Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer vertel die ontwikkelingsgang van die priester

95 Ek sê: “Jy het tog ook die geskrifte van die Judeërs bestudeer, en wel vroeër reeds in Rome en vyf jaar later, toe jy as priester van Zeus, Mars, Minerva en Mercurius onder keiser Augustus na Opper-Egipte gestuur is, na Thebe, waar jy jou ook in die ou misterieë wou laat inwy.

[2] Vanaf Moses het jy jou aandag veral op die vier groot profete gerig; maar omdat jy, ondanks jou lees en bepeinsing dit onbegryplik vir jou gebly het, het jy jou nog weer vyf jaar later, toe jy as priester vir die volk en die soldate hierheen oorgeplaas is, in die geheim jou tot `n Judese skrifgeleerde gewend en opheldering van hom gevra oor dit wat vir jou duister was. Maar omdat die skrifgeleerde dit nie vir jou kon gee nie, het jy die Skrif van die Judeërs net so eenkant toe geskuif soos wat jy met julle eie geskrifte al lank daarvoor gedoen het.

[3] Maar omdat jy die Skrif van die Judeërs tog nog altyd in jou geheue bewaar het, moet die dade van Moses, Aaron, Joshua, Elia en die ander profete jou tog dit laat sien het dat die mense alleen deur die hulp van die een, enige ware God van die Judeërs sulke dinge en dade tot stand kon bring, wat op die hele aarde by geen enkele volk ooit voorgekom het nie.

[4] As jy My nou ook so sien werk, sal Ek tog seker ook wel deur en met God werk. Julle Romeine sê immers self dat daar sonder goddelike inspirasie en aandoening geen groot wyse sou bestaan nie? Dan sal ook Ek wel baie sterk deur die een, enige ware God van die Judeërs geïnspireer en aangedaan wees!”

[5] Die priester sê: “Ja, ja, daarin kan U wel tog gelyk hê, en U is beslis dieper ingewy in die misterieë van julle geskrifte as die skrifgeleerde wat hom wys voorgedoen het, van wie ek `n egte lig probeer kry het en wat ekself ten slotte nog as die mees wyse van ons twee aangesien het.

[6] Maar U het my vroeër ewemin kon sien en leer ken as wat ek U ooit tevore gesien en geken het - hoe ken U my geheime strewe oor `n taamlike lang reeks van jare, asof ek dit U self eers `n klein rukkie gelede onthul het? Want U sou van my moes gehoor het wat ek in die geheim gedoen het en waarna ek streef, omdat ek as priester dit nooit aan iemand verraai wat ek ten behoewe van my eie gerusstelling doen en onderneem nie!

[7] Hoe weet U derhalwe, wat vir my `n volkome vreemdeling is, wat ek in Rome, daarna in Thebe en uiteindelik hier in Asië gedoen het?”

[8] Ek sê: “Kyk, ook dit kan Ek deur die hulp van die een, enige ware God van die Judeërs weet, wat van ewigheid almagtig en ook alwetend is, sonder begin en sonder einde!”

[9] Die priester sê: “Ek sal dit nie betwis nie, en U sal nou net soos netnou wel heeltemal gelyk hê; maar tog is dit merkwaardig van julle een en volgens U enige ware God, dat Hy Hom maar uiters selde deur `n Judeër laat vind en selfs laat gebruik soos nou deur U!

[10] Ek beken eerlik dat ek vir myself sowel in die een as in die ander godheid baie weinig geloof en vertroue het; want hoe meer mense dit met die grootste moontlike ywer soek, des te meer raak mense daarvan verwyder, en dit is egter nuttiger en sinvoller vir `n mens om nooit te probeer om die sluier van Isis op te lig nie, as om hulle deur so `n sinlose inspanning in die mees duistere afgrond van alle denkbare vertwyfelinge te stort. Dit is beter om net soos die ape blind en dom te bly, as om na die een of die ander godheid te soek, wat waarskynlik nêrens anders bestaan as in die fantasie van mense wat oor die ander wil heers nie.

[11] U sal U godheid waarskynlik wel gevind het; maar hoe en waar, dit sal U eweseer vir Uself hou soos die oues dit vir hulle self gehou het, wat hulle leer oor één God of ook meergode in so `n diep duister gehul het, dat dit deur geen enkele son meer verlig kan word nie.

[12] Ek is tog ook `n mens en wat vanaf my jeug al vurig daarna verlang het om slegs één keer met `n godheid vertroud te raak; maar waarom het dit my tot nou toe, terwyl ek al oor die sewentig loop, nog altyd geen enkele godheid genader en my met een of ander besondere vermoë begenadig nie, en waarom behalwe U, wonderbaarlike vriend, ook al aan my bekende Judeërs nie? Daarom, vriend, heg ek weinig waarde aan alle gode; die res kan U self wel bedink!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205