|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die kommandant vra na die doel van die stryd in die natuur
19 RafaEl sê: “Jy het my wel `n egte belangrike vraag gestel, en ek sou jou dit ook sekerlik kan beantwoord; maar jy is nog lank nie diep genoeg deurdronge in die gebied van die suiwer geestelike nie en sou die volle waarheid oor die dinge nie vat nie.
[2] Maar ek gee jou ten eerste die versekering dat die leerlinge van die Heer lankal volkome onderrig is op daardie gebied, en behalwe hulle ook baie ander mense, Judeërs en heidene, en ten tweede dat ook jy nog tot `n duidelike insig daaroor sal kom. Daar sal hom vandag nog wel `n geleentheid voordoen, waarby jy ook in die opsig die liefde en wysheid van die Heer sal kan loof en prys.
[3] Neem maar van my aan dat die Heer Hom juis na hierdie klein heuwel begewe het, sodat jy by die aanblik van die watervoëls, wat die klein vissies opeet, tevoorskyn sou kom met jou ou bedenkinge oor die liefde, goedheid en wysheid van `n ware God! Jy het daarmee vorendag gekom, soos wat ek ook lankal van tevore geweet het, en daaroor sal jy ook op die korrekte oomblik `n ware lig in hierdie saak gegee word.
[4] Vriend, die lewe is op sigself `n stryd! Wie kan daar as `n goeie en vroom mens na die hoogste, vrye geestelike lewe oorgaan, as hy nie eers met alle erns daarvoor geveg het nie? Maar deur wat moet die mens anders leer veg - as deur die gevare wat hulle aan alle kante omgewe? En dit is deur die Heer op hierdie aarde geplaas en toegelaat, sodat die mens hulle kan herken en net so lank stryd daarteen voer tot hy hulle oorwin het. Maar nou genoeg daaroor; na die oggendmaal sal ons dit verder daaroor hê!”
[5] Toe ons RafaEl dit gesê het, kom `n bode ons meedeel dat die oggendmaal gereedstaan, waarop ons die klein heuwel verlaat en ons na die huis van Ebal begewe om die oggendmaal tot ons te neem.
[6] Na die oggendmaal gaan ons dadelik weer na buite, maar na `n ander, groter heuwel, vanwaar mense nie net die baai van Genésaret nie, maar ook oor `n groot deel van die Meer van Galilea kon oorsien. Op hierdie heuwel het die Romeine `n soort vesting, om van daaruit alles te kan oorsien wat daar op die meer en in die nie onbelangrike baai van Genésaret beweeg en as ongewoon te beskou was. Om die rede was daar ook op hierdie heuwel steeds Romeinse wagte geplaas, wat iemand nie maklik op hierdie punt toegelaat het nie, behalwe wanneer die kommandant self of `n ander bevelvoerende ondergeskikte as leier aanwesig was by `n geselskap wat hierdie heuwel wou besoek.
[7] Aangesien die kommandant nou self met twee van sy onderoffisiere by ons was, het ons ook nie die minste probleem om van hierdie mooi heuwel gebruik te maak nie.
[8] Daar was verskillende oop tente geplaas, voorsien van banke, wat die kommandant onmiddellik vir ons inruim om te gebruik, en ook laat hy nog `n paar nuwe tente vir ons opslaan.
[9] Toe ons vir onsself plek in die tente ingeneem het, heers daar `n tydlank rus, en almal kyk na die taferele aan die oewer en in die baai.
[10] Plotseling sien die kommandant enkele groot adelaars vanaf die hoër berge na die laaggeleë oewers van die meer vlieg en sê: “Daar kom vanaf die hoogte alweer enkele ongenooide gaste, op dieselfde tyd as anders, om aan die oewers van die meer `n goed smakende oggendmaal te haal!
[11] Watervoëls is weliswaar ook roofdiere, wat hulle voed met vis en allerlei ander waterdiere; maar hulle sien vir ons gemoed tog sagmoediger daaruit, en hulle roof en moord van onskuldige waterdiere maak op ons hart en gevoel nie so `n storende indruk as wanneer `n magtige adelaar vanuit die hoogte soos `n pyl op een van die baie watervoëls omlaag skiet, hom met sy kloue gryp en daarna omhoog na een of ander rots dra, hom daar verskeur en sy vlees opeet nie!”
[12] Terwyl die kommandant nog so sy humanistiese beskouinge hou, laat `n adelaar hom in `n rietveld aan die oewer van die meer neerval en gryp daar `n met vis versadigde kropgans, wat natuurlik, omdat hy deur die skerp kloue van die adelaar vasgehou word, in die lug `n groot spektakel maak.
[131 Dit duur nie lank nie of die ander adelaars volg die voorbeeld van die eerste, wat die Romein só boos maak, dat hy na My toe loop en sê: “O Heer en Majesteit, wat U dalk nie gesien of nie wil verhinder nie, dat die vraatsugtige roofvoëls hulle vergryp aan die baie sagmoediger watervoëls op `n manier, wat vir elke mens met `n bietjie gevoel ten hemel skreiend is? Moet dergelike afskuwekkende taferele, wat in die wêreld van die natuur herhaaldelik voorkom, daartoe bydra dat die menslike hart sagmoediger word en aangespoor word tot daadwerklike naasteliefde en barmhartigheid?
[14] Nee, dan bly ek by my ou grondbeginsel, wat ek enkele jare gelede uit die mond van `n ou wyse Griek in Alexandrië gehoor het: “Die hele aarde is `n roofnes en `n tranedal vir die edele mens; want alles wat hy sien en wat hom oorkom is belaai met die ewige vloek van die gode. Dit is niks anders as `n voortdurende ontstaan en tot-`n-ellendig-en-vlugtige-bestaan-kom; en `n wrede dood is steeds die gevolg van die ontstaan! En tog moet die mens, wat die meeste deur sy bestaan gekwel word, `n volledige goeie, edel, menslike lewe lei en die voortdurend vervloekende gode eer? Maar hoe kan hy dit, as hy niks anders as alleen `n wreede woedende gedeelte van die hele natuur om hom heen sien nie? Laat die mens dus ook soos `n leeu, `n tier of `n adelaar word en hulle op sy mede-skepsele wreek - onverskillig of dit mense of diere is- vir die ook oor hom uitgestorte vloek van die gode; laat hy probeer om koning te word en van sy kort lewe tog te geniet, in weerwil van die gode!”
[15] Heer en Majesteit, ek sê nou nie dat die wyse Griek daarmee `n egte en waaragtige beginsel vir die welsyn van die mense onder woorde gebring het nie, aangesien ek by U `n baie ander lewensbeginsel gevind het, waarvolgens ek ook voortaan sal lewe en handel; maar sê U nou Self of die geheel natuurlike mens, veral in `n land waar dit wemel van allerlei roofdiere, as gevolg van sy waarnemings en ervaringe uiteindelik wel tot `n ander grondbeginsel vir die menslike lewe op hierdie aarde kan kom, ook al het hy in aanleg `n goeie gemoed, soos wat dit dikwels nog goed waargeneem kan word by onmondige kinders.
[16] Laat ons net kyk na die lande waar dit wemel van allerlei soorte roofdiere en die mense voortdurend op hulle moet jagmaak, om nie deur hulle opgevreet te word nie! Hoe is die mense self? Hulle is net so woes soos die diere wat hulle omring! Hulle roof en moor, en onder hulle is geen liefde en nog minder egte barmhartigheid te vinde en geen verlange of neiging na `n goed geordende, vreedsame samelewing nie.
[17] Kyk ons daarenteen na `n volk, soos wat ek eens in Armenië aangetref het! In die land van die volk het `n vroeëre, wyse koning alle wilde diere met alle ywer deur baie bekwame jagters soveel moontlik laat uitroei - en ook die adelaars en giere was nie ontsien nie; slegs sagmoedige en nuttige huisdiere mag gehou geword het, en die akkerbou was die vernaamste bedryf van die volk - en ek sê U, o Heer en Majesteit, dat ek nooit `n sagmoediger en vreedsamer volkie op `n kontinent teëgekom het nie!
[18] Oordag en snags kan mense in die land oor alle groot en klein weë reis, sonder dat mens bang hoef te wees om deur `n wilde dier en nog minder deur `n roofsugtige mens aangeval te word. En waar mens ook `n huis binnekom, hoe eenvoudig dit ookal is: `n Mens word daar die allervrienlikste opgeneem en met alle liefde en vriendelikheid versorg met alles wat die mense in daardie huis vir die menslike behoeftes besit.
[19] En aan wie het die volk van die genoemde land die uitstekende, goeie, liewe en sagte ontwikkeling van die gemoed te danke? Aan die wyse koning, wat sy land van alle wilde roofdiere gesuiwer het.
[20] Vir U, o Heer en Majesteit, sou dit nog baie makliker wees om die hele aarde van alle wilde diere te reinig - en sou die mense, nie hoef te veg met leeus, pumas, tiers, hiënas, bere, wolwe, jakkalse en nog ander wilde diere nie, en met `n goeie onderrig, weldra soos die genoemde Armeniërs lyk!”
|
|
|
|
|