Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer getuig oor Homself

125 Toe ons in die huis, en wel in die grootste kamer, plaasgeneem het aan `n tafel, wat heel doelmatig van saamgevoegde klippe gemaak was, gaan die herbergier en enkele van sy bure langs ons sit, en die herbergier sê aan My: “Luister, Vriend, die op wonderbaarlike wyse, werklik alles wetende wysheid is nie van die gewone soort nie, want Jy skyn alles te weet!

[2] Jy is `n Judeër uit Galilea, en ons is almal taamlik goed tuis in die geskrifte en leringe van die Judeërs, soos ek Jou al vroeër uiteengesit het; nou staan daar êrens geskryf dat daar uit Galilea geen profeet sal kom nie, en tog is Jy `n baie groot profeet! Want as Jy dit nie was nie, hoe kon Jy dan geweet het dat my drie oudste seuns na die baie visryke Meer van Galilea vertrek het om vis te vang, en dat hulle teen die aand, vandag dus, met `n ryk vangs sou tuiskom?

[3] En dit klop alles en was waar soos Jy vantevore aangegee het; maar om so-iets geheel volgens waarheid te kon aangee, moet Jy `n groot siener en profeet wees - en Jy is tog `n Galileër, uit die land waar `n profeet nooit sal opstaan nie! Hoe moet ons dit opneem en begryp?”

[4] Ek sê: “Vriend, Ek het wel die meeste tyd in Galilea gewoon, maar tog is Ek nie in Galilea gebore nie, maar in Bethlehem, en Ek is, soos voorgeskryf, op die agtste dag na My geboorte in die tempel in Jerusalem besny. Op grond daarvan sou Ek wel `n profeet kon wees!

[5] Maar tog is Ek geen profeet nie, maar Ek is Die Ene oor wie die profete voorspel het dat Hy sou kom, om almal wat in Hom glo, te verlos van die bande van die ou bedrog, van die nag van die sonde, die oordeel, die hel en haar ewige dood.

[6] Ek is dus die Majesteit en Heer Self en geen dienaar nie; maar tog is Ek nou in hierdie wêreld om alle mense wat `n goeie gesindheid en wil het, met My liefde, wysheid en mag te dien en hulle die ewige lewe te gee. Want waarlik, Ek sê julle: Almal wat in My glo en geheel en al volgens My leer sal leef en handel, sal die dood nie sien, voel of smaak nie, maar na die afval van hulle liggaam sal hulle in één oomblik verander word en by My in die paradys wees, en aan hulle saligheid sal nooit meer `n einde kom nie.

[7] Nou weet jy, My vriend, heel openlik uit My mond wie jy in My in jou huis herberg!

[8] Diegene wat met My saamgekom het, is My leerlinge - behalwe één, wat sy blik na die wêreld rig, hoewel hy goed weet en ook ferm glo wie Ek is en wat Ek alles al geleer en gedoen het. Wat dink jy daarvan?”

[9] Die herbergier sê: “Majesteit en Heer, wat moet, wat kan ek as arm, sondige mens daarop sê? U is die Heer van alle dinge en van ons lewe, wees ons arme sondaars dan ook barmhartig en betoon medelye!

[10] Noudat U ons, onbesnede Judeërs, eenmaal die barmhartigheid bewys het om ons in ons eensaamheid op te soek, hoop ons dat U met U barmhartigheid ook by ons sal bly en ons en ons kinders sal seën!”

[11] Ek sê: “Daaraan sal dit julle nooit ontbreek nie; soos wat julle in die geloof in My en in die liefde vir My bly, sal Ek ook met al My barmhartigheid by julle bly.

[12] En nou, My vriende, sal ons dit oor iets anders hê, en wel oor julle armoedige toestand, wat Ek maar al te goed ken!

[13] Julle het nie brood nie, nóg wyn, en bedien julle in plaas van brood, van julle skaap- en bokmelkkaas en julle gedroogde vis.

[14] Maar Ek sal julle landjie, wat merendeels dor en woes is, in `n vrugbare stuk land verander, en in die toekoms sal julle gars, rog en die mooiste koring oes en goed brood daarvan kan maak; maar vereers sal julle voorraadskure met die genoemde drie graansoorte, en julle voorraadkamers van meer as voldoende brood voorsien word.

[15] Netso kan julle in die toekoms op plekke wat daarvoor geskik is, ook wynstokke plant, dan sal dit vir julle voldoende wyn oplewer.

[16] Maar vul nou julle leë vate en leersakke met skoon water! Dit sal ooreenkomstig My wil wyn word, en dan sal julle daaraan onmiddellik kan sien dat Ek vanweë julle geloof en julle egte liefde vir My met My barmhartigheid, liefde en seën by julle is en ook sal bly. Want Ek het by julle `n geloof aangetref soos nêrens onder die Judeërs nie, waarvan Ek al vroeër gewag gemaak het, nog voordat julle geweet het met wie julle in My te make het. En gaan nou doen wat Ek vir julle gesê het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205