Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die tweestryd van die fariseërs

237 Julius sê daarop: "Hmm, dit is vreemd vir `n man wat anders tog algemeen, en tereg, bekendstaan as `n streng eerlik en regverdige man!? Maar kan jy my dan ten minste nie gissenderwys vertel watter rede Julius mag gehad het om so streng teen julle op te tree nie? Want iets onregverdigs moet tog nog altyd op die een of ander wyse goedgemaak kan word, anders sou alle maatskaplike konneksies op hierdie aarde vir altyd verdwyn!"

[2] Die jong fariseër sê: "O, redes mag hy genoeg gehad het, maar uiteindelik kom dit alles daarop neer dat groot druk kan maak dat `n mens deur die mense baie maklik as misdadiger of minstens as van misdaad verdagte mens aangemerk kan word sonder dat jy dit uit eie vrye wil is! Julle gee tog in julle wette aan dat vir `n slegte en daarom strafbare daad `n volkome vrye, kwade wil aanwesig moet wees, wat bewys moet word. Anders sou `n mens ook diegene nog aan die kruis moet hang wat toevalligerwys van die dak af geval het en deur hierdie val `n kind wat onder die dak geslaap het, sou doodval!

[3] Ons jong fariseërs en leviete word juis deur die tempel byna nooit met `n eerbare doel op die eerlike mensdom afgestuur nie; ja, ons bring dikwels heimlik sulke ellendige tempelplanne na buite na die onskuldige mensdom toe dat ons dit self seker in die diepste van ons hart moet verfoei! Maar wat help dit alles?

[4] Ons lyk soos die soldate wat, in opdrag van hul veldhere, as vyande inval in `n land van `n volk wat op sigself heel rustig was en alles vernietig ter wille van `n geheime doel van die veldheer, waarvan die gewone soldaat miskien wel gedurende sy hele lewe glad geen kennis kry nie. Hy moet soos `n masjien te werk gaan wat, hoogstens as hy ongeskik word om verder te werk, êrens stom opgeberg word.

[5] Maar ek vind dat, as die tempel met haar gewetenlose geheime bedoelinge by die Romeine maar al te bekend staan as `n instituut waaruit misdaad op misdaad sowel teen die staat as teen die hele mensdom begaan word, dergelike regverdige Juliusse die kwaad dan liewer by die wortel moet gaan uitroei. Hy moet hom nie aanhoudend aan die takkies vergryp nie, wat, by God, niks daaraan kan doen dat hulle uit so `n slegte stam in die lewe gekom het nie! - Dit is so `n bietjie my mening en ook van ons almal, soos wat ons hier is. Maak nou daarvan maar wat u wil, maar voor God en elkeen en alle redelik denkende mense het ek gelyk!"

[6] Julius sê dan weer: "Ek is dit heeltemal met jou eens; iemand het julle in Genésaret blykbaar onregverdig behandel, en dit sal goedgemaak word. Maar `n mens sou julle nie so hard aangepak het as julle die huis van die daar wonende Ebahl nie so diktatoriaal binnegedring het nie! Maar laat ons dit maar met rus, want ook vir daardie gedrag kon julle van die tempel wel dwingende voorskrifte gehad het. Maar ek sou nou tog so, as vriend van die goeie saak, wel eers wil hoor met watter bedoeling julle dan oorspronklik deur die tempel na Násaret en Kapernaum gestuur is."

[7] Die ondervraagde antwoord: "Omdat u nou deur my openhartige bekentenis gesien sou het dat ons in ons hart allermins diegene is waarvoor ons veral deur die Romeine beskou word, kan ek u, omdat u `n vriend van al die goeie en ware skyn te wees, ook wel die geheime rede vertel. Kyk, in Jerusalem en veral in die tempel doen sterk gerugte die rondte dat daar in Galiléa `n man rondtrek wat `n nuwe anti-Judese, eintlik anti-tempelse, leer versprei en baie groot tekens doen ter bekragtiging van sy leer, sodat daar reeds, soos wat elkeen weet, selfs ou en tot nog toe deurwinterde fariseërs sy leer aangeneem het!

[8] Dat so `n man deur die tempel om gegronde redes nie met vriendelike oë aangekyk word nie, kan u uself wel indink. Ons is slegs daarvoor beëdig en vervolgens uitgestuur om naspeuring te doen of en wat daar dan presies met die genoemde man aan die gang is. As ons Hom sou vind, dan moes ons hom vir die tempel probeer wen of Hom in die teenoorgestelde geval heimlik uit hierdie wêreld na die ander help. - Wel dit was so in kort die eerbare plan van die tempel, waarvan ons die argelose en totaal onskuldige oorbrengers was.

[9] Dit spreek natuurlik vanself dat die bewuste, beslis heeltemal eerlike, goeie man nooit iets van ons te vrees sou gehad het nie, want as ons Hom sou gevind het, dan sou geen haar van Hom deur ons gekrenk word nie.

[10] Soos wat ons van baie kante gehoor het, moet Hy werklik `n buitengewone mens wees, vol waarheid, eerlikheid, goedheid en betroubaarheid - eienskappe wat ons by elkeen nog bo alles kan waardeer en ag. Kortom, as ons Hom êrens sou ontmoet en gevind het, dan sou die tempel van ons geen stomme woord daaroor gehoor het nie, want ons kan swyg soos die graf. Ook sou ons nooit probeer het om hom vir die tempel te wen nie, want die tempel en haar laaghede ken ons maar soos min ander. As ons egter in ons hart ook tot die eintlike tempelgespuis sou behoort het, dan sou ons hier, ondanks die bietjie genotvolle wyn, nie so openlik met u gepraat het nie.

[11] Ons was egter in die geheim van plan, afgesien van alles wat ons wêreldse familie dan ter wille van ons te wagte sou wees, om nou die tempel te ontvlug, want dit is nie meer daar uit te hou nie. Daarom het ons ook vernaamlik snags oor die water hierheen gekom, om van hier af moontlikerwys in Tirus of Sidon te kom en ons daar by Cyrenius bekend te stel en hom, omdat hy een van die wysste manne moet wees, ons nood voor te lê. Die meeste van ons het egter gemeen dat ons tog eerste via die kortste moontlik en beste pad na Jerusalem moes gaan om daar te probeer om van ons familie geld te kry vir `n voorgenome vrome sakereis, natuurlik ten behoewe van die tempel. Daarmee sou ons dan maklik `n reis na Tirus en Sidon, of selfs na Rome kon onderneem om ons doel te bereik. Maar ook moet ons daarvoor goeie reispasse in die hande kry, want sonder hierdie dinge kom jy in hierdie tyd haas nie verder sonder om in moeilikhede te raak nie. Sulke passe kos egter geld.

[12] Aan die een kant sou dit dus wel goed en nuttig gewees het om ons van huis uit geld te verskaf; maar ek en `n aantal ander het anders daaroor gedink en sê: As ons wegvlug van die tempel af, sal ons familie, dit wil sê ons ouers en broers en susters, tog al alle moontlike ongerief van die tempel moet verduur, en selfs die vervloekte water moet drink. Daarom sou dit ten hemelskreiend onregverdig wees as ons hulle vooraf nog in ‘n sekere sin geld sou afrokkel, waardeur hulle daarna skaars in staat sou wees om hulle in die uiterste geval vry te kan koop van die genot van die genoemde water. Want dit gebeur in die tempel dikwels dat die beskuldigdes die keuse kry tussen - natuurlik - baie geld of die vervloekte water, en nou word ook bykans altyd vir die geld gekies.

[13] Wel, dit is moeilik om vas te stel wat die beste gedoen kan word. Ekself was vir die 'nie huistoe gaan', vanweë die reeds genoemde redes en ook nog om `n rede, wat ek die belangrikste ag. As ons naamlik nou vooraf in Jerusalem nog met `n versinde, tempel-vroom voorwendsel geld gaan haal, sal dit sekerlik uitkom en dan tref ons almal onvermydelik die ergste tempelvloek met die vloek van ons familie daarby. Dan is ons geluk in die wêreld wel gemaak, God erbarm Hom dan oor ons! As ons egter in die geheim gaan, dan sal die tempel en ons ouers dink dat ons êrens verongeluk het. Dan sal die tempel en ons families treur en vir ons bid en ons vir die hele lang ewigheid seën. - Wat dink u daarvan, u wat `n vriend skyn te wees van reg en waarheid? Wat is dan beter, en wat is nou volkome regverdig?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205