|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 208
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die wonderbare spysiging in die herberg
208 Die lam word in ewe veel stukke verdeel as wat daar gaste aan tafel sit, en vanselfsprekend val die stukke bietjie klein uit.
[2] Die herbergier merk dit self en vra aan My: “Majesteit en Heer, die een lam is kennelik te min vir die groot aantal gaste! Wat dink U daarvan as ek inderhaas nog twee of drie lammers laat voorberei? Want soos ek opgemerk het, is daardie een lam alleen nouliks vir ons wonderbaarlike gas RafaEl voldoende!”
[3] Ek sê: “Dit sal wel goed wees; want soos My leerlinge goed weet, het Ek al eens met baie min brode en nog minder visse enkele duisende mense sodanig versadig, dat hulle almal meer as genoeg gehad het en daar na die maaltyd nog enkele mandjies vol oorgeblewe stukke brood versamel was - en daarom sal ons aan die een lam meer as genoeg hê!”
[4] Die herbergier sê: “Wat U, o Majesteit en Heer, goedvind, vind ek natuurlik ook goed; alleen U wil geskied altyd!”
[5] Daarop gaan die herbergier ook - soos steeds - by ons aan tafel sit, maar durf tog niks van die lam vir homself neem nie, omdat hy bang was dat daar vir die ander tog te min sou oorbly.
[6] Toe neem Ek `n stuk van die groot bak, lê dit op sy bord en sê daarby aan hom: “Vriend, glo wat Ek jou gesê het! Die lam sal nog lank nie op wees nie, dan sal ons al meer as voldoende versadig wees, en sal daar ten slotte vir al jou personeel nog genoeg oorbly.”
[7] Daarop word alle gaste van die in stukke verdeelde lam voorsien en eet daarvan na behoefte, en hoe meer hulle eet, des te meer sien hulle nog op hulle bord lê; ten slotte bly daar by almal soveel oor, dat die oorgeblewe stukke nie meer pas op die groot bak, waarop die lam op tafel gesit was nie, en daar moes nog `n tweede netso groot bak gehaal word om die oorblywende stukke daarop te lê om hulle van die tafel na die kombuis te kan bring. Daarop word die twee bakke weggeneem, en die vrou van die herbergier met haar dogters en die kombuismeisies kan hulle oë nie glo dat daardie een gebraaide lam soveel restante kon opgelewer het nie; hulle bedank My almal en eet toe van die oorgeblewe stukke, en daarvan bly ook vir die volgende dag nog `n hele bak vol oor.
[8] Toe ons die lam geëet het en nog met ons volle bekers wyn aan die tafels sit, sê die opperstadsregter aan My: “O Majesteit en Heer, ek begryp nou so `n bietjie hoe U - en RafaEl deur U - `n heeltemal woeste gebied kan verander in `n streek, ryk aan alle vrugte en gewasse, en hoe U vir my twee olifante en - soos gister gebeur het - vir die Judeërs en fariseërs veertien wilde leeus as wagters kon neergesit het; ook is dit vir my nie heeltemal onduidelik hoe U die water uit die waterkelder onmiddellik in die beste Ciprus wyn kon verander het nie, want dit is almal dinge wat maklik vir U almag moontlik is.
[9] Want ek het so gedink: U hoef dit maar te dink en daarna met U wil te sê: “Daar is dit!”, en dan is dit wat U deur U wil al heeltemal voltooid tot bestaan geroep het, al daar; want dit het U destyds immers ook moes doen, toe U die hele aarde vanuit Uself tot bestaan geroep het en met haar geleidelik aan ook alles wat daarin, daarop en daarbo is. En toe alles wat U op aarde wou gehad het, klaar en voltooid bestaan het, was dit vir U netso maklik om in alle plant, diere en mense die vermoë tot voortplanting en vermeerdering te lê, volgens die soort van U tot lewe gebringde skepsele.
[10] Maar met die lam is dit heel anders. Dit was maar één lam wat reeds goed voorberei en gebraai op tafel gesit was, en by die verdeling het dit duidelik geblyk dat die stukke van alle gaste kennelik klein moes uitval. Maar as jy die klein stukkie na jou mond bring, kan jy dit nie meer opkry nie; want dit groei sigbaar in die hand van diegene wat dit eet.
[11] Hoe kan dié, op homself dooie lam, met sy deur die braai geheel vernielde organisme in `n steeds goed eetbare toestand groter word, op so `n manier soos wat `n jong seder van jaar tot jaar groter word totdat hy `n reusagtige boom is?
[12] By `n seder is dit nie verwonderlik nie - want dit het haar plantaardige, natuurlike lewe, en haar inwendige organisme is op die manier ingerig - maar die organisme van `n gebraaide lam kan na my mening tog haas onmoontlik meer die eienskap besit om van binne af te groei en groter te word. Maar omdat die lam, waarvan ons geëet het, tog soseer groter geword het, dat ons dit onmoontlik heeltemal kon opgeëet het, moet ek openlik beken dat ek die wonderwerk van U absoluut nie begryp nie.”
[13] Ek sê: “Kyk, beste vriend, hierdie leerlinge van My is al so lank by My en het dergelike buitengewone voedselvermeerderings al herhaalde male gesien; maar hulle is Judeërs, en geeneen van hulle het ook maar één keer op die idee gekom om My spesiaal daarna te vra nie! En hulle het dit nie vir My gevra nie, omdat hulle in hul nog veelvuldige egte Judese blindheid geen verskil kon ontdek het tussen die een of die ander wonderwerk wat Ek gedoen het nie; maar julle skerpsinnige Romeine het by My wonders `n egte verskil ontdek, wat vir die skerpte van julle verstand werd is om verder genoem te word.”
[14] Een van My leerlinge, wat Philippus heet en andersins sy mond nie so maklik oopmaak nie, sê: “O Majesteit en Heer, ons het U al so gereeld by geleenthede graag meer oor die een of ander wou vra en het dit soms ook gedoen, maar ons het altyd `n teregwysing by U gekry; ons laat dit dus voortaan liewer deur ander vra, en luister dan wat U daaroor sou sê, en so ontdek ons U groot lig in baie dinge en hoef daarby geen teregwysing van U te verwag nie!”
[15] Ek sê: “As julle My dergelike dinge gevra het, sou julle by My, netsoos by alle ander mense, sonder teregwysing daarvan afgekom het; maar julle vra My steeds oor iets wat Ek al verskillende kere vir julle uitgelê het, en daardeur het julle My gedwing tot die vir julle enigsins onaangename vraag: “Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra, voor julle My woorde begryp?”
[16] Maar kyk hier, by hierdie Romeine is Ek nie genoodsaak om so `n teenvraag te stel nie, want hul skerpsinnigheid ontdek ieder verskil wat daar bestaan tussen die een of die ander daad wat Ek verrig het! Ek het destyds tog ook op baie groot skaal `n vermeerdering van voedsel bewerkstellig, toe Ek verskeie duisende mense met `n paar brode en visse ruim voldoende versadig het, en Ek het voor julle oë ook `n groot aantal dade verrig, wat hierdie Romein van ons tot die meer natuurlike en verstaanbare sou reken. En tog het julle destyds nie gesê: Majesteit en Heer, ons dink ons kan begryp dat U ons nette al verskeie kere met visse gevul het, hele woeste streke vrugbaar gemaak het en by die bruilof in Kana in Galilea en op veel ander plekke water in wyn verander het; maar hoe kon U op sigself dooie brode en visse soseer verander, dat vele duisende hulle meer as voldoende daarmee kon versadig het?”
[17] Kyk, My beste vriend Philippus, as julle My daarvoor gevra het, sou julle daar ook baie verseker sonder enige teregwysing van My kant afgekom het; maar julle het My niks gevra nie! Want julle maak geen onderskeid tussen My dade nie en gooi hulle almal oor één boeg; maar ons vriend hier, `n egte Romein van die suiwerste water, het met die skerpsinnigheid van sy verstand `n werklike verskil ontdek, en Ek sal dit ook vir hom uitlê, sonder om hom vanweë sy vraag `n teregwysing te gee, wat julle so vervelend vind!”
|
|
|
|
|