|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 76
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die stormnag
76 Ek het hierdie woorde nog maar nouliks gesê, of daar kom al `n eerste magtige windstoot, waarna daar ook meteens `n ligte bewing van die aardbodem te voel was.
[2] Daarna steek daar `n hewige gierende en rasende wind op, dit klink asof dit `n halfuur ver verwyder was, maar dat dit van oomblik tot oomblik in hewigheid toeneem. Baie gou kom dit naby die stad en wek deur sy enorme gegier, gekletter, raserny en gedonder baie inwoners van hierdie stad, wat uit hulle huise die strate en pleine van die stad opgaan, uit groot vrees om begrawe te word in hulle huise, wat dreig om in te stort.
[3] Baie haas hulle, ondanks die rasende orkaan, kermend van angs en vrees na die oop veld. Toe die wind egter steeds hewiger word, kom verskeie van hulle weer terug na die stad en sê vir hulle bure, dat dit op die oop veld nog baie slegter uit te hou was as in die stad agter stewige mure.
[4] Baie wat verby ons herberg hardloop, verwonder hulle oor ons moed en standvastigheid, en `n paar bure van die herberg kom na ons toe in die eetsaal en roep die herbergier toe dat hy ook na buite moes gaan, omdat die aarde van tyd tot tyd so geweldig gebeef het, dat hulle bevrees was dat die een huis na die ander weldra in duie sou stort. Hulle het gedink dat alle Judese duiwels en heidense furieë moes losgebreek het, want dit was anders onverstaanbaar hoe so `n stormnag na so `n kalm dag kon ontstaan het.
[5] Die herbergier sê: “Beste bure, my huis is al baie oud en het al baie sulke beproewinge meegemaak, en dit sal hopelik ook hierdie nog wel sonder skade deurstaan! Ek vertrou op my God en Heer, wat almagtig en wat vol liefde is, en Hy sal my huis deur julle losgebreekte duiwels en furieë geen skade laat toebring nie.”
[6] Die twee bure sê: “Ag, hou tog op met alle gode, of dit nou Judese of heidense is! Wat het hulle daaraan wanneer hulle die arme, swak mensdom snags so volkome sinloos kwel? Ons Romeine het alle gode aangeroep en enkele priesters maak groot gekerm, en ook die Judeërs van hierdie stad roep in hulle sinagoge tot hulle JaHWeH om hulp, hulp, hulp; maar die storm en die hewige bewing van die aarde hou nie op nie, maar word van oomblik tot oomblik maar steeds erger. Dan is die parool: Mens, help jouself, so goed, soveel en vir sover jy kan; want die gode luister nie na jou smeekbede en kyk nie na jou angs en nood nie!”
[7| Die herbergier sê: “Vriende, as julle geloof en vertroue op `n God so swak is, het julle natuurlik niks anders as om julleself te help nie, so goed en so kwaad as wat dit gaan; maar my enige ware God en Heer het my getrou duidelik gemaak dat hierdie storm in hierdie nag om baie wyse redes oor hierdie streek sou kom en dat ek geen angs daarvoor hoef te hê nie - en kyk, soos wat dit my voorgesê is, het dit ook gebeur, en daarom het ek dus ook geen angs nie!
[8] Julle neem tog altyd julle trotse lyfspreuk: SI TOTUS ILLABATUR ORBIS, IMPAVIDUM FERIENT RUINAE*, in die mond? Waaruit blyk by julle nou die waarheid daarvan? *(Latyn vir: “Al sou die hele wêreld instort en sou haar brokstukke oor my heenval, ek sou onverskrokke bly”)
[9] Ek is `n gelowige Judeër, wat op my enige ware en lewende God vertrou en bou, en ek het my nog nooit op so `n moed laat beroep nie, maar in plaas daarvan leef ek steeds in die korrekte eerbied vir God - en kyk, Hy gee my nou meer moed en ware selfbeheersing as julle hoogdrawende lyfspreuk. As julle sou doen soos wat ek doen, en ook julle rustig in julle huise kan bly!”
[10] Die twee bure sê: “Vriend, jy het in feite wel gelyk - maar ons kan niks daaraan doen dat ons nie jou geloof het nie; maar wat jou geloof betref, daar sal ons met mekaar môre verder praat, as ons lewend daarvan afkom!”
[11] Die twee merk nou by die reeds swak geworde lamplig in ons saal ook die ander gaste op, en hulle wil die herbergier vra wie die gaste was; maar hulle vroue en kinders roep uit angs en vrees vanuit die voorportaal na hulle, en die twee gaan weer na buite die straat op, en bekyk hulle huise om te sien of dit nog geen skade opgedoen het nie. Dit was by die swak maanlig weliswaar nie te sien nie, maar hulle durf tog nie hulle huise binnegaan nie, omdat die aardbodem van tyd tot tyd nog altyd goed voelbaar gebewe het.
[12] Die herbergier vra My hoe lank die storm nog sou duur.
[13] Ek sê vir hulle: Nog `n uur, en hierdie keer sal hy by niemand skade aanrig nie! Maar jy het `n ware woord teenoor jou bure gespreek, en hulle sal môre ook by ons opgeneem word. Nou kan ons egter wel tot die oggend rus, en die oggend sal ons baie werk gee.”
[14] Daarop slaap almal weldra en rus tot die oggend, wat hierdie keer newelagtig was.
|
|
|
|
|