Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die voorspelling van die Heer aan Barnabas

167 Na hierdie taamlike lang verontskuldiging van die fariseër, wat Barnabas heet, sê Ek: “Jou verontskuldiging en jou bekentenis van die oomblik neem Ek as geldig aan en Ek vergeef jou al jou sondes; en wie se sondes Ek vergeef, is werklik vergewe, sowel in die hemel as op aarde.

[2] Jy sal nog eens `n goeie arbeider in My wingerd vir My word, en jy sal in My Naam nog veel te deurstane kry. Maar as dit, wat Ek jou nou vooraf gesê het, jou oorkom, sal jy wel hieraan dink; maar bly sonder vrees, want Ek sal jou nie alleen laat nie!

[3] In hierdie dae moet die hemelryk egter groot geweld aangedoen word; wie dit nie met geweld na hulle toe trek nie, sal dit nie in besit neem nie.

[4] Die tyd is nog maar kort, waar Ek My, soos nou, onder die mense in hierdie wêreld sal bevind en onder hulle sal werk; daarna sal Ek op `n, vir hierdie wêreld uiters onaangename en treurige wyse verheerlik word, en dan sal Ek eers vir almal wat in My glo, `n ewige lewensryk vestig, waarin Ek sal woon en almal by My sal wees waar Ek is.

[5] Neem van My aan dat wie in My glo, volgens My leer leef en My bo alles liefhet en sy medemens soos hulleself, reeds in die lewe die ewige lewe sal ontvang en nooit meer sal sterf nie, al sou hy ook - as dit moontlik sou wees - wat sy liggaam betref, honderd keer sterf; want netsoos Ek voortdurend uit eie mag en krag sal leef, al word die aardse liggaam My ook afgeneem, sal sy siel met My Gees in haar voortdurend leef, meer as salig wees en met My in ewigheid heers!

[6] Met hierdie belofte van My was almal tevrede, en toe glo hulle.

[7] Omdat dit al aand geword het, vra die herbergier My of dit nie al tyd was om `n behoorlike aandete voor te berei nie.

[8] Ek sê: “Die aandete wat My die liefste is, is dit, waarby Ek al hierdie mense uit My stam, wat verlore was, weer gevind en gewin het; maar vra die ander wat hulle wil eet!”

[9] Barnabas staan op en sê: “O Majesteit en Heer, ook vir ons bestaan die beste aandete uit die feit dat U na ons toe gekom en ons U herken het as die Een wat U is! Origens het ons genoeg brood en wyn. Watter ander liggaamlike voedsel het ons dan nog nodig?”

[10] Tog sê Ek aan die herbergier: “Gaan maar na jou voorraadkamer en kyk wat julle daar aantref, wat deur ons Judeërs geëet kan word! Laat dit goed voorberei, en sit dit dan vir ons op tafel!”

[11] Die herbergier gaan die kamer uit en tref op `n groot tafel, wat daar vir die berei van spyse reggesit was, `n groot hoeveelheid reeds oogesnyde en skoongemaakte vis aan, waardeur hy, sy vrou en sy kinders van louter verbasing hulle hande inmekaar slaan.

[12] Die herbergier kom onmiddellik vol blydskap weer na ons toe terug en sê: “My beste menere - gaste, `n derde wonder! Julle weet hoe moeilik daar in hierdie streek vis te kry is, en kyk, die groot tafel in die voorraadkamer, waarop ons die voedsel voorberei, lê so vol met heel vars, maar reeds skoongemaakte, edele visse, dat ons almal vir drie dae meer as genoeg daarvan sal hê; hulle hoef maar net toeberei te word - waartoe ek al opdrag gegee het - en dan sal ons versadig word met `n baie seldsame spys.”

[13] Toe sê Barnabas en Dismas: “By God is alle dinge moontlik, en ons verwonder ons nou gladnie meer nie, aangesien ons Hom in ons midde het, vir wie geen enkele ding onmoontlik is nie. Want die Een wat alle seë, mere en riviere met allerlei visse en ander diere kan bevolk, kan ook uit Homself oral soveel visse te voorskyn roep as wat Hy maar wil; en ons bely nou dat in hierdie mens Jesus uit Nasaret in Galilea, die volheid van die Godheid liggaamlik woon! En wie anders glo, staan nog ver van die waarheid af!”

[14] Ek sê: “Bly by daardie geloof en laat julle in jul innerlike deur niemand mislei nie; want deur daardie geloof in My sal julle geregverdig voor My staan en sal Ek julle die ewige lewe gee en julle op die jongste dag opwek!”

[15] Met hierdie woorde van My was hulle tevrede.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205