Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ontstaan van die afgodedom

192 Ek sê: “Die oerbewoners van Egipte, wat nakomelinge van Noag was, het ook die kennis van die een, enig ware God na die land gebring en het die enig ware God meer as sewehonderd jaar lank vereer, en daar bestaan nog `n tempel wat uit `n groot granietrots gekap is, wat vier opeenvolgende leiers van die herders gebou het om die enig ware God te vereer.

[2] Heeltemal agter in hierdie tempel het mens `n belangrike opskrif in die klipwand gebeitel, en wel met die volgende paar woorde: Ja bu sim bil - wat soveel beteken as “Ek was, is en sal wees!”

[3] Volgens hierdie opvatting van die Godheid het die oerbewoners die een en enige egte ware God vereer, netsoos Abraham in die land, en die gees van God was met hulle en het hulle groot dinge geleer.

[4] Later begin hierdie, deur die Gees van God geleerde oer­bewoners, egter dieper oor die wese van die Godheid na te dink, en wel des te dieper namate hulle meer vertroud raak met die kragte van die natuur.

[5] Elke krag wat hulle ken word as `n spesifieke eienskap van die een oerkrag in die Godheid weergegee. Om die volk makliker daarin te onderrig, begin mense hierdie uit die een Godheid vloeiende kragte deur middel van ooreenstemmende beelde aanskouliker te maak vir die volk, en die mense sê daarom ook aan die volk, dat ieder van die kragte eweneens gewyd en goddelike verering waardig was, omdat hy van die een en enig ware God uitgaan.

[6] Mense stel leraars aan en rig ook skole op, en daar word aanvanklik op die skole weliswaar oor die Hoof-oergod geleer, maar daarna gaan die leer die aksent lê op die spesifieke uitstromings van die goddelike krag; daarna word daar baie gou vir elke krag weer eie leraars en skole opgerig, wat elke leerling eers moes deurloop, voor hy na die aflê van eksamens op die hoofskool aangeneem word.

[7] Mettertyd word hierdie leraars priesters van die afsonderlike goddelike kragte of eienskappe, en elke priester kan sodoende optimaal instaan vir wat hy moes leer.

[8] Toe die volk met verloop van tyd egter sterk in aantal toeneem, word die skole, waarvan daar aanvanklik maar `n paar was, te min. Mense bou toe meer skole en tempels, en voorsien die tempels van die daarby behorende beelde van die goddelike krag; mense ontdek ook voortdurend nog meer afsonderlike uit die een Godheid vloeiende kragte, rig eweneens weer kleiner skole daarvoor op en voorsien die tempels van nuwe, weer daarby behorende godhede, wat ooreenstemmende afbeeldings van kragte uit die een, enig ware Godheid was. Ten slotte stel mense vir die leraars en priesters verstaanbare leringe op, waarvolgens dit voldoende was om slegs één so `n krag, wat in `n tempel voorgestel word, as goddelik te erken en te vereer; want daardeur sou mens ook die Hoof-oergod in al Sy afsonderlike uitstromings van krag en werksaamheid erken en vereer.

[9] Sodoende bly die eintlike, belangrikste kennis van die enig ware Godheid alleen nog onder die steeds traer en heerssugtiger wordende priesters bestaan. Die volk word egter, na gelang die werk wat verrig word, maar net verplig tot die erkenning en verering van die vele afsonderlike kraguitstromings van die een Godheid, en slegs weiniges word dit meer toegestaan om hulle in die hoë skole in die dieper geheime te laat inwy.

[10] Daar kom ook van alle kante vreemdelinge na Egipte, wat wens om in die wysheid van die Egiptenare ingewy te word. Maar die Egiptenare, dit wil sê die priesters, voer hulle wel van tempel na tempel en van skool na skool, maar leer hulle maar net via die afbeeldings in die tempels, welke afbeeldings verwant was aan die een Hoofgod. Die vreemdelinge neem, behalwe enkele leringe, ook die vele beelde saam na hulle eie lande, wat hulle vir geld kon koop, en bou ook tempels en skole daarvoor, waar hulle leraars en priesters aanstel.

[11] En kyk, so ontstaan die afgodedom en die beeldeverering toe, en die mense word tot die geloof gebring dat hulle alles gedoen het, wanneer hulle alleen maar één of ook verskillende beelde, wat hulle in die tempels neersit, werklik vereer en hulle volgens vermoë vlytig offers bring!

[12] Die een en enig ware Godheid het mens met `n sekere vrees en skroom vereer as die onverbiddelike noodlot, en die Grieke het vir die noodlot selfs `n tempel gebou, en wel met die benaming: “Gewyd aan die enige aan alle mense onbekende god”. In die tempel was dan ook geen enkele beeld geplaas nie, maar net `n sirkel, wat met die “sluier van Isis” bedek was, waaragter niemand kon en mog kyk nie.

[13] Daarmee het jy nou in hierdie paar woorde van My `n volledige uitleg oor die agtergrond van die vele heidense afgodebeelde.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205