Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die huisgode in die herberg word vernietig

181 Toe ons in die huis van ons herbergier die gastekamer binnekom, neem ons plaas aan die tafel en die fariseërs en Judeërs aan hul bytafel, en dadelik word daar `n aansienlike hoeveelheid goed voorbereide visse op die tafel gesit, en daar kom brood en wyn by. Ons neem die visse en al die oorblywende en eet daarvan.

[2] Na die oggendmaal bly ons aan tafel sit; want Ek wou nie dat ons onsself oordag te veel buite laat sien as dit nie nodig was nie, omdat daar in hierdie stad nog baie verstokte heidene was, wat sterk aan hul tempels en afgode geheg was.

[3] Nou kom die seun van die herbergier na My toe, en vertel My dat sy moeder haar hele slaapkamer vol gepak het met afgodsbeelde en dat daar ook in hierdie eetkamer `n buitengewoon lelike Apollo staan, wie se gestalte by iedereen alleen maar die teengestelde effek kan hê van wat die bedoeling was, en dat hy daarom graag hierdie Apollo en ook die afgode van sy moeder verwyder wil hê.

[4] (Die seun:) “Want noudat ons U leer ken het, o Heer, deug hierdie afgode nie meer vir die huis nie.”

[5] Ek sê: “Jy het `n goeie ingesteldheid, My beste seun - maar as jy self die hand daaraan slaan, kan dit probleme en veel vyandskap veroorsaak by julle nog blinde bure; maar Ek sal jou steun, en hierdie Apollo en die ander afgode sal dadelik verdwyn. Gaan maar na die hoek en kyk of jy nog `n Apollo vind, en dan kan jy na die kamer van jou moeder gaan, en daar sal jy ook geen afgode meer vind nie!”

[6] Die jongman staan nou dadelik op en loop na die hoek waar die Apollo tot dan gestaan het, en hy vind geen spoor meer daarvan nie. Daarna gaan hy na die slaapkamer van sy moeder, en ook die vele honderde afgode het verdwyn; dit vertel hy onmiddellik vol vreugde aan sy moeder, wat in die kombuis besig was, maar sy skrik daaroor en sê aan haar seun:

[7] (Die moeder:) “My beste seun, dit is alles goed en wel; maar dink aan ons bure! Wat sal hulle sê, as hulle met `n besoek geen afgodsbeelde meer in ons hele huis aantref nie?”

[8] Die seun sê: “Laat my dan maar die woord doen, dan sal ek hulle sê dat die Majesteit en Heer, wat in ons huis sulke groot tekens gedoen het, al jou afgode met één gedagte vernietig het, en dan sal hulle niks meer kan sê nie. Bowendien het ons ons streng en regverdige opperstadsregter aan ons kant, en dan sal die bure wel wyslik daarvoor oppas om hul ongenoeë aan hom te uiter.”

[9] Met die verklaring was sy moeder tevrede en kom daarop saam met haar seun in die gastekamer om My te bedank dat Ek haar op so `n wonderbaarlike wyse verlos het van iets, waarin hulle self tog nooit soveel geloof in gehad het nie.

[10] Ek sê aan haar: “Gaan na jou slaapkamer, dan sal jy op die plek van jou vele vroeëre afgode iets anders vind, waarvoor jy liewer sal wees!”

[11] Daarop gaan hulle opnuut na haar slaapkamer en kyk daar rond, en op die plek waar haar meeste gode gestaan het tref hulle `n kis aan van swart ebbehout, voorsien van slot en grendel. Hulle maak die kis oop en sien dat dit vol Romeinse silwer munte sit, wat `n aansienlik waarde gehad het.

[12] Hulle kom vinnig weer terug en vertel dit waar almal by was, veral aan haar man en haar seun.

[13] En die herbergier sê: “Dit is veel meer werd om in ons bedryf te gebruik as al jou vroeëre afgodsbeelde; maar die grootste waarde het tog altyd die woord wat ons van hierdie Majesteit en Heer ontvang het en miskien, as ons dit waardig is, nog meer sal ontvang. Laat ons dus jou silwer munte rus en die Majesteit en Heer vra of Hy ons hart en gemoed van sulke geestelike goue en silwer munte wil voorsien, wat ons weldra in die ander lewe sal gebruik!”

[14] Daarop bedank die vrou My, gaan weer na haar kombuis en haar personeel, en reël daar vir die dag alles waaraan gedink en wat daar gedoen moes word.

[15] Dadelik daarna sê die opperstadsregter aan My: “O meer as groot Majesteit en Heer van ewigheid! Aangesien U my vanmôre op die berg Nebo beloof het om nog twee vrae te beantwoord, wat ek al aan U gestel het - en wel die een gisteraand en die tweede vanmôre op die berg Nebo, toe daar `n jakkals `n arme gaselle agterna sit, haar verskeur en opvreet en spoedig daarna self deur `n reuse adelaar dieselfde lot moes ondergaan - wees so barmhartig om my meer lig te gee!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205