Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Waarom uiterlike vorms vernietig moet word

111 (Die Heer:) “As mens egter selfs met die helderste lig van die waarheid niks kan uitrig nie, met watter ander middel sou mens dergelike mense dan kan bekeer sonder om hulle vrye wil met die almag gevange te neem - wat nie anders kan gebeur as deur so `n mens sy geheel verkeerde, boosaardige eieliefde volkome te ontneem nie. Maar om iemand se liefde te ontneem, sou dieselfde beteken as om die hele mens geheel en al te dood en te vernietig. Maar dit is nie die bedoeling volgens die ewige en onveranderlike orde nie, omdat alles, van die kleinste tot die grootste - of dit volgens julle menslike verstand nou goed of sleg is - ewemin vernietig kan word as God, die oerewige krag en mag, en Sy liefde en wysheid Self, van waaruit alles sy bestaan het.

[2] Oorgang van die onvolmaakte na die volmaakte is baie goed moontlik, omdat God daardeur - op menslike wyse gespreek - Sy groot gedagtes en idees vrye selfstandigheid wil verskaf; die oorgang is egter geen vernietiging nie, maar slegs skynbare vernietiging op die mees uiterlike, natuurlike gebied. Slegs die materiële vorme, waarin die geestelike lewenskrag `n tydlank in `n sekere sin afgesonder en geskei van die algemene, goddelike, geestelike wese sluimerend en verborge is, kan vernietig word, maar hulle innerlike wese nooit.

[3] Hierdie uiterlike vorme moet daarom, wat hulle uiterlike verskyningsvorm betref, vernietig kan word, omdat anders `n geestelike vervolmaking, dit wil sê, die tot `n vry, selfstandige individu word van `n wese, volkome onmoontlik sou wees. Want vir julle mense, wat nou ook nog in `n laaste materiële vorm sit, is die sigbare en waarneembare geskapene immers ook niks anders as die, deur My wil tydelik vasgehoue gedagtes en idees wat Ek, as dit nodig is, kan verander soos wat en wanneer Ek dit ooreenkomstig My liefde en wysheid wil?

[4] Ek doen dit egter nie uit `n soort gril, om Myself daardeur op menslike wyse `n seker heerssugtige genot te verskaf nie, maar Ek doen dit ooreenkomstig My ewige wyse en liefdevolle orde uit die ewige noodsaak om My gedagtes en idees `n volledige vrye, individuele en werklik ware selfstandigheid te verskaf. As dit langs `n ander weg moontlik sou wees - wat daar egter nie is en ook nie kan wees nie, wat julle nou uiteindelik nog nie heeltemal kan insien en begryp nie - dan sou Ek sekerlik `n voorkeur daaraan gegee het bo hierdie weg, wat julle as te langdurend en in `n sekere sin moeisaam beskou; maar die weg wat julle ken, is en bly die enigste moontlike, en derhalwe ook die enigste ware en beste, omdat alleen daarlangs My doel volkome bereik kan word.

[5] As die mense nou op hierdie aarde hulle hierdie orde van My nie wil laat welgeval en aan die hand van hulle verstand en vrye wil `n ander en volgens julle mening beter en wyser orde vir hulleself wil skep - wat sowel aan hierdie as aan die ander kant baie dikwels die geval is - moet hulle dit aan hulle self toeskryf, wanneer hulle daardeur, in plaas van in `n beter, in `n steeds maar slegter toestand van lewe en bestaan beland en ten slotte soseer verdwaal en uitgeput raak, dat hulle - helaas - op geen enkele ander manier gehelp kan word nie, as deur die voel van alle denkbare kwellende toestande, wat hulle aan hulleself besorg het; en dergelike gevoelens duur net so lank, tot `n siel in haar self begin te kere gaan en steeds meer insien dat sy, deur haar teen My orde te verset, noodsaaklikerwys haar toestand nooit sal verbeter nie, maar net versleg.

[6] Kyk, My vriend Pellagius, so `n uit vrye wil volgehoue wederstrewigheid teen My orde, is die eintlike hel met al haar duisternis, kwaad, slegtigheid en onbeskryflike kwellinge!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205