Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Pellagius genees `n besetene

49 Toe hulle by My aankom, sê die herbergier: “Heer en Majesteit van die ewigheid, hier is die twee! Die was nie maklik om hulle hierheen te bring nie; slegs teen die mag van U wil kon hulle hulleself nie verset nie.”

[2] Ek sê: “Dit is goed dat julle hier is, sodat julle die verskil tussen sogenaamde dwaasheid, epilepsie en werklik deur bose geeste besetenheid eens goed kan leer ken.

[3] Hierdie behoort egter reeds tot die baie erge besetenheid en kan deur die mense slegs deur bid en baie vas bevry word van die egte Filistynse geeste, wat hulle beset; maar hier is nóg bid nóg vas nodig.

[4] Die jongste, wat deur vyf slegte geeste beset is, kan deur elkeen van julle, omdat julle deur My versterk is, van sy geeste bevry word; maar die oudste, wat deur sewentien geeste beset is, sal sonder My spesiale magswil deur niemand van julle van sy bose inwoning bevry kan word nie, omdat die geloof van julle almal vir die doel nog te min egte goddelike lewende krag besit. Dit sal julle eers ontvang wanneer julle volkome van My Gees deurdring sal wees- wat nou nog nie die geval by julle is nie.

[5] Maar nou wys Ek vir jou, Pellagius, aan vir die jongste. Lê hom jou hande in My Naam op en sê: In die Naam van Jesus, die Heer, beveel ek julle om voor ons almal sigbaar uit hierdie mens te vaar, en wel in die gedaante wat julle deur julle ou, hardnekkige slegtigheid eie is!

[6] As jy dit doen, vriend, sal die vyf demone onmiddellik uit hierdie man vaar en hom vir altyd verlaat. Gaan doen dit dus maar!”

[7] Toe loop die kommandant na die besetene en doen soos wat Ek hom aangeraai het; en die vyf slegte geeste vaar in die gedaante van vyf newelagtige, van vlermuisvlerke voorsiende, slange uit die man en vlieg `n tydjie bokant ons hoofde rond.

[8] En daar word deur ons almal duidelik `n stem gehoor, wat van die geeste uitgaan en sê: “Heer, Almagtige, wanneer sal daar vir ons in ons harde gevangenskap verlossing kom?”

[9] Ek sê: “As julle jul wil verander! Julle geeste ken tog die waarheid en die lig van die lewe is nie vir julle vreemd nie - waarom bly julle al sedert duisend jaar, volgens die tyd van hierdie aarde gereken, aan die ou leuen en haar werke van starre eiesinnigheid vashou? Verander julle wil en smeek Die Een wat van ewigheid Heer oor alles is en dit ook verder ewig sal wees, om barmhartigheid en erbarming, dan sal daar ook vir julle verlossing kom!”

[10] Die geeste sê: “Heer, dit wil ons; maar gee U ons `n ander en beter wil, en betoon ons op die manier U barmhartigheid en ontferming! Verlos ons van die ou boosheid van die leuen en haar werke; want ook ons is nakomelinge van Abraham, siende dat ook ons afstam van Esau!”

[11] Ek sê: “ Aan julle geskied soos wat julle self wil! Begeef julle nou weer daarheen, waar julle liefde en wil julle heen dryf!”

[12] Die geeste sê: “Heer, ons bespeur in onsself nou nóg enige liefde nóg `n wil! Laat dus met ons gebeur soos wat U wil en ooreenkomstig U barmhartigheid; want ons het genoeg van ons eie wil en ons liefde gehad!”

[13] Ek sê: “Verhef julle dan na die gebied van hierdie aarde, waar suiwerder broeders julle verder sal lei!”

[14] Toe Ek dit gesê het, kry die vyf geeste menslike gedaantes, as’t ware gevorm uit ligte waterdamp, gryp mekaar vas en swewe daarna weg in die gedaante van `n steeds deursigtiger wordende en daarna vinnig verdwynende en nie meer sigbare skaapwolkie.

[15] Die man, wat van sy vyf kwelgeeste bevry was, kom na My toe en sê: “O Heer en Majesteit, in die eerste plek bedank ek U, omdat U my van my groot kwelling bevry het; maar ook beken ek as heiden, dat ek van nou af aan in geen enkele van ons baie gode meer sal glo en hulle sal vereer nie, maar U alleen is die God van alle gode, mense en skepsels van hierdie aarde, en alle demone moet hulle knieë buig voor U! Daarom aan U alleen ewig alle eer, alle liefde en alle lof!

[16] En wat ek nou hardop gesê het, sweer ek ook ten opsigte van alle mense en alle gode, aan wie nog tallose mense vashou en aan wie hulle offer, maar wat niks is nie en geen mag en geen gesag besit nie.

[17] As daar egter nog een of ander hoëre God sou wees, teen wie ek nou miskien deur hierdie openlike belydenis van my gesondig het, laat hy dan `n bliksem uit die hemele na my slinger en my dood!

[18] Sy familielede, wat nog heidene was, skrik vir hierdie eed van die jong man en verwag dat Zeus dit hom baie kwalik sou neem en die bevryde sekerlik met `n bliksem uit die hemel sou vernietig.

[19] Maar omdat daar geen bliksem kom nie, sê die jong man vir sy familie: Waarom wag julle op `n straf van `n plek, vanwaar geen straf te wagte is nie, omdat daar geen Zeus, en glad geen bliksem in sy hand en mag bestaan en nooit bestaan het nie?

[20] Kyk, Hy hier, voor wie ek dankbaar kniel, is die ware en almagtige "Zeus"! Wanneer Hy sou sê dat daar nou onmiddellik duisend bliksems uit die wolke of uit die onbewolkte hemel op aarde moes neerdaal, so sal hulle ook neerdaal en dit vernietig wat Hy tot vernietiging bestem het.”

[21] Ek sê vir die bevryde jongman: “Staan op, My Seun, en bly by jou nuwe geloof, so sal jy nooit meer enige skade ly nie! Maar laat ons nou ook jou broer van sy sewentien kwelgeeste bevry!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205