|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 239
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Julius vertel die plan aan die fariseërs
239 Toe wend Julius hom weer tot sy jong fariseër en sê: "Wel, vriend, ons het toe `n goeie manier gevind waardeur julle met jul ouers volkome geregverdig sal wees voor die tempel en al haar eise. En julle ouers sal selfs `n teregte klag teen die tempel kon indien by die Romeinse beheerbeampte, sodat die tempel sekerlik veroordeel sal word tot `n skadeloosstelling aan julle ouers omdat hulle julle verloor het. Julle is naamlik, omdat julle onder dwang van die tempel die Romeinse wet betreffende die juiste reispasse nie opgevolg het nie, `n wet waarop die tempel tot op hierdie uur nog heel hardnekkig geen ag wil slaan nie, deur ons Romeine gevange geneem en dadelik ingelyf by die soldate van die vreemdelingelegioen! Julle is nou dus vir julle eie beswil gevange geneem. Geval dit julle?"
[2] Almal sê: "O meester, wie u ookal is, hierdie goddelike raad kon slegs maar `n God aan u gegee het! Waarlik, so bereik ons die goeie doel vir ons, en nie minder nie, vir ons ouers. O geluksaligheid, hoe soet is u smaak, en hoeveel wyser is die groot Rome as ons baie bose Jerusalem! Ou bewaarder en vader van hierdie huis, gaan en bring ons ter ere van hierdie verblydende mededeling nog wyn, want nou moet alle aanwesiges daarop drink! Ons het in één klap uit die hel in alle hemele teruggekom. Die blinde Judeërs wag nog steeds op `n beloofde Messias, wat hulle van die juk van die Romeine sal bevry. En kyk, ons het juis hier in julle, beste Romeine, die egte en alleen ware Messias van alle mense gevind! Die suiwer Waarheid is die egte Messias van alle mense. En dié is in julle midde, en so is julle, omdat julle die volle en suiwere Waarheid onder en in julle het, die enige en ware Messias van alle suiwere en regskape denkende Judeërs. Maar ook van alle mense wie se harte deur allerlei ou, waardelose en deur en deur verdorwe voorskrifte en daarvan afgeleide nog slegter wette gevange gehou word. Ou bewaarder, gaan, gaan, en laat ons nog `n wyn drink op die welsyn van ons verlossers en Messiasse!"
[3] Markus laat dadelik nog meer brood en meer vol bekers wyn na die tafel van die vreemdelinge bring, en die jong spreker vra nog `n keer aan Julius wie daar tog almal in die geselskap aanwesig is en wie hy eintlik self is.
[4] Julius sê: "Ek het julle tog al vroeër gesê dat die by julle so sleg bekendstaande Julius van Genésaret, wanneer hy onbedoeld iemand onreg aangedoen het, ook op die regte oomblik alle moontlike moeite sal doen om dit weer goed te maak. En die deur julle gevreesde Julius is ek self, en daar, teenoor my, sit die verhewe opperstadhouer van die hele Asië en Egipte - Cyrenius, na wie julle in Sidon wou gaan. En sê nou eers - hoe tevrede is julle met ons harde, onverbiddelike Romeine?!"
[5] Toe die jong fariseër dit hoor, skrik hy eers behoorlik en al sy metgeselle ook, maar hy kalmeer baie gou en sê: "Hoë gebieder, is u kwaad vir ons vanweë my toespraak van vroeër, wat u tog nie so baie vleiend kan noem nie? Maar ek kan egter niks daaraan doen nie, net soos wat u daar duidelik niks aan kon doen toe u ons, met deur middel van leem toegesmeerde oë en ore, na Kapernaum laat vervoer het. As u ons toe so sou geken het soos nou, dan sou u ons dit nie aangedoen het nie. U beskou ons egter as gewone fariseërs van die swakste allooi, en dit verontskuldig algeheel die toenmalige harde behandeling wat u ons gegee het. Vergeef óns nou egter ook en veral vir my, want u weet nou, wat, hoe en waarom!"
[6] Julius sê: "Ek praat graag met vrymoedige mense, en sal nooit manne beledig wat vrymoedig uitpraat en wat die waarheid vry-uit praat, sonder vrees en angs en sonder enige terughoudendheid nie; maar wee ook diegene wat anders dink en voel en heeltemal anders praat! Vir my is daar niks gehater as die leuen nie, en selfs `n noodleuen verdoem ek, want dit is beter om vir God en alle eerlike mense te sterwe - as homself te red deur `n onwaarheid! Maar, soos gesê, julle eerlike taal geval my. En omdat julle omstandighede my so ongeveer bekend is vanuit Jerusalem en Bethlehem, weet ek ook dat julle hier bykans sonder enige voorbehoud julle versoek na vore gebring het. Iets het julle nog nie heeltemal uit die doeke gehaal nie, maar dit is maar `n kleinigheid, en dit sal julle ook bereik as julle ons Romeine `n egte en altyd opregte getroue en broederlike toegeneentheid sal bewys!"
[7] Die jong spreker sê: "Verhewe meester, wees u ook heeltemal oop en sê reguit wat ons nog agtergehou het wat by ons versoek hoort! Want helaas, daar is nog baie in ons wat ons hier nie kan meedeel nie, omdat die tyd ten eerste te kort was en `n mens in die tweede plek in `n so hooggeëerde geselskap tog met soveel dinge nie met die hele deur in die huis kan val nie. Veral as `n verhewe meester soos die opperstadhouer van die hele Romeins-Asië aanwesig is, wie se hoogheid en majesteit ons nog nie eens direk durf aankyk nie sedert ons weet dat dit hy is nie. Bowendien bevind daar hulle aan u tafel ook `n meisie en `n jongeling, en dan geld tog: Hou jou tong `n bietjie in toom! Maar as ons alleen bymekaar sal wees, sal ons sekerlik, verhewe meester, niks meer op die een of ander wyse geheim hou nie! Maar omdat u met ons arme sondaars tog al so vol medelye en barmhartigheid is, sê ons dan in stilte wat u nog onbehoorlik aan ons vind, en of dit miskien óók `n hoë Romein is met wie u vroeër oor ons Romeins gepraat het!"
[8] Julius sê: Wel, dit wat julle my fatsoenlikheidshalwe verswyg het, is tog nie meer belangrik nie, nie vir my nie en ook nie vir julle nie. Maar om die man te ken wat julle opval, sou wél van die grootste betekenis vir julle kon wees! Maar daarvoor is vandag sekerlik geen tyd meer nie; môre dus die res!" - Daarmee was die gereddes heel eerbiedig tevrede en hulle gryp weer na brood en wyn en drink nog menige heildronk op die blydskap wat nou hul harte vervul.
|
|
|
|
|