Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ontstaan van die Kaspiese See

236 (Die Heer:) “As jy na die Jordaandal noordwaarts en selfs oor die gebergte van Klein-Asië sou gaan, sou jy by `n baie groot meer kom, wat julle Romeine Mare Caspium noem. Daardie buitengewoon groot meer het in die tyd van Noag of, as jy dit makliker kan begryp, ten tyde van Deucalion* op dieselfde manier ontstaan as die Dooie See, net met die verskil dat daar in die Dooie See eintlik maar nege stede begrawe lê, maar in die Mare Caspium**, ongeveer vyfhonderd, met inbegrip van die toenmalige, buitengewoon groot stad Hanoch. *(In die Griekse mitologie die persoon wat saam met sy vrou Pyrrha gespaar bly na die sondvloed.) **( Latynse naam vir die Kaspiese See.)

[2] Kyk, My beste vriend, jy sal waarskynlik sê: “Waarom het hierdie God eintlik toegelaat dat byna die hele bevolking van die aarde verdelg word?”!

[3] Maar Ek sê vir jou daarenteen: God het die mense, in die besonder toentertyd die Hanochiete, byna vyfhonderd jaar lank deur gewekte profete en selfs deur engele uit die hemele laat onderrig en vermaan, dat hulle bepaalde dinge nie moes doen nie, en veral die berge van die aarde met rus moes laat; maar hul starre eiesinnigheid en hul meer as groot hoogmoed het geen ag op die vermanings geslaan nie.

[4] Die Hanochiete het `n soort ontploffingskorrel uitgevind, het diep gate in die berge gemaak, dit gevul met die ontploffingskorrels en dit aangesteek deur middel van deurlopende lonte. Die ontploffingskorrels het ontplof en die berge uiteen geskeur. Die Hanochiete het egter nie geweet dat daar onder die berge gereeld buitengewoon groot en diep waterbekkens was nie. Die verwoeste berge, wat geen steun meer gehad het nie, het toe weldra in hierdie groot en diep bekkens ingestort en stu daardeur groot watermassas na die oppervlak van die aarde. Andersyds het by hierdie vuuraktiwiteit ook die in die berge aanwesige lae swael, kole en pik aan die brand geraak en het toe ook in die vlakte enorme uitbarstings van vuur veroorsaak, waardeur die aarde met alles wat daarop gestaan het, weggesink en daar op die plek `n see ontstaan het.

[5] Dit is maklik te begryp dat by hierdie geleentheid groot watermassas uit die inwendige van die aarde na buite moes tree, en met die water ook `n groot massanewel en wolke, wat tot `n bepaalde hoogte opgestyg en as `n wolkbreukagtige reën neergestort het, meer as twaalf maande lank. Dit was hoogs noodsaaklik, omdat met verloop van enkele jare die hele oppervlak van die aarde anders aan die brand sou geraak het; want op `n diepte van ongeveer twee duisend klafter* en gereeld veel minder, is brandbare materiaal genoeg, soos swael, aardpik en steenkool, netsoos hier en daar is buitengewoon groot bekkens met nafta. *(Een klafter =,90m.)

[6] Jy sal daarom goed kan insien, My beste vriend, dat in die tyd een van die allergrootste oorstromings van die aarde, dit wil sê, van die grootste deel van Asië, in baie hoë mate noodsaaklik was; want anders sou nou die grootste deel van die aarde `n woestyn gewees het, soos dit nou ook die geval is vanaf die Mare Caspium tot byna aan die oostelike rand van Asië, in `n gebied van twee duisend uur gaans lank en gemiddeld ongeveer vyfhonderd uur gaans breed.

[7] JaHWeH God het egter daarvoor gesorg dat die aarde nie verwoes sou word nie, sodat die mense nie hulle skool sou kwytraak, waar hulle geskool word vir die ewige lewe nie - want wie nie op hierdie aarde in die vlees die skool van lewe deurloop het nie, kan die kindskap van God nie bereik nie, maar bly ewig op die skeppingsvlak van die diere.

[8] Daarom is vanselfsprekend die in standhou van hierdie aarde as skool vir die verwerwing van die kindskap van God uiters noodsaaklik. Jy sal dit weliswaar nou nog nie heeltemal begryp nie, maar ons sal môre op die onderwerp terugkom, en dan sal jy dit begryp!”

[9] Die herbergier sê: “My beste, vriendelike, wonderbaarlike Heer! Daar gebeur nou iets met my soos by iemand wat vroeg in die oggend na buite gaan en vir wie die eerste strale van die oggendskemering sy weg verlig. Ons het onder die Romeine `n oerou spreekwoord, wat lui: “Daar het bestaan of bestaan op die hele aarde geen groot en wyse man sonder `n sweem van goddelikheid nie”; maar U lyk wel die allermeeste deur die Godheid geïnspireerd te wees, wat soveel wil sê as: In U woon die hele volheid van die ware Godheid liggaamlik!”

[10] Ek sê: “Dit het jou vlees jou nie ingegee nie, maar jou gees! - ons sal egter ook vandag nie verder oor dié onderwerp praat nie; want die fariseërs begin die een na die ander hulle ore te spits, omdat hulle ons hoor praat. Praat nou dus weer oor iets anders, nie hieroor nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205