Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die uitbreiding van die leer van die Heer en oor die seëninge

128 (Die Heer:) “Kyk net, herbergier, en ook julle oorblywende inwoners van die dorp, julle is nou weliswaar geheel en al deeglik geleer in My leer, omdat julle werklik insien dat alle wette en ook alle profete behels dat die mens eenmaal die goed herkende God bo alles en sy naaste soos homself moet liefhê! Wie dit doen, vervul My wil, wat steeds aan die mense geopenbaar word, volkome, en daardeur sal ook My Gees in hom sy siel wek en in alle wysheid binnelei, soos julle almal weldra in julleself sal ervaar.

[2] Maar dit gaan hier om nog iets anders, en dit is, dat ook alle ander mense op die manier in hierdie leer geleer moet word, om volgens die gees daarvan te kan dink, wil, handel en leef; want as `n mens niks van `n leer weet nie, kan hy dit ook nie tot rigsnoer vir sy dink, wil, handel en leef maak nie.

[3] Maar dit is nie eenvoudig om mense, wie se oortuiging op allerlei verkeerde opvattings gebaseer is, en diegene wat weet om uit dwalings aardse voordele te haal, tot die suiwer waarheidsleer uit die hemele te bekeer nie. Want elke mens het `n volkome vrye wil en kan derhalwe ook altyd dink, glo, wil, handel en leef soos hy wil, en hulle laat hulleself wel die allermoeilikste van hulle groot dwalings afbring, as dit vir hom, soos reeds opgemerk, groot aardse voordele bied.

[4] Maar bedink eers hoeveel mense op die hele aarde nou nog in die grootste dwalings leef en in die diepste geestelike duisternis wandel! Sou dit dan vir die mense, wat nou deur My in die hoogste lig van die lewenswaarheid geplaas is, nie baie wenslik wees dat alle mense wat in die ou, nouliks voorstelbare vele dwalings verkeer, hulle ook so vinnig moontlik in daardie lig sou bevind waar julle julleself nou al in bevind nie?

[5] Ek sien in julle harte dat julle die begeerte ten seerste koester; maar hoe moet jy begin om hierdie, deur My vir julle uitgesproke en deur julle intens gevoelde begeerte ten uitvoer te bring? Miskien deur dadelik op weg te gaan, oral My leer te verkondig en op die manier die mense My lig uit die hemele te bring?

[6] Ja, My beste vriende, dit sou alles wel goed wees, as daar nie al te groot belemmerings was vir so `n onderneming nie, veral in hierdie tyd, waarin die hele hel hul met hulle mag en kwade invloed oor die hele aarde gevestig het nie; want ten eerste is die aarde te groot, en `n mens sou al byna duisend jaar besig wees om net geheel Asië, Europa en slegs `n deel van Afrika deur te trek, sodanig, dat hy op alle plekke en gehuggies waar mense leef My leer sou bring en die mense daarvoor sou win.

[7] Maar nou sê julle by julleself: “Ja, vir `n mens sou dit inderdaad volkome onmoontlik wees, ook al sou hy met geen ander probleme te kampe hê nie as net die omvang en uitgestrektheid van die aarde nie; maar wat één mens nie kan doen nie, dit kan by hierdie een belemmering vele verligte mense wel doen! Laat hierdie verligte mense in alle rigtings uitstuur, dan sal daar nie `n duisend jaar nodig wees voordat die lewenslig na alle mense toe gebring is nie!”

[8] Ek sê vir julle dat julle heeltemal korrek gereken het, as mens op aarde alleen met hierdie probleme te kampe sou hê, wat op sigself `n suiwer natuurlike en geen helse hindernis is nie.

[9] Maar hoe moet jy die belemmerings van die hel tegemoet tree, hoe moet jy die byna tallose priesters tot die lig van die ewige waarheid uit die hemele bekeer, wat by hulle volkere en konings in `n baie hoë, baie gevreesde en bykans goddelike aansien staan en deur hulle toorkunste en dwaalleringe al heel lank onmeetlike wêreldse rykdomme en daardeur ook `n meer as groot wêreldse mag vergaar het?

[10] Kyk, langs die geheel natuurlike weg, wat Ek nou terwille van die ware heil van die mense getoon het, sou dit vir Myself net so onmoontlik wees as vir elkeen van julle, selfs met die allerbeste en ernstigste wil!

[11] Om met My almag te werk, sou egter beteken om al die mense so goed as heeltemal te vernietig en diere van hulle te maak. Want diere het vir hulle gerigte natuurlike lewe geen onderrig nodig nie, maar hulle handel almal volgens hulle instink, wat, na gelang van die soort, deur My wysheid en mag in hulle, gewek en in stand gehou word, en daarom is hulle nie in staat tot `n ware, uit hulself voortkomende vervolmaking van hulle lewe nie; slegs bepaalde huisdiere kan deur die verstand en die vaste wil van die mens sover bo hulle natuurlike staat uit opgevoed word, dat hulle aan hom die bekende, baie growwe en mees ondergeskikte dienste kan bewys.

[12] As Ek nou alle mense wat in die duisend maal duisende dwalings verkeer, ook so sou behandel - watter verskil sou daar dan tussen hulle en die diere wees?

[13] Wat moet daar derhalwe gedoen word om die leer aan alle mense te verkondig wat Ekself nou opnuut vanuit My hemele na julle beter mense gebring het, en wel met die meeste sukses?

[14] Dan is die saak om nooit tyd en geduld buite beskouing te laat nie en tewens steeds die vaste wil te hê om by elke geskikte geleentheid My Naam te bely teenoor die mense, van welke geloof hulle ookal mag wees, en My wil aan hulle bekend te maak. Want wie My sonder skroom en vrees teenoor die mense bely met die bedoeling om hulle te verlig tot hulle ewige heil, die sal Ek in die hemel ook bely voor die troon van My Vader, wat die ewige en suiwer liefde in My is.

[15] Kyk, langs hierdie weg hier, wat vanuit die verre môreland na die vele aandlande voer, reis gedurende die jaar talryke mense heen en weer! Hulle het by julle weliswaar slegs selde iets tot hulle geneem - afgesien van water - en het hiervandaan na Afek gereis; maar as julle landjie nou deur My seën allerlei vrugte sal dra, veel meer as julle vir eie gebruik nodig sal hê, en ook julle kudde talryker word, sal julle ook menige reisiger goed kan herberg! En as hy julle sal vra hoe hierdie omgewing, waarvan hy geweet het dat dit woes was, so bloeiend en ryk geword het, maak dan van die geleentheid gebruik en toon die nog blinde reisiger die lig van die waarheid uit die hemele, en noem hom My Naam!

[16] En as hy julle lig en julle geloof aanneem, seën hom dan in My Naam, dan sal hy dit baie vinnig kan waarneem en sal dan later in sy land veel vriende, bekendes en verwante tot sy geloof bekeer, en sodoende `n goeie voorloper word vir die verkondigers van My leer, wat Ek op die regte tyd daarheen sal stuur!

[17] As mense uit Betsaida en ook van ander plekke na julle toe sal kom en vra, wanneer en op welke manier julle landjie so bloeiend geword het, doen dan dieselfde as wat Ek julle aanraai om met die vreemdelinge te doen: seën in My Naam diegene wat sonder moeite volledig glo, dan sal hulle die seën sekerlik gewaarword!

[18] Laat die seën egter daaruit bestaan, dat julle diegene wat glo, die hande oplê en in julle vaste vertroue op My en in julle lewende geloof in My aan hulle sê: “JaHWeH God, wat in die Menseseun Jesus na ons toe gekom het en deur die mag van Sy woord en wil betuig dat Hy die beloofde Messias is, sy met julle, en deur Hom is die vrede met die mense op aarde wat in Hom glo, Sy gebooie hou en van goeie wil is!”

[19] As julle dit oor die bekeerdes uitgespreek het, sal hulle weldra bewus word van My seën en ook sekerlik julle ware vriende word - maar doen dit by diegene wat slegs half en half begin glo, eers nadat hulle mettertyd heeltemal begin glo; want `n halwe geloof is nie geskik om My seën te ontvang nie!

[20] En nou weer oor nog iets anders!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205