Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kasteel van Melgisédek

59 (Die Heer:) “Maar in hierdie kasteel is ook nog `n groot, van basaltstene gemesselde kelder! Het jy dit nog nooit ontdek en gesien nie?”

[2] Die oue en `n paar van sy byna ewe oud nefies sê: “Ja, daar moes vroeër wel `n kelder vol uitstekende wyn bestaan het, en daar moet ook ander skatte in verborge wees, maar niemand van ons het dit ooit gewaag om hom in die onderaardse ruimte te begewe en daarin tussen allerlei kwaadaardige ongediertes en ander bose magte speurwerk te doen nie, en sodoende ken niemand die egte, korrekte toegang tot die genoemde kelder nie. Waar en hoe kan mense daarin kom? Deur U mag sal ook dit, net soos al die ander, hom nou wel in `n uitstekende toestand bevind?”

[3] Ek sê: “Sekerlik, as julle dit glo; maar aangesien niemand van julle die ingang ken nie, volg My, so sal Ek julle na die kelder bring!”

[4] Daarop volg die oue en nog tien van sy familielede My met `n aangesteekte fakkel van was, wat ons uit die kombuis neem, waar daar baie van in voorraad was, en wat ons ook daar aansteek. Van die genoemde groot kombuis lei `n pilaregang na `n groot poort, wat van `n plaat basalt gemaak was. Ek laat sien hoe die poort baie maklik geopen kon word, en Ek Self open die groot, swaar poort. Toe die poort oop is, word daar dadelik `n breë trap sigbaar, waarlangs mens baie goed in die baie ruim, groot kelder kon kom.

[5] Toe ons in die kelder kom, waaroor hierdie arm Judeërs weer buitengewoon verbaas was, tref ons daar `n groot aantal groot en klein klipvate en `n nog groter hoeveelheid klip, silwer en ook goue drinkgerei aan, waarna die arm Judeërs natuurlik baie verbaas kyk en waarvan hulle nie weet of hierdie dinge ook op wonderbaarlike wyse deur My geskape was of dat dit, wat die uiterlike daarvan laat vermoed, nog uit die oertyd stam nie.

[6] Maar Ek sê vir hulle: “Wat ons hier gevind het, stam alles nog uit die tyd van die groot koning en hoëpriester van Salem. Dit was op aarde sy kasteel wat net soos die berge met hulle dikwels baie wonderbaarlike grotte en gate nie deur mensehande gebou is nie, maar deur dieselfde mag waardeur dit nou weer opnuut opgebou is. Want Ek alleen is die ware Koning van Salem en Hoëpriester Melgisédek in ewigheid!

[7] Maar neem nou die kraffie in die hand en vul dit met wyn, waarvan hom hier in die groot vate `n meer as groot voorraad is!”

[8] Nou neem die arm Judeërs wel vol vreugde die drinkgerei, maar hulle weet nie hoe hulle die wyn uit die groot klipvate moes kry nie, wat met swaar, gladde klipplate volkome hermeties (lugdig) afgesluit was.

[9] Toe toon Ek hulle onderaan die vate, wat met `n stop diggemaak was, `n ietwat uitspringende opening, trek die stop met gemak uit die opening, en onmiddellik stroom daar ryklik `n ou, uitstekende wyn uit in die drinkgerei, wat daaronder gehou word; want die uiters kragtige geur daarvan vertel dadelik aan alle aanwesiges, waar ook die kommandant en een van sy onderoffisiere by was, dat mens hier met `n ou, uitstekende wyn te make het.

[10] Toe alle kanne gevul en dit een na die ander in die groot eetsaal op die tafel geplaas was en hulle die wyn opgedien het, het hulle weer na ons toe gekom, terwyl ons nog in die kelder was, en Ek sê vir die oue: “Kyk, hierdie wyn is weliswaar ook gepers van druiwe wat in die land gegroei het - maar dit is byna net so oud soos hierdie kasteel! Dit is `n tiendewyn, wat deur alle konings, waaroor die koning van Salem geheers het, aan Hom as offer gebring was, en dit moes tot nou bewaar gebly het, sodat Ek nou, as heeltemal dieselfde koning, saam met almal wat in My glo en My volg, van die ou tiendewyn kan drink.

[11] Solank hierdie kasteel in My Naam sal bestaan, sal die wyn ook nie uitgeput raak nie; maar tog sal hierdie kasteel en `n groot gedeelte van hierdie stad driehonderd jaar na My hemelvaart deur die mag van ons teenstanders dermate so verwoes word, dat mense die plek waar julle nou staan nie meer sal herken nie. Maar dit is nie belangrik nie; want Ek bou nou `n nuwe kasteel vir Myself in die harte wat, wanneer dit eenmaal stewig gevestig is, nooit meer vernietig sal kan word nie.

[12] Hierdie ou gedenktekens sal ook heeltemal verdwyn, sodat die mense geen afgodery daarmee sal kan bedrywe nie. Maar tot byna driehonderd jaar na My hemelvaart sal die kasteel nog daar staan en sal hierdie wyn nie uitgeput raak nie, en dit sal vir hulle, wat uit Jerusalem vlug, as onderdak dien en die wyn om hulle te versterk.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205