Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die Heer waarsku vir die wraak van die fariseërs

126 Toe hierdie kontroleurs en ondersoekers in geen veld of pad meer te sien was nie, sê die hoofman: "Heer, hulle sal hopelik swyg, want hierdie drie koorde kan nou wel sterk genoeg wees! Origens is dit die volle waarheid dat as ek binne hoogstens agt dae sal hoor wat één van hulle ook nog so heimlik êrens gesê het, bowendien is hul geloof nog sterker as my ver verspreide boodskappers en hul groot angs is hul tugmeester. Ek staan dan ook daarvoor in dat geeneen van hulle ook maar `n woord van alles wat hulle hier beleef het, aan iemand sal sê nie!"

[2] Ek sê: "Ja, hulle sal swyg, maar hul toorn sal des te groter word, want dit wat hulle hier in so oorvloedige mate ontmoet het, sal geeneen van hulle ooit vergeet nie. Pas almal regtig goed op, want hul geheime boosheid is groot en het geen grense nie! In hul hart woon duiwels en daarvoor is geen middel te sleg om hom te wreek op diegene wat hulle beledig het nie! Pas daarom op! Hulle sal nou broei en broei! Die getuienis wat hulle moes onderteken is egter die beste middel om hulle te bind! Daarom sal hulle wel stil wees, maar hulle sal na julle meer kwaadwillige boodskappers stuur as julle na hulle, en hulle sal valse getuies teen julle aanstel. Pas dus daarvoor op, daarom sê Ek dit vir julle vooraf!"

[3] Die hoofman sê: "Heer, ek dank U met my hele hart vir hierdie waarskuwing! Maar omdat ek dit nou weet, sal dit elke vreemde in die vervolg heel vreemd tegemoet gaan, veral as hy uit Jerusalem hierheen kom! Waarlik, gloeiende kole sal op sy hoof gestapel word! As ons net één kan pak, dan sal dit `n tweede vir altyd die begeerte ontneem om `n engel van die duiwel te wees!"

[4] Ek sê: Ja, ja, wees dus op jou hoede, want hierdie soort sien daar van buite so gedwee uit as `n duif, maar is van binne giftiger as `n Egiptiese kobra! Hy sal in allerlei gestaltes kom, en dan hierdie, dan daardie taal praat, dan weer as Griek en dan weer as Egiptenaar, ook as Romein, en hy sal moeilik te onderskei wees van egte onderdane van die genoemde nasies. Maar as jy hulle grondig ondersoek, sal jy wel ontdek wie se geesteskinders hulle is!"

[5] Die hoofman sê: "O, ek dank U nog baie meer, o Heer! Nou weet ek presies wat ek in die toekoms sal moet doen, en sou daar `n twyfelagtige geval voordoen, dan sal U my wel toestaan dat ek U bo alles heilige en magtige Naam aanroep en sê: 'O groot almagtige Gees van my Majesteit en Heer Jesus! Verlig my hart sodat dit daar lig word!', en U sal die roep van my sekerlik ook tot aan die einde van die wêreld hoor!"

[6] Ek sê: "O vriend en broer, bly so in My en My Gees sal in jou wees, tot jou hulp elke oomblik van die dag en in die nag!"

[7] Jarah wat langs My staan sê: "Maar Heer, U praat asof U ons al wil verlaat!? O ek smeek U, bly tog nog `n paar dae by ons, want U is tog my lewe! Hoe sou ek sonder U kon lewe? U moet hier bly, ek laat U nie gaan nie! Sonder U sal ek sterwe!"

[8] Ek sê heel vriendelik: "O my geliefde Jarah, jou sal Ek vir ewig nie verlaat nie! En as Ek as mens My na enige dae vir My taak `n tyd lank van hier af moet verwyder, dan sal Ek tog steeds in die gees by jou wees, en jy sal met My praat, en Ek sal op elkeen van jou vrae `n goed hoorbare antwoord gee, daarvan kan jy heeltemal verseker wees! - Verstaan jy dit?"

[9] Die kleine Jarah sê: "Ja, my allerliefste Heer Jesus, dit verstaan ek baie goed en ek weet dat niks vir U onmoontlik is nie, maar ek sou tog graag wou hê dat U ook as mens nog langer by ons bly. Want kyk, noudat U by ons is, sien alles daar so stralend en hemels uit, ek kan my nou al die hemel nie mooier en heerliker voorstel nie. Daarom moet U vir my tog ook nog as Mens `n paar dae hier bly!"

[10] Ek sê: "Nou ja, dit is onmoontlik om so `n liefde iets te weier, veral as sy die allerbeste deel uitgekies het! Wees maar bly, jou liefde sal nooit alleen wees nie!"

[11] Dit maak Jarah so vrolik dat sy na Ebahl spring en sê: "Kyk, vader Ebahl, die Heer bly nog by ons, en sal dit steeds doen!"

[12] Ebahl sê: "My liewe kind, dit is `n groot barmhartigheid vir ons, wat ons almal saam nie werd is nie, want Hy is die Heer van hemel en aarde! Wat Hy doen en wil doen, lê in Sy ewig ondeurgrondelike Raadsbesluit verborge, waarvolgens elke haar op ons hoof net so getel is soos die sand van die see, en ons mense kan niks daaraan verander nie. Maar ek is ook van mening dat dit by Hom, vir wie duisend jare is soos `n dag, nou juis nie op `n dag sal aankom om korter of langer by ons te bly nie. Hou jy Hom daarom maar vas en laat Hom nie gaan nie, want Hy het jou van ons almal die liefste!"

[13] Jarah sê: "O, ek sal Hom wel goed vashou en sekerlik nooit laat gaan nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205