Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Verhouding van `n profeet tot God en die mense

108 Ek sê: "`n Profeet is net so `n eenvoudige, met allerlei swakhede behepte, natuurlike mens soos jy, maar omdat hy `n goeie hart het, waarin nóg toorn nóg wraak, nóg afguns, nóg trots, nóg egbreuk en veelsoortige hoerery hulle kan nestel, suiwer die goddelike gees sy hart van die veelvoudige wêreldse ballas. As die hart daarom so gereinig is, giet die goddelike gees `n hemelse lig in so `n hart uit.

[2] Omdat die profeet duidelik onderskei dat dit `n hemelse lig is, wat haar altyd deur helder waarneembare woorde laat hoor, hoef hierdie profeet wat so geroep is, slegs maar met die stem van sy mond luid te praat wat hy in sy hart helder en duidelik hoor, en dan profeteer hy al profeties volmaak!

[3] Sodra dit nodig is, word die wil van die profeet deur God aangespoor om tot diegene van die volk te praat, en vir die volk te doen wat hy in sy hart hoor - en dit noem mens dan `n egte profesie of voorspelling en hierdie is net so goed soos `n suiwer woord van God, soos wanneer God Self in eie woorde tot die mense sou gespreek het.

[4] Maar daarom is so `n profeet vir God nie belangriker as enige ander mens wat hierdie gawe nie het nie. Want die profeet moet uit eie wil eweneens opvolg wat die Gees van God deur sy hart en deur sy mond aan die mense gesê het. Anders kom die oordeel net so oor hom as oor elkeen wat die wil van God hoor, maar nie opvolg nie - en vir `n profeet is dit dan erger as vir `n ander mens. As `n ander een, in die swakheid en die duisternis van sy siel, dit moeilik vind om te glo wat die profeet aan hom sê, dan sal sy oordeel minder swaar wees omdat hy nie kan glo wat die profeet aan hom gesê het nie. Maar vir die profeet self is daar geen verontskuldiging nie, en ook nie vir diegene wat geglo het en tog uit liefde vir die wêreld en haar skatte nie gedoen het wat die profeet beveel het nie.

[5] Tog sal die loon van `n profeet eenmaal groter wees as die van `n ander mens, want `n profeet het altyd sewemaal meer te dra as elke ander mens. Almal teen wie `n profeet gespreek het, word in die hiernamaals aan hom oorgedra, sowel die goeie as die slegte, en hulle sal hulle in My Naam geoordeel word oor elke woord wat hy tevergeefs tot hulle gespreek het!

[6] Wie egter `n ware profeet in My Naam en in die Naam van die profeet self opneem en hom versorg en sy vriend is, sal eenmaal ook die loon van `n profeet ontvang. En wie `n profeet ondersteun, sodat sy swaar taak makliker word, sal ook die loon van `n profeet ontvang. Want in die hiernamaals sal die kneg van die profeet op gelyke hoogte naas die profeet staan, en sal eweneens die geeste oordeel wat aan die profeet oorgegee is, en vir altyd oor hulle heers, en aan sy ryk sal nooit `n einde kom nie!

[7] Wee egter diegene wat `n profeet verlaat ter wille van die wêreld, of hom selfs hier en daar êrens verdag maak! Wee nog meer die vervolgers van `n profeet, want hulle sal God waarskynlik nooit sien nie! Maar wie die hand slaan aan `n profeet sal met die ewige vuur in die onderste hel bestraf word! Want die hart van `n profeet is van God, en sy mond is van God, en ook sy hande, voete, oë en ore! Waar `n profeet is, is God ook, en daarom moet julle sy verblyfplek met diepe eerbied betree, want die plek waar hy staan is heilig. In die hart moet mens rekening daarmee hou, nie ter wille van die profeet nie, wat `n mens is, maar ter wille van God, wat in die hart van die profeet praat en getuig.

[8] Die rede waarom `n egte profeet alleen maar oordele verkondig vir die wêreld, is heel eenvoudig omdat God slegs dán `n profeet opwek, as hulle God vergeet het en hulle in alle wêreldse ondeugde ondergedompel het!

[9] Sê My nou eers Ebahl, of jy nou die wese van `n egte profeet verstaan!"

[10] Ebahl sê: "Volkome, baie hooggeagte Heer! U is seker ook `n profeet!?"

[11] Ek sê: "Ek is geen profeet nie; want daar staan geskryf: 'In Galiléa sal geen profeet opstaan nie!' Maar Ek is méér as `n profeet! Want in My bors woon dieselfde Gees wat deur die mond van die profete gespreek het, en voortaan nog baie meer sal praat. Want by hulle, wat in die vervolg My Naam gelowig in hul harte sal dra, sal ook die Gees van die profesie woon! Verstaan jy dit?"

[12] Ebahl sê: "Majesteit en Heer! Dit lyk vir my dat geen enkele gewone mens so kan praat soos U nie! Daar skuil iemand anders agter U, wat deur U kleed en U vel vir ons verborge is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205