Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer genees die siek vrou en die twee dogters van die herbergier

71 Nadat ons onsself voldoende met brood en wyn verkwik het en ons herbergier spraaksamer geword het, wend hy hom tot My en sê: “U blyk my onteenseglik die Heer te wees, by wie - volgens die woorde van ons kommandant en gebieder - ek en my hele huis ons heil sal vind wat ook vir altyd sal hou en bewaar. Hoe sal dit gebeur? U lyk vir my, volgens U kleding, `n Galileër te wees; hoe en waarin is U `n Heer?”

[12] Ek sê: “Laat jou siek vrou nou hierheen bring en ook beide jou sieklike dogters, en Ek sal hulle op dieselfde manier genees soos wat Ek die dogter van die kommandant genees het, wat hier aan sy sy sit. En as Ek jou vrou en dogters nie genees nie, sal geen enkele arts op die hele wêreld hulle genees nie! Handel dus ooreenkomstig My woorde, en jy sal die krag en heerlikheid van God in die mens, wat Ek is, aanskou!”

[3] Die herbergier sê: “Ek is weliswaar `n streng gelowige Judeër en hou my aan die wet; maar eerlik gesê het ek in die eintlike geloof wel ietwat swak geword, en wel om twee redes. Ten eerste het ons profete allerlei dinge voorspel tot die voordeel van die Judeërs en ook `n Messias, wat met groot mag en heerlikheid sal kom en ons vervalle en verwoeste ryk vir alle tye der tye weer sal oprig! Maar tot nou toe het daar van al die voorspellings maar bitter weinig uitgekom - en as daar iets uitgekom het, het seker net die ergste uitgekom, en die goeie sal wel tot die einde van die tye op hom laat wag! En by sulke, op ervaring berustende, uiterste omstandighede is dit wel moeilik om sterk in die geloof te bly.

[4] Ten tweede moet ons Judeërs onder die heidene lewe en met hulle omgaan, en hulle het meestal geen enkele geloof nie en lag ons uit, as ons met hulle oor ons enige ware en enige God begin te praat; want hierdie heidene is van die merendeels wêreldse wyses, glo nie in hulle gode en ewemin in die onsterflikheid van die siel, en met handige welsprekendheid toon hulle die nietigheid van alle ou geloofsake aan. By hulle bestaan daar geen God nie, maar alleen allerlei kragte in die natuur. Hulle skep aan één stuk deur, volgens bepaalde aan hulle ten grondslag liggende wette, en vernietig na `n kort of langer tyd weer wat hulle geskape het.

[5] So sien U, beste Heer, dat dit met ons geloof erg aan die grens sit; maar hierdie keer wil ek tog vas glo dat U my vrou en my twee dogters sal genees, en my siek vrou moet saam met my dogters onmiddellik hierheen gebring word!”

[6] Hierop bring die dienare van die herbergier weldra die vrou in haar bed na My toe in die eetsaal, en die twee dogters kom self, begelei deur die herbergier, wat hulle vlak langs My plaas en vir hulle drie sê: “Kyk, dit is die Heer en Leraar wat julle op `n wonderbaarlike en vir ons onbegryplike manier sal genees; glo dit, en vra Hom daarvoor!”

[7] Die vrou en die dogters doen dit op `n ontroerende wyse, en daarop sê Ek: “Julle geloof help julle, en Ek wil dit! Staan dus op en wandel!”

[8] Op dieselfde oomblik voel die vrou en ook haar twee dogters dat hulle volkome gesond en sterk was, en die vrou verlaat haar bed, probeer loop en voel in geen enkele liggaamsdeel enige pyn en ewemin enige swakheid nie; ook beide dogters doen dit en voel dieselfde as hulle moeder.

[9] Alle drie kom ook onmiddellik na My toe en bedank My van ganser harte vir hulle genesing, wat ook die herbergier doen, wat hom buitengewoon verwonder oor hierdie wonderlike manier van genesing.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205