|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 199
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Oor die werking van die engele
199 RafaEl egter bly, en hy klee hom plotseling in `n donkergrys gewaad, en sy voete was voorsien van skoene. Sy hoof word bedek deur `n Judese hoed, wat, soos gebruiklik, van sy of kameelhaar in `n willekeurige, maar gewoonlik taamlik ligte kleur gemaak was. En so was hy vir niemand meer `n opvallende gedaante nie.
[2] Ek sê aan die opperstadsregter: “Gaan na hom toe, gee hom `n hand en begroet hom as vriend en broer, en oortuig jou daarvan dat ook hy nou vlees, huid en beendere het!”
[3] Die opperstadsregter doen onmiddellik wat Ek hom aangeraai het, en hy verbaas hom buitengewoon daaroor dat hierdie engelegees hom nou in werklikheid as `n geheel en al aardse mens onder hulle bevind. Hy vra RafaEl om naby hom te kom, wat RafaEl ook dadelik doen deur langs hom op `n sooibank plaas te neem.
[4] Nou kom ook die Apollopriester na RafaEl toe, begroet hom en sê: “Jy sal aan my wel geen groot vreugde beleef nie, aangesien ek al vir `n lang tyd `n afgodspriester was - nou het ook ek die een en enig ware God en Heer herken en ek sal in die toekoms daarna strewe om die hele afgodedom, vir sover dit in my gebied is, so vinnig moontlik te laat verdwyn.”
[5] RafaEl sê aan hom: “En ek sal jou help en jou met my krag ondersteun, wanneer dit jou daaraan sou ontbreek; daarvan kan jy seker wees; want ook by jou was ek al nog voordat jy die Heer herken het, en ek het jou hart bereidwillig gemaak. Later sal ek weer met jou wees en die nodige aanvoorwerk vir jou doen onder jou heidene. Want neem van my aan dat ons nie stilsit wanneer die Heer Self werk ter hand neem nie, en ons volmaakte engelegeeste is so te sê as te ware die vingers aan die hand van die Heer - en die vingers is by iedereen elke oomblik aan die werk, solank hy met sy hande werk verrig. Vertrou dus op die belofte van die Heer, dan sal ek jou nie in die steek laat nie! Glo jy dit?”
[6] Hierop sê die opperstadsregter: “Kan jy ook alles - maar vanselfsprekend met toelating van die Heer! - wat die Heer Self kan?”
[7] RafaEl sê: “My beste vriend en broer, dit was `n nog baie menslike vraag uit jou mond! Ons engele van die hemel is net soos julle mense op aarde nie in staat om uit onsself iets tot stand te bring nie; maar ek het jou al gesê dat ons in `n sekere sin die vingers aan Sy hand en die uitvoerders van Sy wil is. Daardeur is ons, soos deur niks beperkte, vrye wesens, self `n uitvloeisel van die goddelike krag en kan dan ook alles tot stand bring wat die krag in ons openbaar en in ons wil; en wat ons dan tot stand bring, is dan nie ons werk nie, maar alleen dit van die Heer.
[8] Ons is weliswaar volkome selfstandig en eweneens in alle opsigte volkome vry. Maar omdat die grootste volledigheid enkel en alleen in die wysheid en die wil van die Heer bestaan, spreek dit tog vanself dat nie alleen `n mens nie, maar veral ook `n engelegees, wat in feite ook maar `n mens is, hom in `n steeds groter selfstandigheid en vryheid bevind, namate hy hom meer van die wysheid en die wil van die Heer eie gemaak het. Ek kan jou selfs `n aardse voorbeeld daarvan gee - kyk maar:
[9] Jy is hier `n vooraanstaande opperstadsregter en het nie alleen gesag oor hierdie een stad nie, maar ook nog oor veertien ander stede; die mag is aan jou deur die keiser verleen, selfs oor lewe en dood van mense, geheel vry en sonder verantwoording af te lê; hoe het jy eintlik die aansienlike aardse mag verkry?
[10] Kyk, ek sal dit vir jou uitlê. Deur jou regstudies het jy daar by die strenge eksamens in Rome duidelik blyke daarvan gegee dat jy jou die wil van die keiser, wat jy deur die wette noukeurig leer ken het, sodanig eie gemaak het dat jy jou eie wil volkome ondergeskik gemaak het aan die wil van die keiser, waardeur jy dan ook `n geheel nuwe mens geword het, wat jy nie by die begin van jou studie was nie. Omdat jy dus die wet van die keiser diep ingeprent het, en dus ook sy wil, sodat jou ou, skynbaar vrye wil deur die nuwe keiserlike wil in jouself met onlosmaaklike boeie en kettings gebind is, het jy daarby nie net niks verloor nie, maar net buitengewoon veel gewin; want met jou eie, ou wil sou jy vir altyd `n slaaf van die keiserlike wil gebly het. Maar omdat jy die keiserlike wil tot joue gemaak het, het jy daardeur self heeltemal vry geword, kan jy doen wat jy wil en is jy niemand verantwoording skuldig nie; en as iemand hom nie na jou wil sou wil voeg nie, dan het jy vanweë die keiser die modus gladii* in die hand en kan jy die weerspanniges deur die mag en die gesag van die keiser tot gehoorsaamheid dwing. *(Latyn vir: Swaardreg, of te wel die reg oor lewe en dood.)
[11] En kyk, hoe meer jy daarna streef om die wil van die keiser so noukeurig moontlik te vervul - waarvan die keiser binne baie kort tyd in kennis gestel kan word - `n des te hoër en noodsaaklike invloedsfeer veel uitgestrekter amp sal jou deur die keiser geskenk word, waarin jy nog veel vryer sal kan handel as nou; en so kan jy jou voortdurend steeds verder omhoog werk, sodat jy ten slotte self na die hof van die keiser gebring word en van daaruit beveel en handel, asof jy al byna die keiser self was. Vra jouself nou eers af hoe jy die hoë mag verkry het - en die antwoord in jouself sal onmoontlik `n ander kan wees as: “Ek het my ou menslike wil soseer geheel en al verloën, dat daar niks anders daarvan oorgebly het as net, dat ek my deur die ou wil heel ywerig daarop toegelê het om die wil van die keiser my volkome eie te maak.”
[12] En kyk, presies so gaan dit met ons, volmaakte engelegeeste! Ons het ook ons eie, volkome vrye wil; maar dit is desondanks oneindig veel beperkter as die volkome vrye wil van die Heer Self.
[13] En hoe meer ons ons eie maak van die wil van die Heer, asof dit ons eie wil self was, des te meer vrye mag, krag en gesag word ons dan volkome eie, en ons kan dan ook alles bewerkstellig en voortbring wat die Heer Self tot stand bring en kan voortbring.
[14] Maar nou sal jy ook self insien dat nie ons dit is, wat dit kan nie, maar alleen die Heer in en deur ons.
[15] As iemand in jou gesagsgebied iemand anders beroof en vermoor en hy daarna gegryp en voor jou gebring word, sal jy hom bereg en ook laat dood. Daarmee het jy korrek gehandel, omdat jy volgens die wil van die keiser gehandel het, en daarby is jy netsoos die keiser self ex lege*; die rower en moordenaar het egter volgens sy eie wil gehandel en het daardeur ten gronde gegaan. *(Latyn vir: buite, bo die wet)
[16] Begryp jy nou, hoe ook ons engelegeeste die mag en heerskappy besit om vry en sonder om verantwoording af te lê, alles te doen wat die Heer Self doen?”
|
|
|
|
|