Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer in Golan

Die aankoms in Golan

70 Toe dit alles afgehandel was, staan ons van die tafel af op en begewe ons op die weg na Golan. Ons maak egter `n klein omweg buite-om die stad, om geen onnodige opsien in die stad te baar nie, en op die weg vergesel die burgemeester ons ook; want ook hy wil voorlopig die baie wagtende vraestellers vermy. Aan die ander kant van die stad, op die weg na Golan, het die burgemeester `n ou vriend; die besoek hy en hy neem dus afskeid van ons, en ons gaan rustig op ons weg verder.

[2] Die weg van Abila na Golan is taamlik moeisaam, en eers teen die aand bereik ons die genoemde plek. Toe ons voor die poort van die stad kom, tref ons verskeie Judeërs daar aan wat in hierdie stad woon en hierdie tyd benut om `n wandeling te maak; vanweë die Sabbat, waar hulle dit nie mag doen nie, omdat dit volgens die streng verordeninge eers na sonsondergang toegestaan was.

[3] Toe hulle ons sien aankom en ons as Judeërs herken, kom daar dadelik `n oudste op ons af wat ons vra waar ons vandaan gekom het en of ons nie weet dat `n egte Judeër die Sabbat nie mag ontheilig, ook nie deur `n noodsaaklike reis buite nie, solank die son aan die hemel staan en skyn nie.

[4] Nou tree die kommandant die oudste tegemoet en sê met `n ernstige stem: Hier is nie net Judeërs nie, maar ook ons, gebiedende Romeine, en is hier en te midde van julle; julle wette gaan ons niks aan nie, en as ons dit wil en noodsaaklik ag, moet ook die onnosele Judeërs op `n Sabbat doen wat ons wil. Julle het nie die reg om een van julle geloofsgenote in ons geselskap te stop en te vra waarom hy dit of dat op een van julle sabbatte gedoen of nie gedoen het nie. Want hier en oor `n nog baie groter gebied is ek die gebieder in die naam van die keiser, en het ek die skerp swaard van die geregtigheid in my hand! Wie dit waag om in stryd daarmee te handel - of hy nou `n Judeër, `n Griek of `n Romein is, en of dit nou `n Sabbat of `n ander dag is - dit is om te ewe - hy sal te voel kry hoe skerp dit is!”

[5] Toe die Judeërs, wat die kommandant herken het, en die opmerking uit sy mond hoor, skrik hulle erg en vra hom om vergewing met die verontskuldiging dat hulle hom nie onder die aankomende Judeërs en Grieke gesien en dus ook nie herken het nie; want as hulle hom gesien en herken het, sou hulle die Judeërs sekerlik nie opgehou en ondervra het, omdat hulle `n reis op die Sabbat gemaak het nie; want ook hulle was steeds troue onderdane van die Romeine en het `n hoë agting vir hulle wyse wette gehad.

[6] Nou sê die kommandant: “Hierdie keer is dit julle vergewe; maar vra voortaan nie meer aan Judeërs, ook as hulle hier op `n Sabbat aankom, waarom hulle die dag nie op `n passende manier vier nie! Want as julle dit nog eens in julle blinde ywer sal doen, sal ek weet om julle daarvoor te tugtig; en gaan nou verder, of keer weer terug na julle vervuilde huise!”

[7] Daarop maak die Judeërs `n diep buiging voor die kommandant en trek hulleself vinnig terug in die stad in; want hulle dink by hulleself dat daar wel miskien binne `n kort tyd `n honderd soldate die kommandant sou volg en die wou hulle nie teëkom nie. Hulle ag dit dus raadsamer om weer na hulle huise terug te keer.

[8] Toe hierdie Judeërs hulle in hulle woonhuise terugtrek, vra die kommandant aan My waar Ek in hierdie stad onderdak vir die nag sou neem.

[9] Ek sê: “Vriend, aan die ander kant van die stad is `n Judese herberg; daar sal ons heengaan en die nag deurbring. Die dag van môre sal ons wel duidelik maak wat daar verder gedoen moet word. Laat ons onsself dus na die genoemde Judese herberg begewe!”

[10] Terwyl dit al taamlik skemer begin word, trek ons deur die behoorlike groot stad en bereik weldra die genoemde herberg.

[11] Toe ons voor hierdie herberg, wat nie so baie groot was nie, aankom en daar bly staan, kom die herbergier dadelik na die voorportaal en vra ons wat ons verlang.

[12] Ek sê: “As daar in die aand reisigers voor `n herberg aankom, wil hulle `n onderdak hê vir die nag; en dit wil ons ook hê.”

[13] Die herbergier sê: “Vriend, julle is seker so veertig stuks, en vir soveel mense sal daar in my huis nouliks voldoende ruimte te vinde wees! Verder op is `n groot Griekse herberg; daar kan julle baie goed en aangenaam onderdak kry. Bowendien is my vrou, wat weet hoe om met die kombuis om te gaan, helaas siek. En my twee dogters, wat vandag ook ietwat onwel is, kan dit ook lank nie doen nie, al is hulle nog gesond, omdat die nodige krag en kennis hulle daarvoor ontbreek. Ek kan julle daarom slegs `n baie skraal onderdak bied, terwyl julle in die herberg verder op alles kan kry wat julle nodig het.”

[14] Ek sê: “Dit weet Ek ook, en al sedert `n lang tyd; maar Ek wil hier in jou herberg oornag, sodat jy van ons sal ontvang en kry wat jy nodig het. Laat ons ons by jou intrek neem!”

[15] Toe die herbergier dit hoor, sê hy: “Ja, as julle genoeë wil neem met my herberg, waar dit in alle opsigte maer mee gestel is, kan julle wel binnekom om te sien hoe my herberg daar van binne uitsien; as hy julle beval, kan julle ook bly! Wyn en brood kan ek julle nog wel aanbied, en ook `n paar tafels met merendeels steenbanke daaromheen; maar met die rusplekke sal dit baie knap wees.”

[16] Daarop gaan ons dadelik die herberg binne, waar ons `n taamlike ruim eetkamer aantref en ook baie tafels, stoele en banke, sodat ons almal `n taamlike gemaklike plek het.

[17] Die herbergier laat dadelik lampe in die eetsaal bring en was nie weinig verbaas, toe hy ook kommandant Pellagius in ons midde sien nie, wat hy baie goed geken het. Nou begin hy hom nog meer te verontskuldig vir sy armoede, waarmee hy, soos wat hy sê, sulke gaste maar baie sleg sou kan bedien, en ook vandag die Sabbat moes gehou het, waarop die Judeërs nie toegestaan was om hulle op passende wyse vir die aand voor te berei nie.

[18] Die kommandant stel hom egter gerus en sê: “As ek hier so goed en aangenaam moontlik onderdak vir die nag wil hê, kon ek gebruik gemaak het van die kasteel, wat my steeds ter beskikking staan; maar omdat dit my eindeloos baie meer aan die geselskap geleë is, as aan al die ydele en verganklike wêreldse prag en praal, bly ek ook met my dogter en my vernaamste onderoffisiere by jou. En ek bly ook by jou, omdat die een ware Heer en Majesteit, wat vir my alles in alles is, reeds voordat ons by die stad was, die wens uitgespreek het om vandag in jou herberg te wil oornag.

[19] Wie die Heer en Majesteit nou eintlik is, sal jy nog wel van naderby te wete kom, waardeur jy ook die heil sal vind en bewaar vir jouself en jou hele huis. Maar laat nou ietwat brood en wyn vir ons op die tafel plaas!”

[20] Nou roep die herbergier onmiddellik sy nie so talryke personeel en beveel hulle om brood, sout, en wyn op die tafel te sit, wat dadelik uitgevoer word.

[21] Ons neem ook tesame brood en wyn tot ons, en die herbergier self, wat baie eerbiedwaardig voorkom en wat origens ook `n opregte man was, neem ook deel aan die opgediende aandete.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205