Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die verkeer met die anderkant. Die innerlik geestelike gesig

172 (Die Heer:) “Jy het beweer dat mens met die mense wat eenmaal gesterf het, geen oorleg kan voer nie; maar daarin vergis jy jou baie.

[2] Vir mense van jou soort is dit inderdaad nouliks moontlik, want die is vanaf die eerste begin te wêrelds ontwikkel; hulle het wel soveel moontlik hul natuurlike gesigs- en begripsvermoë verskerp, maar daardeur hul innerlik geestelike gesig op die agtergrond geplaas. Want dit gaan met hulle innerlike geestelike gesig ongeveer soos iemand wat glasruite in sy huis aangebring het. Hy bevind hom egter buite en hoor plotseling `n harde geluid in die huis. Hy gaan dus onmiddellik na `n venster en wil die inwendige van die huis sien; maar ondanks al sy inspanning kan hy bykans niks ontdek nie, want die weerspieëling van die daglig op die ruite maak dit onmoontlik. As hy dus die oorsaak van die geluid te wete wil kom, bly daar vir hom niks anders oor as om die voordeur van die huis en alle tussendeure oop te maak en na binne te gaan, om te sien wat die oorsaak van die geluid was; of hy moet `n ruit kapot slaan en, as dat te min is, nog meer, om beter na binne te kan kyk na wat die geluid veroorsaak het.

[3] As die desbetreffende huisheer homself in die huis bevind het op die oomblik toe hy die geluid gehoor het, in plaas van daarbuite, dan sou hy eerder en makliker agter die oorsaak van die geluid gekom het; maar omdat hy hom buite bevind het, kon hy nie aanwesig wees op die oomblik toe die geluid optree nie, maar eers later en in ieder opsig minder goed, omdat sowel die oorsaak as die gevolg al verdwyn het. Hy sou dan langdurig en met veel moeite alle hoeke binne in die huis moet deursoek en ten slotte `n gebreekte stuk vaatwerk vind, waarvan hy dan sou kan vermoed dat dit deur een of ander beweging van bo na benede op die grond geval het, daarby gebreek is en die lawaai veroorsaak het. Maar tog het hy selfs oor die vermoede geen volledige sekerheid nie, omdat die gebreekte stuk vaatwerk ook wel eerder gebreek kon gewees het - daarom is sy aanname ondanks alles nie seker nie, maar slegs `n vermoede, en dit alles vanweë die feit dat hy hom op die oomblik dat hy die geluid gehoor het, nie binne nie, maar buite sy huis bevind het.

[4] Kyk, met die beeld wil Ek jou daarop wys dat `n mens wat alleen uiterlik verstandelik ontwikkel is, heeltemal niks of slegs baie weinig en onduidelik kan hoor en begryp van wat daar geestelik in hom gebeur!

[5] Die liggaam is die huis van die siel en die gees in haar is deur God daaraan toegevoeg omdat hy die siel onderwys en wek in alles wat geestelik is, en dit ook moontlik maak om met haar in kontak te tree.

[6] Maar hoe kan die gees dit doen, as die siel in die volledige besit van haar vrye wil haarself meestal buite die huis bevind en haar verkwik en laaf teen die wêreldse lig? Daardeur word sy so verblind en verdoof, dat sy dan niks meer sien en gewaarword van wat daar in haar huis gebeur nie.

[7] As sy daartoe aangemaan word, sal sy mettertyd wel in haar huis rondkyk en raak sy erg besorg daaroor; sy sien dat dit hier en daar al skete het, wil dit herstel en in orde bring en verenig sy dan uiteindelik self met die materie van haar innerlike en uiterlike woonhuis.

[8] Dan soek sy ewenwel die gees in haar huis, wat haar, deur af en toe lawaai te maak by haar in huis wil roep; maar dikwels hoor sy nie die lawaai deur die wêreldse tumult nie. Af en toe werp sy wel `n vlugtige blik in die inwendige van haar huis, waar sy egter maar weinig en onbetroubare dinge sien. Dan keer sy haarself na so `n klein ondersoek baie gou weer na buite, waar dit haar beter geval as in die donker vertrekke van haar huis, waarin sy niks duidelik meer kan ontdek nie, omdat haar gesigsvermoë deur die uiterlike lig te veel verblind en haar innerlike vermoë om te hoor deur die harde wêreldse tumult te sterk verdoof was.

[9] Hier en daar is daar egter vreesagtige siele, netsoos kinders, wat bang is vir die wêreldse lig en die wêreldse tumult. Die bly dan liewer tuis en hou hul besig met wat hul in die huis bevind. As daar nou lawaai te hoor is, kan hulle deur `n ruit, wat nie verblind is deur uiterlik lig nie, baie goed van binne na buite kyk en vinnig en maklik daaragter kom wat die lawaai veroorsaak het, en hulle kan hul van veel dinge wat ook in die huis gebeur korrekter en vroeër bewus word as diegene wat hulle buite hul huis bevind.

[10] Die geestelike vermoë om te sien en te hoor is dus steeds binne-in die mens en nooit buite, in sy wêreldse sintuie nie. As jy dus met een of ander siel sou wil spreek en haar sou wil sien, dan kan dit alleen maar in haarself, maar nooit buite haarself bewerkstellig word nie.

[11] As jy meer tuis gebly het, sou jy al lankal dieselfde lewenservaring opgedoen het as baie ander wat jou wel daaroor vertel het, maar wie se verhaal jy steeds tot `n liggelowige selfbedrog verklaar het. Daardeur het jy jou ook steeds meer alleen, maar buite jou huis opgehou en slegs selde `n vlugtige blik daarin gewerp; daarby het jy jou altyd maar meer vererg, omdat jy as gevolg van die verblinding van jou innerlike gesig deur die lig van die uiterlike wêreldse verstand, steeds minder en slegter kon onderskei wat daar in jou lewenshuis aanwesig was. En jy het jouself gestraf deurdat jy met jou uiterlike wêreldse lig die ewige dood en die ewige nie-wees as die grootste weldaad beskou het, en nog beskou, vir `n wese wat nou eenmaal tot `n selfbewuste bestaan geroep is.

[12] Maar kyk, Ek as ware Heer van lewe het die gawe om jou in jou innerlike terug te bring en jou innerlike gesig gedurende enkele oomblikke sterker te maak, en dan kan jy jou onmiddellik self daarvan oortuig hoe dit gestel is met die voortbestaan van die siel na die dood van haar liggaam!

[13] Sê My wie jy uit jou vroeër tyd nou wil sien en spreek, dan sal die ene op dieselfde oomblik kom en jou te woord staan, en jy sal hom ook herken as die ene wat jy tydens sy lewe geken het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205