Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die geloofsituasie in die land van die twee vreemdelinge

150 Toe die twee versadig was, vra die herbergier aan hulle watter gode daar in hulle land vereer en aanbid word. Die een sê: “O beste vriend, by ons is daar gladnie `n bepaalde godheid nie; want ons priesters verkeer onderling in `n voortdurende vete, en byna elkeen van hulle het self sy eie god, laat hom wonders doen en skreeu net oor die mag en heerlikheid van sy god. Die koning maak hom egter nie bedruk daaroor nie; want hy beskou slegs goud, silwer en edelstene as sy gode - alle ander gode interesseer hom nie!

[3] Ons twee behoort egter nog tot die Judese stam, wat hulle sedert die gevangenskap onder koning Nebukadnesar hier en daar in ons land gevestig het, en daarom is ons in die geheim volgelinge van Moses, maar natuurlik sonder Skrif, sonder Ark van die Verbond en sonder tempel. Die hemel met sy sterre is al wat ons het.

[4] Ons glo in die God wat Moses aan ons vaders getoon het, en ons hou nog die Sabbat en die oorblywende gebooie; maar die ou JaHWeH skyn nie meer so veel aan ons te dink nie.”

[5] Die herbergier sê: “Ook ek is `n Judeër, en ek kan julle verseker dat die ou JaHWeH baie aan julle gedink het, omdat Hy julle in jul groot nood hierheen gelei het. Môre sal dit waarskynlik wel heeltemal duidelik word vir julle; vandag kan julle egter uitrus en julle verder versterk met brood en wyn!”

*(Die voorafgaande hoofstukke is in Maart 1863 nog in Lorber se eie handskrif opgeskryf. Daarna volg `n onderbreking van ongeveer een jaar. Eers op 11 April 1864 word die diktate voortgesit. Omdat Lorber tydens sy laaste siekte (jig met watersug) drie maande lank aan die siekbed gekluister was, kon hy dit wat hy hoor, nie meer self opgeskryf het nie, maar moes hy dit aan iemand anders dikteer.)

[6] Toe die herbergier die twee vreemdelinge gerusgestel het, deurdat hy hulle - behalwe nog meer brood en wyn om hulle te versterk - die versekering gee dat hulle die volgende oggend in alle opsigte tevrede gestel sou word, kom hy weer terug na ons tafel, terwyl hy geen woorde kan vind vir sy groot verwondering oor alles wat hy van die twee vreemdelinge oor die priesters en die koning van hulle land gehoor het nie.

[7] Maar Ek sê: “Laat dit maar rus - want ook onder die Grieke, Romeine en Judeërs gaan dit in hierdie tyd nie beter nie; ook by hulle dien die gode geen ander doel as om deur hulle en met behulp van allerlei towery die volk soveel moontlik te verblind en hulle soveel moontlik tot offers aan te sit. Hulle het weliswaar geen ius gladii** (Latyn vir: swaardreg, die reg oor lewe en dood.) en geen ius potioris et fortio-ris*** (Latyn vir: die reg van die magtige c.q. bevoorregte en die sterkste.), maar die teenswoordige heersers oor die volk sien graag dat die priesters die volk egter blind en bygelowig maak, omdat hulle - dit wil sê die konings - die volk makliker tot gehoorsaamheid kan dwing en nie `n groot aantal duur soldate daarvoor nodig het nie.

[8] Oor wie God eintlik is, bekommer `n heerser oor die volk hom uiters weinig of heeltemal nie. Af en toe doen hy uiterlik wel mee met die voorgeskrewe seremonies, om die volk te laat glo hoe hoog hyself hulle gode vereer; maar self bly hy, wat sy wêreldse lewe betref, `n epikuris en wat sy geloof betref, `n sinikus of Sadduseër, wat nie in `n voortlewe van die siel na die dood glo nie. En as die heerser by homself dink, so dink ook veral die hoëpriesters.

[9] Wil hy teen een of ander buurland `n oorlog begin, dan weet die hoëpriesters goed hoe hulle dit moet aanlê dat die groot massa eers deur die laer priesters sodanig bewerk word, dat die naderende oorlog van die wil van die gode uitgaan en dat die koning, as verteenwoordiger van sy mense teenoor die gode, nie daaromheen kan om hulle deur die hoë priesters bekendgemaakte wil heel ywerig op te volg nie.

[10] Daardeur word die mense geïntimideer, sodat hulle bereidwillig en ywerig die ekstra oorlogsbelasting betaal, wat die koning nodig het, en hulle stel daar vir hulleself `n groot eer in om, as hulle nog kragtig is, met die wapen in die hand aan die oorlog mee te doen.

[11] Kyk, My beste herbergier, so gaan dit nou, nie net in die land waar ons twee vreemdelinge in hulle groot nood vandaan gekom het nie, maar op die hele aarde, en daar sal nog `n baie lang tyd voor nodig wees, voordat die volkere tot die insig sal kom dat hulle sedert die tyd van Moses en die opvolgende Rigters, menslike lasdiere van die grotes en magtiges was, is en nog lank sal wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205