Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die aandete in die ou eetsaal

61 (Die Heer:) “Diegene by wie Ek sal woon, sal My ook goed waarneem en Ek sal hulle Self onderrig en lei, en so sal julle wat My egter liefhet, altyd deur My onderrig en gelei word en sal die ewige lewe in hulle hê. Maar die harte-kastele van hulle wat hulle van My verwyder, soos wat die konings in die ou tyd hulle suiwer uit liefde vir die wêreld van die koning van Salem verwyder het en Hom nie meer ten offer gebring het wat hulle Hom moes bring nie, sal ook deur My verlaat word. En soos wat dit was in die tyd van die Koning van Salem toe Hy hierdie kasteel saam met alle engele wat Hom gedien het, verlaat het en daar onder die volkere en hulle konings maar al te gou allerlei tweedrag, nyd, afguns en daardeur ook oorloë ontstaan het, so sal dit in die toekoms ook wees onder hulle wie se harte-kastele Ek sal verlaat. Dan sal die een volk teen die ander opstaan en poog om hom te onderwerp.

[2] In diegene wat in My leer en liefde sal bly, sal Ek ook bly, en werklik: Uit sy lendene sal strome lewende water vloei, en wie van die water sal drink sal in ewigheid nooit meer dors hê nie!

[3] My leer en die goddelike wysheid daarin, is die ware, lewende water. Wie daarvan drink, sy siel sal weldra met alle wysheid gevul en vir ewig versadig word, en dan sal julle nooit meer dors en honger na `n hoëre waarheid en wysheid nie.

[4] En so het Ek nou aan jou, My ou Judeër, verklaar wat tevore vir jou duister en onverklaarbaar gelyk het! Maar dink nou nie wat jy nou al in alle waarheid en wysheid ingevoer is nie; dit sal jou eers ten deel val wanneer Ek in die gees van alle waarheid en wysheid ook in jou hart opgestaan het en na die lewe-hemel van jou siel opgevaar het.

[5] En laat ons nou uit hierdie kelder weggaan en ons na die eetsaal begewe; want die aandete staan al gereed, en ons sal dit tot ons neem en daarmee ons liggame versterk.”

[6] Na hierdie woorde van My gaan ons die kelder uit en kom baie gou in die groot eetsaal, wat met honderd lampe helder verlig was, terwyl dit nog maar `n rukkie gelede so `n ruïne was, dat niemand dit sou opmerk dat daar ooit `n groot eetsaal bestaan het nie.

[7] Twee groot kliptafels, wat op stewige pilare gerus het, was op passende wyse in die saal opgestel en sierlik met die fynste byssus* bedek. Rondom elk van die twee tafels was die regte aantal maklike stoele geplaas, en beide tafels was goed voorsien van smaaklike toebereide vis, brood en wyn. *(weefsel van fyn linne.)

[8] Ons gaan ook aan die tafel sit wat vir ons gedek was, en die eienaars en bewoners van hierdie kasteel gaan aan die tweede tafel sit, wat vir hulle bestem was, en ons eet en drink alles met mate.

[9] Tydens die ete word daar oor baie dinge gespreek, en die kommandant vra My hoe hy die volgende dag die Romeine en Grieke moes aanpak, as hulle die wonderwerk maar al te gou te siene sou kry. Want hulle sou soveel vrae stel soos mens waarskynlik nog nie vroeër meegemaak het die.

[10] Ek sê: “As daar iemand kom, vertel hulle die waarheid; maar vertel ook vir hulle dat hulle dit alles vir hulle self moet hou en nie na die nabygeleë plekke en stede moet loop om My voortydig bekend te maak nie!

[11] Omdat die wonder nie so vinnig van buite sigbaar sal wees nie, sien hierdie kasteel, wat die buitekant betref weinig anders daaruit, maar hy is dit alleen van binne; en so moet ook julle nie voortydig baie ophef maak oor hierdie doen en late van My nie! Ek sal môre Self nog enkele van die beter heidene besoek en `n uur na die middag met My leerlinge van hier na Golan gaan, waarheen jy My ook kan vergesel.

[12] As jy op `n bepaalde oomblik weer hierheen kom, kan jy My woord aan die heidene bekend maak, en kan die deur My gedane wonderwerk vir jou as `n getuienis dien, sodat hulle Die Een herken wat dit gedoen het, en volgens Sy wil lewe en handel!”

[13] Toe die kommandant dit van My gehoor het, beloof hy dat hy hom in alle opsigte streng volgens My wil sou gedra.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205