|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 200
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
`n Bewys van die mag van RafaEl
200 Hierop sê die opperstadsregter: “Luister, my buitengewoon, hemelse wyse vriend, deur jou verklaring het dit nou vir my so duidelik geword, dat ek my hele lewe lank verder geen vrae meer daaroor sal hê nie; en aan jou wysheid, wat gelyk is aan die wysheid van die Heer, sien ek ook dat jy alles kan wat die Heer self kan! Jou hulp sal my daarom, as die Heer dit toelaat, buitengewoon goed van pas kom by elke taak van my in Sy Naam.”
[2] Hierop vra Ek aan die opperstadsregter: “Wel nou, My beste vriend, hoe geval My hemelse dienaar jou?”
[3] Die opperstadsregter sê: “Majesteit en Heer, hy praat presies soos wat U self uit hom sou kon spreek, en daaraan herken ek baie duidelik dat hy `n hoë dienaar van U eindelose goddelike Heerlikheid en Majesteit moet wees. Ek glo ook sonder twyfel dat hy deur U wysheid en U wil alles tot stand kan bring wat Uself kan bewerkstellig en tot stand kan bring - dit wil sê: Te oordeel aan my menslike wysheid; maar dat U wysheid en U wil gereelder nog eindeloos veel dieper en verder om hulle heen sal gryp as selfs die mees verligte verstand van al U engelegeeste kan sien en begryp, daarvan is ek volkome oortuig!”
[4] Ek sê: “My beste vriend, dit het jou vlees jou nie ingegee nie, maar jou gees uit My van die anderkant; streef dus daarna om My wil ook jou eie te maak, soos wat jy die wil van die keiser jou eie gemaak het, dan sal jy weldra en maklik steeds meer volkome één word met jou gees uit My van die anderkant, wat My Liefde, Wysheid en Mag is, en dan sal jy ook so kan werk soos hierdie engelegees - wat “RafaEl” heet! Jy het nou natuurlik nog nie die flouste idee van wat hy alles tot stand kan bring nie; maar enkele bewyse sal jou meer duidelikheid daaroor gee.
[5] Vra nou aan hom - maar in redelikheid - om voor julle aller oë `n teken te doen, om julle almal `n besef te gee van waartoe My mag en My wil deur hom in staat is, dan sal hy nie aarsel om vir jou en julle almal daarmee van diens te wees nie!”
[6] Daarop sê die opperstadsregter: “O Majesteit en Heer, ek vind myself te midde van julle nou opeens so dom en onnosel, dat ek nou werklik nie weet watter redelike teken ek van hom moet vra nie! Dit sou daarom beter wees as U, o Majesteit en Heer, so barmhartig wil wees om hom Self te sê wat hy moet doen om ons ons voorstelling oor sy mag te verhelder!”
[7] Daarop sê Ek: “O nee, My vriend, dit is nie nodig nie; want My RafaEl is immers vervul van alles wat Ek wil en wens! Maar Ek trek My spesiale wil en My mag terug, omdat hy self vanuit sy rykdom uit My, wat hy sy eie gemaak het, kan werk en wil as hy maar wil, omdat jy daardeur eers goed sal sien wat My ryk in alle engele en ook in die mense geheel vry, as te ware selfstandig uit hulleself, kan bewerkstellig, sonder dat Ek al My tallose engelegeeste en ook die mense op hierdie aarde aan die leiband van My almagtige wil hoef te lei; kies dus in vryheid iets wat jy goeddunk en sê dit aan hom, dan sal hy onmiddellik uitvoer wat jy wil!”
[8] Nou swyg die opperstadsregter `n wyle, vryf met sy een hand oor sy voorhoof en krap hom met sy ander `n bietjie agter sy oor, omdat hy nog nie goed kan besluit watter egte, redelike versoek hy teenoor My en RafaEl na vore moes bring nie. Ten slotte moes hy weer daaraan dink wat Ek hom belowe het - nog in die huis van die herbergier - dat hierdie grasveldagtige streek, wat arm was aan alles, groen sou word en veel gras, graan, vrugtebome en selfs die wynstok sou voortbring, en dit lê hy presies so aan RafaEl voor.
[9] RafaEl klop hom vriendelik op die skouer en sê: “My beste vriend en broer, daarmee het jy werklik iets heel verstandig van my verlang, en aan jou verlange sal ook onmiddellik voldoen word!”
[10] Daarop sê die opperstadsregter, wat nie sy blik van RafaEl kan afwend nie: “Nee, nee, my beste hemelse vriend, dit hoef nie onmiddellik te gebeur nie; ek sal al tevrede wees as dit so geleidelik aan gebeur met die medewerking van ons armsalige menslike vlyt.”
[11] Daarop sê RafaEl: “Beste vriend en broer, het jy nooit gehoor dat iemand van wie iets gevra word, twee keer soveel en nog meer gee as hy dit onmiddellik gee, as wanneer hy dit wat van hom gevra is, eers stukkie vir stukkie skenk, na gelang hy die tyd en geleentheid kry nie?”
[12] Die opperstadsregter sê: “Dit is natuurlik wel waar, en ons Romeine het in ons burgerlike wet ook `n soortgelyke uitspraak, maar dit word nie altyd so ten uitvoer gebring nie.”
[13] Daarop sê RafaEl: “Beste vriend en broer, dit is by die burgers van hierdie wêreld wel gebruiklik, omdat julle wil en die krag om dit ten uitvoer te bring, nog met baie swakhede behep is; maar vir ons, burgers van die hemel van die Heer, is dit nie meer die geval nie, maar wat ons wens en wil, is al op dieselfde oomblik daar en so volmaak as wat maar moontlik is. Staan nou op en bekyk hierdie streek `n bietjie, dan sal jy volkome oortuig raak van die waarheid van wat ek nou vir jou gesê het!”
|
|
|
|
|