|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 75
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die aankondiging van `n storm wat voorhande was
75 Toe Ek die alles goed verhelderende gesprek ook met die kommandant beëindig het, sê die herbergier vir My: “Heer en Majesteit, ons het nou die halwe nag wakker gebly, tot buitengewone groot seën vir my huis; maar as iemand van die aanwesiges hulle nou ter ruste wil begewe, versoek ek U, o Heer, dit vir my te sê, en sal ek onmiddellik al die moontlike doen om aan U wens te voldoen.”
[2] Ek sê: “Vriend, doen maar geen moeite nie; ons bly soos dikwels die hele nag aan tafel rus. As jy jou op `n gemakliker manier ter ruste wil begewe, is jy natuurlik vry daarin; maar ons sal hier bly.
[3] Dit sal egter raadsaam wees om hierdie nag nie teveel aan slaap te wy nie, maar meer wakker te bly; want binne `n uur sal dit blyk dat dit nodig en verstandig sal wees as ons wakker bly. Hierdie streek is in hierdie tyd meestal aan aansienlike storms en aardbewings blootgestel, en iets dergeliks sal weldra hierheen kom; en sal dit raadsaam wees om wakker te bly en gade te slaan in welke rigting die storm sal gaan!”
[4] Die herbergier sê: “Maar Heer en Majesteit vol goddelike wysheid en mag! U is tog ook Heer oor elke bose mag, wat steeds van die slegte duiwels in die hel uitgaan of op sy minste erg en baie dikwels sigbaar deur hulle ondersteun word. Dit kos U tog slegs één almagtig woord, en dan kan daar geen storm kom nie!”
[5] Ek sê: “In `n bepaalde opsig het jy waar gespreek, maar alleen vir sover jou kennis van die dinge van die natuurlike wêreld reik.
[6] Dit is wel waar dat dergelike storms af en toe ook deur die duiwels ondersteun word; maar dit kan die goddelike liefde en wysheid nie verhinder om die natuurlike storm te laat losbreek nie. Want in die aarde rus nog tallose natuurgeeste, wat mettertyd almal tot verlossing moet kom, en aangesien hierdie streek buitengewoon ryk is aan dergelike ruwe natuurgeeste van allerlei soort, lê dit ook heeltemal binne die orde om die natuurgeeste, wat ryp geword het, te laat losbreek om in `n enigsins vryer bestaan te kan opgaan. En dit is onteenseglik beter om dergelike geeste in kleiner groepe tot uitbarsting te laat kom as om hulle `n geruime tyd teen te hou, waarna hulle op één slag as baie groepe sou deurbreek en noodsaaklikerwys meer as groot verwoesting aanrig. Dit was op aarde hier en daar al die geval gewees, waar dergelike geeste, nadat hulle `n geruime tyd teengehou was, by hulle uiteindelike deurbraak hele lande dermate so verwoes het, dat dit nou nog as woestyne daar lê, waar niks groei en nog vir `n lang tyd niks sal groei nie.
[7] So kan jy nou goed begryp waarom Ek die netnou aangekondigde storm moet laat losbars. Niemand hier hoef weliswaar daarvoor bang te wees nie, maar dit is beter om tydens `n storm wakker te wees, as om in `n bed te slaap.”
[8] Die herbergier neem genoeë met hierdie verklaring.
[9] Maar die leerling Simon Juda sê vir My: “Heer en Majesteit, U sê netnou dat dit beter is om tydens `n storm te waak as om in `n bed te slaap, en U het `n keer geslaap toe ons onsself tydens `n groot storm op die Meer van Galilea bevind het, in `n geweldige slingerende skip, sodat ons genoodsaak was om U wakker te maak om nie ten gronde te gaan nie. U word toe ook dadelik wakker en bedreig die onstuimige geweld van die storm, en onmiddellik swyg die orkaan en daar beweeg geen golf meer op die wateroppervlak nie; die skippers en enkele ander mense wat by ons in die skip was, verwonder hulle en sê onder mekaar, met hulle oë op U gerig: “Kyk tog, wie kan hy wel wees, dat die wind en die meer hom gehoorsaam?”
[10] Ek sien goed in dat dit baie raadsamer is om tydens `n storm wakker te bly; maar ek sien tot nou toe nog nie heeltemal in waarom U destyds tydens die ergste woede van die storm geslaap het nie!”
[11] Ek sê: “Ek het destyds ten behoewe van julle self geslaap, om julle nog ietwat swak geloof `n bietjie op die proef te stel en dit daardeur te versterk. Bowendien het Ek ook nie vir die herbergier gesê dat dit ook vir My raadsamer sou wees om tydens die storm, wat nou weldra sal losbars, te waak as te slaap nie; want Ek is nie Die Een vir wie My raad as rigsnoer van sy lewe en bestaan moet geld nie, maar Ek gee allerlei advies en lesse alleen ten behoewe van julle mense, sodat julle jul daarvolgens kan rig en in alles volmaak kan word. As Ek dit wil, sou Ek My dus ook nou by die begin van die storm tot die einde daarvan aan die slaap kan oorgee, aangesien Ek die raad nie vir Myself gegee het nie; maar vanweë julle kleinmoedigheid sal ook Ek saam met julle wakker bly.”
[12] Toe Simon Juda dit uit My mond gehoor het, vra hy My verder niks meer nie; want hy en ook al die ander het nou goed begryp wat Ek vir hulle gesê het, en almal wag nou met groot spanning op die uitbreek van die storm.
[13] Die herbergier, wat ondanks My aanwesigheid tog steeds angstiger word, sê vir My: “O Heer en Majesteit, moet ek nie miskien ook vir hulle in my huis wek, wat nou seker al slaap nie?”
[14] Ek sê: “Laat dit maar; want dit is nou voldoende dat ons wakker is! Die storm sal egter self wel die inwoners van hierdie stad wakker roep en hulle uit hulle huise na buite drywe, en ons sal by die geleentheid nog baie te doen kry.”
|
|
|
|
|