Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vismaaltyd

126 Hierop staan die herbergier en alle aanwesige bure op en gaan doen wat Ek hulle aangeraai het. Aangesien hulle en al hulle verwante die werk onmiddellik aanpak, duur dit ook nie lank voordat alle leë vate en sakke met skoon water gevul was nie. Toe dit sover was, proe hulle die water dadelik en verbaas hulle enorm toe hulle die beste wyn in hulle mond kry; en almal prys God se mag in My.

[2] En so word die hele arm dorp ruim voorsien van brood, graan, meel en wyn.

[3] Nadat almal die wyn geproe het, gaan hulle na hulle voorraadskure en hulle voorraadkamers en tref daar `n baie groot hoeveelheid graan, meel en brood aan, en die herbergier vind in sy voorraadkamers ook nog `n aansienlike hoeveelheid peulvrugte, waarvan, veral hyself, `n vriend was.

[4] Na `n kort uur kom almal weer na My toe en wil My halsoorkop vir alles bedank.

[5] Maar Ek sê met `n vriendelike gesig: “Laat die bedank met die mond, wat Ek gladnie aangenaam vind nie, maar agterweë; want die dank van julle harte is vir My beter as die Hooglied van Salomo, deur heel Israel met stom harte gesing! Gaan nou en sit `n aansienlike hoeveelheid brood en wyn op die tafel, dan sal ons onsself versterk!”

[6] Toe gaan die herbergier met sy drie reeds bekende seuns onmiddellik voldoende brood en wyn haal, en ons eet en drink almal en versterk ons ledemate, wat moeg geword het van die taamlike lang reis. Ook die drie seuns, wat van hulle reis baie moeg geword het en honger en dors gehad het, proe fluks aan die brood, wat vir hulle buitengewoon goed smaak, en laat ook die wyn goed smaak.

[7] Toe ons onsself met brood en wyn versterk het, kom ook die vrou en enkele dogters van die herbergier, en die vrou sê dat hulle al `n hoeveelheid vis op die Griekse manier voorberei het, en hulle vra of hulle dit op tafel mog sit.

[8] Ek sê: “Wees nie beskroomd voor ons Judeërs nie! Ons het al verskillende kere Griekse en Romeinse voedsel geëet en het nie daardeur onrein geword nie; want soos wat voedsel, wat op `n vanouds bekende manier so suiwer moontlik vir die mense berei word, na behoefte en in die regte mate via die mond in die maag kom, verontreinig die mens nie, maar wat via die mond uit die hart kom, soos laster, eerroof, kwaadsprekery en allerlei leuens, vuilpraat en allerlei geskel, dit verontreinig die hele mens. Sit dus jou, op Griekse wyse toebereide visse maar sonder skroom op tafel, vrou, dan sal ons gerus daarvan eet!”

[9] Daarop begeef die vrou van die herbergier haar dadelik na die kombuis en bring verskeie bakke met vis na die tafel, en die kinders bring die benodigde eetgerei, natuurlik van heel eenvoudige materiaal, soos die arm inwoners van die klein plekkie dit gehad het.

[10] Ek sit dan ook dadelik `n vis op `n bord, wat voor My staan, deel hom in stukke en eet hom op. My ou leerlinge doen dieselfde.

[11] Die reeds bekende Judese Grieke uit Jerusalem en die paar leerlinge van Johannes, wat by My was, durf die Griekse vis egter nog nie eet nie; en die herbergier vra My of hulle dalk sulke streng navolgers van Moses was. Hulle het tog immers baie goed geweet wie Ek was!

[12] Ek sê: “Dit weet hulle goed en hulle is ook nie sulke streng navolgers van Moses nie; maar daar sit nog menige ou ingeroeste gewoontes in hulle, en daarom eet hulle geen visse wat heeltemal op Griekse wyse voorberei is nie. Maar laat hulle maar eers eg honger kry, dan sal hulle dergelike visse ook baie gretig opeet.

[13] Ek is nou `n ware Bruidegom, en hulle is My bruide en My bruilofsgaste. Solank Ek by hulle is, het hulle nog nooit gevas en honger of dors gely nie; maar soos Ek, die Bruidegom, van hulle weggeneem sal word, sal hulle ook baie gereeld moet vas en honger en dors ly. En wanneer hulle dan na julle toe kom, sal julle vis vir hulle baie goed smaak.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205