Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die priester wil sy wêreldse lewe regverdig

99 Die priester sê: “Waarlik bomenslike wyse meester, ek het U goed begryp en sien nou nog beter as eers in, dat U deur `n werklik bestaande, lewende God gehelp moet word, omdat dit andersins vir U absoluut onmoontlik sou gewees het om so noukeurig op hoogte te wees van die omstandighede van my jong jare, terwyl geen mens in Rome die dinge ooit geweet het nie en nou nog baie minder!

[2] In alles wat U vir my gesê het, het U volkome gelyk, en ek sou kan sê: Nie U nie, as `n mens soos wat ek is nie, maar `n God het uit U gespreek.

[3] Maar dink tog aan al ons menslike omstandighede en daarnaas aan die betrekkinge binne die staat, wat ons met ystere dwingende kettings bind en wat ons, nou lewende priesters, beslis nie gemaak het nie!

[4] Elke mens, wat onbewus en ongewild in hierdie wêreld gekom het en reeds dadelik na sy geboorte gevoed moet word om sy sterflike lewe te behou, om volgens die strak wette van die natuur `n kragtige mens te word, is redelik gesien `n baie arm wese.

[5] As jy eenmaal sover opgegroei het dat jy die dag van die nag en rooi van groen kan onderskei, word daar deur die ouers ywerig begin met die opvoeding, wat geen kind vir homself kan bepaal nie.

[6] As jy deur baie leer `n ontwikkelde man geword het, dan is dit `n saak om `n beroep te kies waarmee jy jou hele lewe in jou onderhoud kan voorsien. Maar jy wil in die wêreld nie sleg nie, maar so goed as moontlik lewe, omdat jy nou eenmaal moet lewe, en so kies jy ook al na gelang van jou moontlikhede, logies gewys `n beroep waarin jy onder die boeie van die mag van die staat nog die mees vrye en ook die beste kan lewe. En dit was vir my die beroep van priester; ek word priester, ongeag of dit waarvoor ek gestaan het op leuens en die bedrieg van die volk of op waarheid gebaseer was - kortom, ek moes volgens die staatswette wees wat ek nou nog is.

[7] Die wêreld en om die eie so goed moontlik te versorg, was immers reeds van kindsbeen af aan die allervernaamste waarvoor `n mens moes sorg. Bowendien ontwaak daar in my natuurlik baie gou nog allerlei ander behoeftes, en omdat jy die middele daarvoor gehad het om ook die behoeftes te bevredig - natuurlik steeds in ooreenstemming met die staatswette - bevredig jy dit ook soveel moontlik, en daar verskyn geen Godheid uit die hemel of uit die aarde, wat sou gesê het: “Luister eens, priester, jy leef en handel geheel en al in stryd met My wil en My orde! Leef in die vervolg sus en so, anders sal Ek jou op `n geweldige manier tugtig!”

[8] Dat jy onder sulke lewensomstandighede in hart en gemoed net met materiële, onsuiwer en niegeestelike liefde vervul raak, terwyl jy daarenteen tot niks suiwer geestelik of goddelik aangespoor word nie, bly jy uiterlik gesien op sy minste soos wat jy kon bly en uiteindelik volgens die staatswette ook moes bly, hoewel ek my geleidelik aan steeds meer, veral op ouer leeftyd, inwendig begin af te vra: Ja, maar is daar eintlik wel één vonkie waarheid in dit waarvoor jy staan en wat jy uitoefen? Alles wat ek onderrig en doen is duidelik en onmiskenbaar leuens en bedrog. Is daar geen fundamentele waarheid meer op die hele aarde nie?

[9] Ek ondersoek, soek en ondersoek en soek één stryk deur byna tot nou toe - en ek vind niks! Hoe moet ek `n ware Godheid ooit met die suiwerste liefde tegemoet tree, terwyl Hy Hom nooit op een of ander wyse aan my wou openbaar nie? Wat daar nie is nie, kan jy ook nie liefhê nie, - of dit nou `n God is of wel `n ander voorwerp wat deur die verbeelding van die mens `n groot waarde toegeken word.

[10] En kyk nou eens, baie wyse meester, kan ek iets daaraan doen as ek per slot van rekening tog dit moes liefhê wat vir my bereikbaar was om `n genoeglike lewe te lei; want om die beelde van jou eie fantasie lief te hê, beteken volgens die natuurlike suiwer verstand, dat jy `n dwaas is!

[11] As ek dus die een, enige ware en lewende God al sedert `n lank tyd bokant alles moet liefhê en dat ek met elke sintuig die aanwesige dinge van die wêreld moet verag en ontvlug, as so `n God Hom aan my moet openbaar of wel, wat my fantasie betref, daarin `n alles lewende gloed moet skep; maar nóg die een nóg die ander gebeur, en dus was dit vanselfsprekend dat ek die wêreld en haar skatte en goedere, wat die mensdom voed en verruk en vir die geniet waarvan ek gebore en opgevoed is, nie opsy kon sit vir `n wese, wat vir my gladnie en nêrens bestaan nie.

[12] Maar hoe dit ook al sy - ek sit werklik nog vol wêreld in my hart; laat vandag, op die oomblik, `n een, enige ware godheid hom aan my openbaar en my duidelik maak wat ek moet doen, dan is my ou wêreld op één slag uit my verban!

[13] Het die pêrel van Rome my maar met één keer `n sekere toesegging gedoen dat sy myne sou word as ek dit of dat sou doen of nalaat - dan sou ek die man gewees het vir wie geen offer te swaar sou geword het nie! Maar aangesien so-iets nie plaasgevind het nie, bly ek ook by dit wat vir my makliker was om te bereik.

[14] Ek sien en weet baie goed dat alle mense wat ek leer ken het, al sedert menseheugenis in groot ellende en verwarring lewe en ten slotte ook dikwels vol vertwyfeling sterwe; maar wat het al die sien en weet voor nut as daar niemand kom om hulle die volle waarheid te toon nie?

[15] Sien wyse meester, U het werklik in alles wat U my gesê het, volkome gelyk; maar ook het ek dit volgens menslike insigte nie ongelyk nie! Kan die arme mense dalk iets daaraan doen dat hulle in alle blindheid in hierdie wêreld gebore is en hulle heeltemal onder leuens en bedrog moet laat opvoed? - Het ek gelyk of nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205