|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 50
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die Heer dryf sewentien geeste uit `n besetene
50 Toe Ek dit sê, word die aanwesige heidene deur vrees en groot angs bevange; want hulle het vir die vyf geeste al groot ontsag gekry.
[2] Maar Ek staan vinnig op van My plek, loop na die besetene toe en sê met opgehefde hand: “Ek wil dit; vaar dus sigbaar voor alle aanwesiges uit die ingewande van hierdie man; julle het immers geen reg om hom te beset en te kwel nie!”
[3] Toe ruk hulle die man nog `n paar keer heen en weer, sodat hy daardeur op die grond val; maar hy staan weer vinnig op toe die bose geeste in die gedaante van klein, swart krokodille uit hom vaar.
[4] Hulle lyk egter baie kompakter en kon hulle nie in die lug verhef nie, maar kruip rond op die grond, rig ten slotte hulle bek na My toe en krys My woedend toe (die geeste): “Wat het ons met U te maak? Ons ken U nie en het op aarde nooit in stryd met U wette kon handel nie omdat dit daar nooit was nie! Met watter reg wil U ons nou tugtig? Waarom het U ons met U oormag uit hierdie woning van ons verdrywe, wat ons met moeite verower het?”
[5] Ek sê: “Was julle nie daarby, toe Ek op die berg Sinai die wette gegee het nie? Wie het julle destyds daartoe aangehits om My te trotseer, met My die spot te drywe, `n goue kalf te maak om dit vervolgens te aanbid in plaas van My? Julle was toe die grootste ratdraaiers (rat voor die oë te draai) en het baie van die volk oorreed om My die rug toe te keer; hoe sê julle nou dat Ek volkome vreemd en onbekend vir julle is en julle ook nooit wette gegee het nie, volgens welke Ek julle nou met reg kan beveel?!
[6] Wat daar destyds met julle gebeur het, toe Moses na julle in die dal gekom het en in geregverdigde vurige toorn die kliptafels van die wet stukkend geslaan het, dit dien ook nou met julle te gebeur. Verdwyn dus van hier af; want vir julle sal daar nog lank geen verlossing wees nie!”
[7] Daarop begin hulle onder gehuil en wilde gekras ylings van ons af weg te kruip oor die steil helling van die heuwel na `n moerasagtige en nabye kloof wat met allerlei onkruid begroei was.
[8] Toe sê die kommandant vir My: “O Heer en Majesteit, die kloof sal alle inwoners van hierdie plek tot onheil word, as U dit nie van die sewentien bose demone reinig nie; want vir hierdie werklik dieragtige geeste het selfs ek bang geword! Laat U hulle daarom nie in die kloof bly nie!”
[9] Ek sê: “Wag maar bietjie tot Ek klaar is met die geneesde, dan sal ons wel sien hoe hierdie kloof gereinig kan word!”
[10] Hierop val ook die tweede geneesde voor My op sy knieë, bedank My vir die genesing van die kwelling wat al enkele jare geduur het en lê toe dieselfde geloofsbelydenis af wat sy broer al vroeër gedoen het. Daarna vra hy My dat Ek die versoek van die kommandant nie moet vergeet nie; want ook hy kon nou nie sonder afsku na hierdie smerige kloof kyk nie.
[11] Ek sê: "Nog `n klein oomblik die nodige geduld; want ons wil nog eers sien of daar nie een van die sewentien in `n ander gedaante terugkeer en My en My regte gaan betwis nie! Want ook hierdie geeste het nog `n volkome vrye wil.”
[12] Die kommandant sê: “Heer en Majesteit, hoe gebeur dit eintlik dat hierdie geeste in die gedaante van wat aan my bekend is, hierdie baie afskuwelike diere sigbaar voor ons word? Die eerste vyf het uiteindelik weliswaar van gedaante verander; maar die sewentien het hulle gruwelike lelike gedaantes behou waarin hulle voor ons sigbaar geword het, en in dieselfde gedaante het hulle ook van hier af verdwyn. Hoe gebeur dit dat sulke geeste in so `n gedaante vir die mense sigbaar word?”
|
|
|
|
|