Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in die dal van die Jordaan

Die Heer met die Syne in die dal van die Jordaan

229 Ek loop vinnig met My leerlinge voort en bereik teen die middag `n klein plekkie, wat uitsluitlik deur arm Arabiese herders bewoon word.

[2] In die dorp was weliswaar geen herberg nie, maar daar was `n sekere opperherder, wie se hut iets beter ingerig was as die van die ander, kleiner onderherders.

[3] Hierdie opperherder vra ons in sy taal waarheen ons gaan, en hy sê ook dat daar tot op `n behoorlike groot afstand van hier geen dorp meer was nie, en as ons onsself wou versterk, kon ons dit by hom doen, omdat ons vir die nag waarskynlik geen ander dorp sou kan bereik waar ons iets te ete en te drinke kon kry nie.

[4] Ek sê aan hom: “Jy het goed daaraan gedoen dat jy so in jou hart aan ons gedink het, en Ek neem jou goeie wil aan as die werk; maar ons moet vandag nog die dal van die Jordaan bereik, en ons kan dus nie langer hier bly nie.

[5] Daarop sê die opperherder: “As julle na die dal van die Jordaan wil afdaal, lei juis hier vanaf my hut die beste pad na benede na die dal! Want hier is die eerste bron van die stroom Arnon, en dié stroom is nie steil na benede nie; die pad is daarom goed begaanbaar, terwyl die ander bronne, wat met mekaar die Arnon vorm, uiters steil na benede stroom en die uiters smal paaie baie moeilik is vir `n reisiger.”

[6] Ek sê: “Ook vir hierdie raad sal jy beloon word - maar nie met goud, silwer en edelstene nie, maar met iets anders, wat nuttiger vir jou sal wees as die dooie, glansende materiaal wat die mense so sterk begeer. Kyk, die stuk land wat jy en jou bure bewoon, sal vrugbaar word en jou kudde sal groter word, omdat jy daaraan kan sien dat Ek, wat jou dit sê, meer is as `n gewone mens!

[7] Reis per geleentheid na die stad aan die Nebo, dan sal die inwoners jou sê wie Ek was, nou is en vir altyd sal wees!”

[8] Daarop kyk die opperherder My verbaas aan en vra my toestemming om My na die Jordaandal te mag begelei, omdat hy die weg baie goed ken.

[9] Ek sê: “Daarvoor hoef jy ons nie te begelei nie, aangesien Ekself alle weë op die hele aarde uitstekend ken; maar vanweë jou vriendelikheid kan jy ons wel `n wyle vergesel!

[10] Daarop sit ons ons reis voort, en die opperherder van die dorp loop vooraan en lei ons oor `n baie goeie weg tot byna in die Jordaandal, waar ons van mekaar afskeid neem en waar Ek My, saam met My leerlinge, onsself in die Jordaandal met vinnige pas noordwaarts begeef.

[11] Eers drie uur na sonsondergang bereik ons `n klein dorpie, waar ook `n herberg was; en toe ons by die herberg aankom, klop ons aan die voordeur.

[12] Die herbergier kom daarop na `n oop venster en vra ietwat norserig wat ons so laat in die nag wil hê.

[13] Ek sê: “Die houer van `n herberg is wetlik verplig om elke uur, ook in die nag, reisigers op te neem en te versorg!”

[14] Toe die herbergier dit van My hoor, meen hy dat Ek stellig `n Romeinse regter was, ontsluit die deur, maak lig, en ons gaan die herberg binne.

[15] Toe ons in die taamlik ruim herberg plaasgeneem het, vra die herbergier ons of ons dalk iets wou eet en drink.

[16] Ek sê: “Sedert vanmôre het ons niks geëet of gedrink nie; jy sal dus goed begryp dat ons `n behoefte daaraan het om enige voedsel tot ons te neem! Jy het brood en wyn, en dit is voldoende.”

[17] Die herbergier sê: “Ek het ook vleis en vis; as julle iets daarvan wil eet, kan ek dit wel laat voorberei, want die meisies wat vir die kombuis sorg, het nog nie gaan slaap nie.”

[18] Ek sê aan die herbergier: “Omdat jy `n Griek is, is jou vleis nie vir ons Judeërs geskik nie, want ons eet geen vleis van varke en esels nie, en jou visse uit die Jordaan is al byna vyf dae oud en dood, en sulke visse eet ons ook nie. Bring ons dus maar  behoorlike wyn en brood!”

[19] Daarop gryp die herbergier sy karaf en gaan die wyn haal, en sy vrou bring vir ons brood. Ek neem die nie al te groot brood, breek dit in stukke, verdeel dit onder die leerlinge en hou ook `n stuk vir Myself.

[20] Nou kom ook die herbergier met die wyn, sit vir elkeen van ons `n drinkbeker neer en vul dit met wyn, wat egter nie van die beste kwaliteit was nie.

[21] En Ek sê aan hom: “Jy het nog `n beter wyn; waarom het jy vir ons jou slegste wyn voorgesit?”

[22] Die herbergier sê: “Die beter wyn bewaar ek vir Romeine en Grieke; vir julle Jode is hierdie ruimskoots goed genoeg! Want alle Jode is sleg om te betaal; daarom moet jy as herbergier maar sien hoe jy by hulle aan jou geld kom.”

[23] Daarop sê Ek aan die herbergier: “Neem dan `n ander karaf en vul dit met water, en sit ons daardie water voor!”

[24] Die herbergier sê: “Dit kan ek wel doen.”

[25] Die herbergier gaan weg, bring ons `n groot karaf vol water en sit ook nog `n aantal toereikende drinkbekers vir ons op tafel en sê ietwat knorrig: “As my wyn nie vir julle goed smaak nie, drink in Neptunus se naam dan water!”

[26] Maar Ek seën die water en verander dit in wyn, soos Ek al gereelder gedoen het. Toe word iedereen se tweede beker daarmee gevul, en ons drink en versterk onsself.

[27] Die herbergier merk egter dat die water vir ons baie goed smaak, en sê: “Eienaardig, dat my slegte water vir julle beter skyn te smaak as my wyn; ons water is naamlik nie goed nie, omdat ons eintlik geen bronwater besit nie, maar genoeë moet neem met water uit die Jordaan, wat hier vlakby die Dooie See geen goeie water meer het vir `n dorstige mens nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205