermengel jou verlaat, maar wanneer jy uit eie krag die wêreld volledig oorwin het, kom hy weer na jou toe en sal hy jou in alles dien. - Allerliefste Jarah van My, het jy dit nou so ongeveer verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205