Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die liefde van die Heer vir die Judese volk

187 Ek sê: “My vriend, nou spreek en oordeel jy nog soos `n blinde! Die Judeërs was weliswaar die uitverkore volk van God - maar het hulle hulleself ook daarna gedra om diegene te wees en te bly, waartoe hulle sedert die tyd van Abraham geroep was? Hulle het hul uiterlik wel op `n heel dorre manier aan die wet gehou en God met hul lippe geprys, maar hul harte het verstok gebly en was ver van God.

[2] Hulle is deur die mond van vele profete en ander wyse leraars tallose kere vermaan oor hoe hulle hulleself teenoor God moes gedra; maar het hulle ook maar enigsins na die vermanings gehandel?

[3] Hulle was onderling voortdurend in stryd gewikkel en voer oorlog oor die besit van aardse goedere. Eenmaal het Ek hulle daarvoor bestraf met die Babiloniese gevangenskap, en wel deur die swaard van die heidense koning Nebukadnesar, en Ek het hulle daar veertig volle jare in alle smaad en nood gelaat, sodat hulle hul lewe sou verbeter; maar tog het Ek hulle nie sonder profete en leraars gelaat nie.

[4] Toe hulle hul lewe weer begin te verbeter, het Ek weer toegelaat dat hulle na hul land mag terugkeer en die stad Jerusalem en die tempel weer opbou, en hulle het weer `n volk geword wat aansien gehad het.

[5] Slegs toe dit weer met hulle goed gegaan het, het hulle My geleidelik aan weer vergeet, luister nie na die profete en leraars nie, maar vervolg hulle en stenig verskeie van hulle.

[6] Toe Ek sien dat die Judese volk opnuut geen ag meer begin te slaan op My vermanings nie, wek Ek die Romeine op; die kom met `n magtige oorlogsleër, verower nie net die Beloofde Land nie, maar nog veel meer van Asië, en stel hardvogtige leenvorste oor die Judeërs en ook vir ander volkere aan, maar laat hulle tog hul geskrifte en godsdiens hou.

[7] Nou het Ek ten slotte Self gekom, het herhaalde male na Jerusalem gegaan, het in die tempel geleer en het die volk soos `n Vader, soos `n hen haar kuikens, onder die vleuels van My liefde, mag en wysheid in beskerming wou neem. Wat het My verskyning, My leer en My dade tot nou toe alleen bewerkstellig? Niks anders as dat mense My van dag tot dag meer haat, in alle rigtings vervolg en My in volle erns, wat My liggaam betref, probeer dood te maak - waarmee die Judeërs binnekort ook sal slaag, omdat die oordeel, wat dreigend deur die Skrif teen hulle voorgehou word, in vervulling sal gaan.

[8] Die ou Verbond sal ophou om te bestaan, soos ook die profeet Daniël reeds voorspel het, en daar sal `n nuwe Verbond gesluit word, waarbinne ook alle heidene erfgename en besitters van die ryk van God sal word. Want die Romeine het die Beloofde Land al `n keer verower, maar niks daarin verwoes nie; `n kort tyd na My sal die Romeine dit opnuut verower en dit dan sodanig verwoes, dat van die vele stede - Jerusalem nie uitgesonder nie - nie één steen op die ander sal bly nie, en `n kort tyd daarna sal mens nie eers meer kan vasstel op welke plek die een of die ander stad gestaan het nie.

[9] As Ek dan nou hier gesê het dat die lig van die Judeërs weggeneem en aan die heidene gegee sal word - is Ek dan onregverdig? Of gaan jy maar alle Judeërs vir My bekeer, sodat hulle in My sal glo, dan sal Ek die laaste oordeel vir hulle teenhou, die ou Verbond hernu en dit ook voortaan tot aan die einde van die tye staande hou.

[10] Maar pas op hoe dit met jou by die onderneming sal gaan! Ek sê vir jou: Nog veel erger as dit met jou leraar Johannes gegaan het, wat in die woestyn boete gepredik het tot vergifnis van sondes, maar spoedig daarna deur Herodus in die gevangenis gegooi was, wat hom naderhand op versoek van die owerspelige vrou Herodias laat onthoof het.

[11] Dink jy dat dit met jou beter sou gaan, as jy nou in My Naam die hoë en trotse Judeërs van hul sondes sou gaan bekeer en hulle hul tallose sondes sou voorhou?

[12] As jy met ook maar `n vonkie lig in jou verstand hierna kyk, sal jy tog goed insien dat die maat van die sondes van die volk vol geword het, soos ook die maat van die sondes van die Hanogiete ten tye van Noag vol geword het, waarna die sondvloed vervolgens gekom het, wat alle vyande van God verswelg het.

[13] Of is die Judeërs in Jerusalem nou dalk vriende van God, as hulle in niks anders sin het as om My, God, hul Heer en Vader, gevange te neem en te dood? Sou mens so `n volk nog verder moet laat bestaan?

[14] Kyk, dit gaan nie, terwille van die vele ander uitverkorenes nie; daarom sal Ek die tyd tot by die ondergang van Jerusalem en die bevolking daarvan dan ook sterk verkort en die oordeel laat kom!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205