|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 158
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die geskiedenis van die basaltstad en haar omgewing
158 Toe hy ten slotte ook wil beweer dat die heuwel waar ons op staan die berg Nebo was, waar Moses se aardse lewe beëindig was, sê Ek aan hom: “Vriend, nou gaan jy tog bietjie te ver met jou kennis van hierdie streek; want die omgewing van die berg Nebo, van waaruit mens ook die newelige omgewing van Jerigo heeltemal kan besigtig, lê nog `n kort dagreis verder na die suide. Maar aangesien jy so goed tuis is in hierdie omgewing, kan jy My miskien sê wie die bouer van hierdie swart basaltstad is waar jy woon! Weet jy hoe dit heet?”
[2] Die herbergier sê: “Majesteit en Heer, in die geskiedenis is ek sleg tuis; maar as ek my nie vergis nie, het die Gadiete hierdie stad gebou! Want mense sê dat die land vanaf daar verder na die noorde aan die stam Gad behoort het, en verder na die suide, saam met `n gedeelte van die gelukkige Arabië tot aan die rivier die Eufraat moes alles aan die stam Ruben behoort het. Die grense van hierdie twee lande skyn in die bose tyd van die konings egter sterk verskuif te wees, en teenswoordig weet mens nie meer presies tot hoe ver die stam Ruben en tot hoe ver die stam Gad die land in besit gehad het nie. Ons beskou hierdie stad van ons nog as `n werk van dié stam.”
[3] Ek sê: “My beste vriend, dan het jy jou byna duisend jaar vergis, want die bouer van hierdie stad, asook van nog verskeie ander stede was Edon, wat nog vóór Abraham geleef het en het hierdie stukke land besit, met nog `n aansienlike deel van die gelukkige Arabië tot aan die Eufraat en saam met `n groot gedeelte van die huidige Sirië tot ver verby Damaskus; derhalwe is hierdie stad, saam met verskillende ander stede, deur Edon en sy nakomelinge gebou en is daarom nie veel jonger in jare as Babilon nie.
[4] Kyk, My beste vriend, ons staan nou op die heuwel waar Abraham en Edon gestaan het, terwyl hulle God in die geloof van hulle hart `n offer gebring het en die grense van hul lande vasgestel het. Alles in `n westelike rigting het, sover die oog reik, aan Abraham behoort, en die land in `n oostelike rigting tot aan die Eufraat het aan Edon en sy nakomelinge behoort, wat hulle later vir die grootste deel met die nakomelinge van Abraham verenig het. Kyk, nou weet jy wie die bouer van hierdie swart stede was, wat so stewig gebou was, dat mens hulle oor meer as duisend jaar, gereken vanaf nou, die alles vernietigende tand van tyd nie eg duidelik sal aansien nie.
[5] Die bevolking sal egter met verloop van tyd sterk afneem en baie arm wees; want nou is die land nog vrugbaar, maar dan sal dit `n woestyn word, en agterlike herdersvolke sal daar alleen in die nat wintertyd skaars voer vir hul maer kudde aantref en nie te kieskeurig wees om `n tyd lank nou eers in die een, dan weer in `n ander van hierdie vele stede te woon nie.
[6] En tog sal hierdie nou al baie woeste streek tot aan die Eufraat weer groen word en dan `n geseënde plek wees om te woon vir die mense wat in My Naam van goeie wil is!”
[7] Daarop sê die herbergier: “Ja, Majesteit en Heer! Dieselfde voorspelling het ek ook by die profeet Jesaja gelees! Maar wanneer sal die tyd kom? Daaroor staan niks by die profeet nie! Kan U, o Majesteit en Heer, my `n presieser tyd aangee?”
[8] Ek sê: “Die jaar, die dag en die uur nie - want dit is afhanklik van die doen en late van die mense, naamlik wanneer hulle hul weer van hul wêreldse konings sal losmaak en hul netsoos in die tyd van Moses en die Rigters onder My heerskappy sal skaar; maar tog sê Ek vir jou met sekerheid, dat daar tot dan toe nie veel meer as twee duisend jaar sal verstryk nie.
[9] Maar in die, nou nog baie woeste wêrelddeel, wat julle Europa noem en waarvan die volkere nou oor julle heers, sal die gelukkige toestand vroeër optree; want in die ou wêrelddeel is nog `n groot aantal – wel te verstaan - baie harde klippe, wat nie so vinnig en maklik in vrugbare land te verander is nie. Die harde klippe kom egter ooreen met die egte harde harte van die mense, wat eweneens moeilik in vrugbare akkers vir die opneem van My woord verander kan word.
[10] Ek sê vir jou: Eerder as wat `n tiende deel van die mense van die ou groot wêrelddeel hulle in die volle seën van My leer sal bevind, sal die slegste deel van Europa in My leer geseënder wees as in die ou wêrelddeel die kleinste en beste deel; want daar sal nog baie vuur nodig wees voordat die baie mense van dié wêrelddeel die invloed van die strale van My lewenson sal ondervind wat hulle tot die ewige lewe sal verwarm.”
[11] Die herbergier sê: “O Heer, dan lyk dit nog baie treurig vir ons! Daarom het die profeet natuurlik niks met sekerheid kon aangee oor die tyd wanneer die gelukkige toestand sal terugkeer nie?”
[12] Ek sê: “Ja, ja, My beste vriend, kyk, daar in die baie verre ooste gaan die son veel vroeër op as in die verafgeleë weste; daarom word dit daar, waar die son veel vroeër opgaan, ook veel vroeër nag, en die bly dan so lank tot die son weer opgaan. Dit is `n vir jou verstaanbare, slegs natuurlike beeld - maar daaragter skuil ook die geestelike.
[13] In My het die geestelike son vir julle ook die eerste en die vroegste opgegaan; maar daarom sal hy vir julle ook die eerste ondergaan. As hy egter weer opgaan, sal hy vir julle nie vanuit die weste opkom nie, maar opnuut vanuit `n baie ver hiervandaan geleë ooste; want by My gebeur alles in `n bepaalde orde, en daar gebeur niks in stryd met die orde nie, nóg materieel, nóg geestelik.
[14] Nou begryp jy hierdie dinge nog nie, maar weldra sal die tyd kom dat jy dit sal begryp.”
|
|
|
|
|