Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die oordeel van die herbergier oor die Jode

232 Hierna kom die herbergier weer na ons toe, val voor My op sy knieë en sê: “O edele Mensevriend, u is nog maar nouliks `n uur hier en het my al tot U skuldenaar gemaak! U moet `n groot profeet onder die Jode wees, wat U nie herken nie; want vir sover ek dit kan beoordeel, is die Jode die slegste volk, veral die wat in die stede woon, en vir sover ek weet, vervolg hul buitengewoon trotse priesters alle groot manne wat uit hulle midde opgestaan het en beskou elke gewone Jood wat hom met `n Romein of `n Griek inlaat, as `n sondaar - maar die goud van die Grieke en Romeine verag hulle nie, wat maar vir my al te goed bekend is!”

[2] Ek sê: “Daarom het Ek aan jou gesê, toe jy My vra waar Ek vandaan gekom het: Van bo. Dit begryp jy weliswaar nog nie, maar jy sal dit nog goed begryp; maar daardie agterbakse priestergeslag in die meeste stede en dorpies van die vroeër so geprese land, is `n slanggebroedsel en addergebroedsel en kom nie van bo nie, maar Ek sê vir jou: Van benede! Begryp jy wat dit wil sê: Van benede!?”

[3] Die herbergier sê: “Beste vriend en miskien die alleropmerklikste man wat ooit met sy voete die vuil bodem van hierdie aarde betree het, daar gaan vir my nou `n klein liggie op: U is een van die grootste profete van U volk! Maar as vriend raai ek U aan om nie na Jerusalem te reis nie; want U sal self wel die beste weet dat daar op die hele aarde geen slegter gespuis bestaan as juis die Jerusalemmers saam met hul priesters en hul leenvors Herodus nie; ons Grieke kan nie begryp hoe die anders so wyse Romeine `n ryk, soos wat Judea is, aan so iemand kon verpag het nie.

[4] Kyk, ek is `n Macedoniër en het die geleentheid gehad om in die groot boekekamer van Alexandrië rond te kyk! Daarna kies ek die militêre diens en was by verskillende klein en groter veldtogte, selfs in Indië, betrokke, daarna in Afrika tot by die pilare van Hercules, en in Europa het ek sover gekom dat ek van louter ys byna verstyf was, en Brittannië het ek ook besoek, en wel vanuit Gallië - maar, beste vriend, ek verseker jou dat ek nêrens so `n hondevolk aangetref het soos in Jerusalem nie.

[5] Kyk, van hier af kan `n gemiddelde voetganger in drie uur die oewer van die Dooie See bereik! Van hierdie see word gesê dat daarin vroeër, deur die mag van die groot God van die Judeërs, tien stede saam met mense en diere verswelg is deur `n reën van vuur uit die hemele en as gevolg van `n enorm hewige aardbewing. Ek sou egter durf om alles te verwed dat die ongelukkige mense wat in die Dooie See begrawe lê, onmoontlik slegter kon gewees het as die ekstreem trotse en hoogdrawende volk van Jerusalem nie.

[6] Laat die gode van die Olimpus of die groot God van die Judeërs uit sy hemele afdaal, dan staan ek daarvoor in dat die Jerusalemmers teen hom sal urineer en hom ten slotte selfs sal stenig!

[7] Ek is `n gryse soldaat, maar ek was altyd `n vriend van groot en buitengewone manne gewees, hoewel ek eintlik nooit `n besondere vereerder van die gode was nie; maar elke groot man was vir my in `n sekere sin `n god.

[8] Maar met wie moet ek die Jerusalemmers vergelyk? As soldate is hulle die slegste - maar as mense is hulle nog duisend keer slegter! Daarom sal U my ook vas en seker kan vergewe dat ek my nie dadelik, nadat U hier aangekom het, nie al te goed oor die Jode uitgelaat het nie. Want ek het U nie vooraf geken nie en het U ook so half en half as `n Jerusalemmer beskou; U het my net deur U woorde en U dade bewys dat U `n heel ander persoon is.

[9] Kyk, hierdie plek bestaan uit ongeveer sestig inwoners, net Grieke! Hier het eens één enkele Jood ook `n stuk grond besit, maar dit het ons vir `n taamlike hoë bedrag uitgekoop om in ons klein dorp volkome vry te wees van Jode. Nou lewe ons in groot eendrag met mekaar; maar solank die Jood by ons was, het hy geweet om alles in die war te stuur.

[10] Ons teel skape, beeste en varke. Die laaste gedy besonder goed hier in die omgewing van die Jordaan en lewer ons behoorlik veel op. Om die varke egter teen roofdiere te beskerm, het ons ook `n groot aantal sogenaamde varkhonde nodig. Ekself het veertien - maar ek verseker U, my edele, wonderbaarlike vriend: Die slegste van my varkhonde is veel beter as die Jerusalemmers! Ek wil egter nie alle Jerusalemmers daarmee bedoel nie - want daar is miskien so hier en daar ook wel `n beter of edeler mens daarby - maar ek het nog nooit die geluk ten deel geval om ooit so iemand te ontmoet nie, en omdat ek in die wêreld baie ervaring opgedoen het, waarsku ek U vir Jerusalem en die bewoners daarvan.”

[11] Ek sê: “Môre sal ons verder daaroor spreek, en Ek sê vir jou dat jy geen ongelyk het nie; maar nou sal die karavaan wat deur My aangekondig is, dadelik arriveer, sorg jy dus dat jy dit goed onder dak bring!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205