|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 129
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die Heer en die twee Esseners
129 Terwyl die leerlinge, die fariseërs en beide Esseners dit alles met mekaar bespreek en Matthéüs sy opdrag opskryf, roep Ebahl ons aan tafel, en die leerlinge met hul leerlinge word eweneens aan tafel geroep en kom met verhitte gesigte in die eetsaal in.
[2] Daar vra Ek hulle wat hulle in hul kamer so geesdriftig met mekaar bespreek het.
[3] Beide Esseners antwoord: "Heer, dit is vir U nie moeilik nie, want wat ons nou met mekaar bespreek het, was vir U Gees al eeue gelede so sigbaar soos die son in die middel van die dag! Maar U kan daar heeltemal van oortuig wees dat ons beslis niks slegs oor U gesê het nie!"
[4] Ek sê: "By name was dit wat julle gesê het heeltemal korrek, want dit het julle vlees en bloed julle nie ingegee nie, maar die Gees van God. Maar praat nie verder met ander daaroor nie, want die mense is blind, dom en sleg! - Laat ons nou aan tafel gaan!"
[5] Die tafel was goed voorsien. Ons agt skeepsknegte het hul tyd deurgebring met visvangs en tewens vir Ebahl `n aantal van die mooiste en beste visse huistoe gebring, waarvoor hy hulle weer ryklik met wyn en brood voorsien het. Die visse was baie goed voorberei en almal eet hulle met `n gesonde eetlus. Beide Esseners, wat `n goed ontwikkelde smaak gehad het omdat hulle as leerlinge van Aristoteles en Epicurius die kombuis baie belangrik gevind het, kom woorde tekort om die heerlike smaak van die egte vismaal te roem. Ook die hoofman met sy drie onderaanvoerders prys voortdurend die aangename smaak van die visse en eet na hartelus `n paar behoorlik groot stukke, sodat hulle hulself uiteindelik begin afvra of hulle geen las daarvan sou kry nie.
[6] Maar Ek sê aan hom: "Wees nie bang nie, beste Julius, want in die teenwoordigheid van `n dokter kan niks met jou gebeur nie!"
[7] Dit beur die brawe Julius weer op, en hierdie uitspraak van My het toe `n spreekwoord geword, en het tot op die tyd waarin dit geskryf was in dokterskringe ingeburger gebly.
[8] Na afloop van die maaltyd, vra die hoofman: "Heer, dit is vandag `n pragtige dag! Wat sou U daarvan dink om vanmiddag weer uit te trek?"
[9] Ek sê: "Dit wil Ek ook, maar laat ons hierdie keer `n nabygeleë berg bestyg!"
[10] Die hoofman sê: "Ja, die berg wat hier digby lê en die mense die naam 'Môrekop', ek meen in die plaaslike taal 'Juitergli', gegee het, is egter ook tewens een van die hoogste en aan alle kante baie steil, `n bykans heeltemal kaal klipkolos! As U dit miskien sou wou klim, dan sal ons die top nie voor die nag bereik nie, en van terugkom sou seker in die verste verte geen sprake kan wees nie! Maar om op die hoogte die nag deur te bring sou niemand van ons aanbeveel nie, want bo tussen die rotssplete skyn daar die hele jaar deur sneeu en ys te lê! Die uitsig moet dit egter buitengewoon die moeite werd maak!"
[11] Ek sê: "Vriend, dit alles sal ons nie verhinder om die Môrekop uit te klim nie. Wie die pad ken, kom baie gouer bo as hy wat dit die eerste keer nog moet soek. Laat ons daarom vertrek; binne twee uur is ons almal bo, dit wil sê, diegene wat daarin sin het om saam met ons die berg te klim!"
[12] Die hoofman sê: "Heer, op U woord gaan ek graag tot aan die einde van die wêreld, laat staan nog hierdie berg, en as U ons lei hoef mens ook aan geen gevaar te dink nie! Ek verheug my regtig al daaroor! Maar brood en wyn sou ons tog wel kan saamneem, want ek weet egter dat mens by die klim van so `n aansienlike berg buitengewoon honger en dors word!"
[13] Ek sê: "O ja, dit beter julle doen! Maar wat doen ons met My allerliefste Jarah? Vir haar sal die berg tog te moeilik wees om te klim!"
[14] Jarah sê: "Met U, o Heer, kan niks vir my te moeilik wees nie. Sónder U kan `n mens niks nie en ek die minste van almal! As U dit wil, gaan ek nie slegs met U hierdie berg op nie, maar letterlik met U deur die vuur, soos wat ek met U ook eerste op die water gegaan het!"
[15] Ek sê: "Jy weet om My altyd uit jou hart `n ware antwoord te gee, vol van liefde en waarheid. Gaan dus maar met ons saam op die uitstappie, dit sal daarby vir jou nie te moeilik gemaak word nie!" - Niemand was so gou reisvaardig soos ons Jarah nie, wat sê: "Heer, as U dit só goed vind, dan staan ek al klaar om te vertrek!"
|
|
|
|
|