Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die kommandant onderrig die priesters oor die nutteloosheid van die afgodediens

86 Daarop sê die kommandant: “Jy het nou wel baie goed gespreek, en jou woorde was baie verstandig; maar vir my het dit tog maar `n baie geringe waarde, omdat die inhoud daarvan en die waarheid in jouself ver uitmekaar lê. Want kyk, ten eerste het jyself geen vonkie geloof en vertroue in die gode nie, wat ek jou net soos al jou kollegas vanuit my ervaring oorduidelik sou kan bewys - en omdat jyself geen enkele geloof in `n God het nie, is ten tweede jou betoog vir my niks anders as `n sinlose pronk met woorde sonder enige waarde nie.

[2] Maar ek sê dit nie vir jou met die bedoeling om jou en jou kollegas vanweë julle gedrag te wil straf nie; maar ek wil jou daarmee duidelik maak dat julle met al julle skynbaar wyse geskreeu teenoor die volk, waarvan die beter deel julle lankal haarfyn deursien het, nie baie goeds sal bereik nie. Want veral in hierdie tyd begin hulle onder die Judeërs die helderste waarheid oor die bestaan van `n enige ware God, oor die manier waarop mense Hom moet vereer en oor die bestemming van die mens uiters duidelik te versprei, en baie van die beter heidene bekeer hulle reeds tot die nuwe geloof van die Judeërs en vind daarin egte troos en `n baie goeie en stewige gefundeerde gerusstelling.

[3] Julle het vas en seker ook al daarvan gehoor - maar waarom het julle nog nie geprobeer om julle daarvan te oortuig, en waarom hou julle teenoor die volk hardnekkig vol, wat julle self nog nooit geglo het nie, maar deur julle losse geskreeu die volk tog wil laat glo?

[4] As julle vir julleself daarvan oortuig is dat ons gode geen enkele betekenis het nie en julle self nie daarin glo nie, soek eers vir julleself die waarheid; en as julle dit gevind het, weerhou dit nie van die volk wat slegs na die volle waarheid dors nie, en sal julle daardeur vir die volk en vir die staat van meer nut wees met julle losse geskreeu!

[5] Maak van die afgodstempels onderdak vir die armes en siekes, en draai ook vreemdelinge nie die rug toe nie; so sal julle daardeur die ware, lewende barmhartigheid by die een, enige ware God vind, wat julle seker meer van nut sal wees as al die dooie aardse skatte, wat julle deur julle onsinnige geskreeu by dergelike geleenthede soos die van vannag, van die volk afgepers het!”

[6] Hierop sê die heidense priester: “Hoë gebieder, U het nou volkome die waarheid gespreek, en so is dit presies met ons gesteld; maar tot wie moet ons onsself wend om die lewende waarheid te vind, wat vir ons en die volk van meer nut sou wees as die besit van alle skatte van die hele aarde? En as ons die waarheid gevind het en die volk ooreenkomstig die waarheid onderrig en bekeer, wat moet ons ons opperpriesters dan ten antwoord gee, as hulle ons ter verantwoording sou roep vir die feit dat ons die volk afwend van wat hulle onderrig en wil hê, en hulle tot die suiwer Judeërdom bekeer?”

[7] Die kommandant sê: “Tot wie julle jul moet wend om die suiwer, lewende waarheid en die een, enige ware God en dus ook Sy wil te leer ken, daarvoor kan ek julle die allerkortste weg toon.

[8] Kyk, hier regs van my sit die man wat julle die suiwer waarheid in al haar volheid kan toon, en Hy is ook in Homself Die Een aan wie alle kragte en magte van hemel en aarde gehoorsaam! As julle dit erken en insien, sal dit vir julle vanself wel duidelik word wat julle vir hulle moet sê as hulle sal vra waarom julle saam met die volk, wat hulle aan julle toevertrou het, tot die ware Judeërdom oorgegaan het.

[9] Ons Romeine is, wat die verskillende godsdienste betref, trouens baie verdraagsaam en ontsê niemand die wyse waarop hy hom een of ander godheid moet voorstel, daarin glo en daarop vertrou nie; dit weet julle bietjie beter as ek; want al het die Romeine ook baie volkere in Asië, Afrika en Europa oorwin en tot onderdane van Rome gemaak, het hulle die godeleer van die volkere tog steeds onaangetas gelaat en het vir die vreemde afgode ook in Rome tempels opgerig. In die opsig is Rome dus verdraagsaam en het julle dus niks te vrees nie, en ook gladnie hier in Asië nie, aangesien die Judeërdom hier immers die heersende godsdiens is.

[10] Ek het julle nou die weg na die suiwer, lewende waarheid getoon, en julle kan nou doen wat julle wil.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205