|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 100
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die leerlinge, die storm en die skip
100 Petrus sê: "Dit sal nou al wel die derde nagwaak (ongeveer eenuur in die nag) wees, en nog is daar aan geen enkele kant `n skip te siene op die see nie!"
[2] Andréas, wat baie skerp kan sien, sê: "Ek vind ook niks nie - hoe ek my ookal inspan!"
[3] Matthéüs, die tollenaar, sê: "As die ongunstige wind maar net wil gaan lê! Die skippersknegte is al heeltemal uitgeput van die swaar roei, ondanks die feit dat ons hulle nou al `n paar maal goed gehelp het. Slegs as ons onsself almal inspan kan ons onsself op die hoë see handhaaf. As dit maar net wil lig word! Die oggend sal ons seker `n ander wind bring!"
[4] Nathaniël sê: "Ek sou niks anders wil hê as dat die Heer ons moet volg nie - miskien sou dit tog raadsaam wees om terug te keer en Hom te gaan soek! Moontlik het Hy tog in die hande van die knegte van Herodes geval!?"
[5] Simon sê: "Ag, wil jy nou meer! Hy, vir wie alle hemele en alle elemente gehoorsaam - en die ellendige knegte van Herodes! Hy het nou eenmaal gesê dat Hy sal volg as Hy die volk weggestuur het, en dat ons vóór Hom na die oorkant toe moet vaar! Wat Hy sê - is gewyd en dus waaragtig! Met hierdie teenwind sal ons die ander oewer nog lank nie bereik voordat Hy by ons is nie! Want wie die winde kan beveel, kom maklik en gou oor die see!"
[6] Johannes sê: "Ek is dit heeltemal met jou eens! Laat ons daarom almal vas op Hom vertrou dat Hy ons vir ewig nie sal verlaat nie! Kyk, met hierdie harde wind, wat ons nou al ongeveer vyf uur lank teister, sou ons roeispane baie min kon uitrig teen die storm as Sy mag oor die elemente ons nie in die oop see gehou het nie! Sonder Sy invloed sou ons lankal weer daar gewees het waar ons weggevaar het! Want, as ek dit reg het, dan lê ons skip soos aan die grond genael op één punt, en ek glo dat ons, as ons vas in Hom glo, wel kan ophou met roei, waardeur die skippersknegte heeltemal uitgeput is. Die skip sal haar nie verplaas nie, en die Heer sal ons waarskynlik op hierdie plek wil inhaal, anders sou ons met hierdie storm al lankal God weet waar gewees het!"
[7] Petrus sê: "Ja, ja, jy het ook heeltemal gelyk! Ek merk óók dat die hewige wind ons nie kan draai nie, en ons roeiers sal teen hierdie wind af moet lê as Sy goddelike mag ons nie sigbaar gehelp het nie. Ek sal dan ook vir die knegte sê dat hulle hulleself by die roei nie so hoef in te span nie."
[8] Petrus gaan nou na die knegte en sê vir hulle dat hulle met die roei hulle nie te veel moes inspan nie.
[9] Maar die knegte sê: "Ons sien die wit skuim op die golwe langs die kus van die woesteny, die branding moet geweldig wees! As ons nie tot die oggend op die oop see kan bly nie, dan vergaan ons man en muis!"
[10] Petrus sê vir die knegte: "Dan sal ons geen leerlinge van die almagtige Heer Jesus gewees het nie! Maar omdat ons Sy leerlinge is, sal die storm ons ook sonder die onophoudelike vrugtelose roei niks of heel weinig kan doen nie. - Dit duur nie meer lank tot die oggend nie, en by daglig sal dit met ons almal beter gaan!"
[11] Na hierdie woorde van Petrus hou die knegte bietjie vir bietjie op met roei en merk op dat die skip ook sonder roei op die oop see bly. En toe begin die agt knegte ook glo dat die skip werklik deur My krag op die oop see bly.
|
|
|
|
|