Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die besluit van die priesters

88 Hierop begin die spreker, soos wat hy beloof het, baie uitvoerig te vertel wat hy van die kommandant en van My gehoor het, en almal raak reeds tydens die vertel uiters verbaas; en toe die spreker alles wat hy in die herberg gehoor en ook waar hyself met die kommandant en met My oor die gespreek het, dit presies so weergegee het, sê almal: “As dit so is, het ons natuurlik geen ander keuse as om volkome te glo dat die Godsman werklik `n lewende God is, naas wie geen ander wese as God aangeneem en vereer kan word nie. En as ons Sy leer en daardeur ook Sy wil uit die mond van die kommandant hoor of uit die mond van `n ander wat ter sake kundig is, sal ons dit as ons lewenswet maak en streng daarvolgens handel.

[2] Maar met ons godeleer en mites, asook die standbeelde en afbeeldings sal ons vir altyd mee moet wegdoen, en ons sal ook ons kinders in die nuwe leer onderrig; julle priesters sal egter veral daarvoor sorg dat hierdie nuwe leer deur iedereen gehoor, goed begryp en wat die wetlike deel aanbetref, streng in ag geneem word.

[3] Maar nou is dit tyd dat ons almal na die Godsman teruggaan en Hom ons eerste, Hom alleen toekomende en so hoog moontlike verering bring en daarmee ook ons dank vir die onverdiende barmhartigheid wat Hy ons bewys het, deur na ons toe te kom en Hom sigbaar aan ons te laat ken.

[4] Met die voorstel was almal dit volkome eens, hulle verlaat die priesterkasteel, begewe hulle na ons herberg en wil ook dadelik daar binnegaan.

[5] Omdat die kommandant - net soos almal wat hulle in die herberg bevind - alles wat daar in die priesterskasteel bespreek was, van My gehoor het, vra hy My of hulle wat daarheen kom wel binne in die herberg gelaat moes word, waar die ruimte beperk was, of dat `n mens hulle moes duidelik maak dat hulle buite moes wag tot Ek van plan was om na buite te kom.

[6] Maar Ek sê: “Laat hulle almal na My toe kom, wat belas en met allerlei duisternis belaai is, en Ek sal hulle almal verkwik! Voor hulle na My toe sal kom, sal die deur oopgemaak word, en hulle sal in My Die Een vind wat hulle solank vergeefs gesoek het en met al hulle wêreldse wysheid nie kon vind nie. Waar Ek is, is ook ruimte vir iedereen wat My liefhet en My soek.”

[7] Toe die kommandant dit van My hoor, loop hy self na die deur toe en maak dit oop, terwyl die aankomelinge al voor die deur wag en onder mekaar beraadslaag wie van hulle die eerste na binne sou gaan; want toe die besproke geselskap by die herberg aankom, met die voorneme om dadelik na binne te gaan, oorval `n ligte angs hulle, en geeneen van hulle durf as eerste die deur oop te maak nie.

[8] Toe die kommandant egter self die deur oopmaak, buig die aankomelinge voor hom, en die twee priesters vra hom of hulle mag binnekom om My die eer en dank te betuig vir die barmhartigheid, wat Ek ook na hulle in hierdie ou en baie afgeleë stad gekom het en My deur die blinde mense as die een, enige ware God laat herken het.

[9] Die kommandant sê: “Die Heer het welbehae in julle, omdat Hy goed weet watter besluit julle almal in die kasteelsaal geneem het, en daarom kan julle die herberg nou wel binnegaan!”

[10] Na die antwoord van die kommandant, loop almal met diep ontsag die eetsaal binne, buig baie diep voor My, en die twee priesters hou `n welgeformuleerde toespraak tot My en beëindig dit met die dank, waarvan hulle meen dat hulle My dit verskuldig was en wat hulle My alles wil bring.

[11] Toe hulle klaar was met hulle toespraak staan Ek op, seën hulle en sê: “Heil julle iedereen wat na My toe kom en My herken, soos wat julle nou gedoen het! Want wie My herken, het reeds die lig daarvoor van My ontvang, sodat hy My kan herken en werklik in My kan glo.

[12] Die lig is by julle nou slegs `n klein vlammetjie in julle siel; eers as julle My leer en daarmee ook My wil ontvang het en daarvolgens handel en lewe, sal julle lig, wat nou nog klein is, tot `n son word, en eers dan sal julle tot die volle waarheid van al die lewe en bestaan kom en in julleself die ewige lewe wek.

[13] Die herbergier hier sal julle die leer gee wat hy van My ontvang het, en sy twee bure en sy personeel sal egte getuies vir julle wees en julle baie dinge vertel wat julle nou nog nie weet nie; eers as julle dit weet, sal julle volledig duidelikheid oor My verkry.

[14] Maar gaan nou aan `n tafel sit en neem ietwat brood en wyn tot julle en versterk julle; daarna sal ons nog `n paar dinge met mekaar bespreek en reël.”

[15] Daarop gaan die heidense priesters met enkele vooraanstaande burgers van hierdie stad aan `n nog onbesette tafel sit; daar word hulle dadelik brood en wyn aangebied en hulle eet en drink baie welgemoed, want hulle het al honger en dors.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205