Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die liefde teenoor mense met `n ander geloof

146 (Die Heer:) “Kyk, toe Ek byna drie-en-dertig jaar gelede in `n skaapstal in Bethlehem in hierdie wêreld gekom het, gebore uit `n baie suiwer en vroom maagd - wat Maria heet en die enigste dogter was van Jojagim en die ou Anna, wat in die tyd van die vrome Simeon altyd in die tempel hulle sake gehad het - was die heidene, wat as eerstes reeds van ver gesien het, dat in My, iets buitengewoon in hierdie wêreld gekom het. Hulle het My allerlei offers - goud, wierook en mirre - gebring en die magtigste gesagdraers van Rome in Judea en oor alle Romeinse lande in Asië en ook Afrika het My alle liefde bewys en het My alle hulp verleen, veral by die treurige geleentheid, toe dit die ou Herodus ter ore gekom het dat in My `n baie magtige Koning van die Judeërs gebore was en hy alle manlike kinders tot twaalf jaar wou laat vermoor. My aardse moeder en My pleegvader Josef en sy vyf seuns, wat hy uit `n vorige huwelik gekry het, moes toe met My na Egipte vlug, en die Romeinse kommandant Cornelius en sy broer Cyrenius het My by die vlug veel liefde bewys en vir `n goeie onderdak in `n vreemde land gesorg.* *(Sien vir hierdie gebeurtenisse ook “Die jeug van Jesus” van Jakob Lorber. Volgens hoofstuk 3:17,24-25 was Herodus oorspronklik van plan om alle kinders tot 12 jaar te laat ombring, maar Cornelius wis hom deur sy wysheid hiervan afgebring. Volgens hoofstuk 41:2 en Matthéüs 2:16 kon die kinders tot 2 jaar egter nie gespaar word nie.)

[2] En kyk, dit is deur die heidene, wat so deur die Judeërs gehaat word, vir My gedoen, terwyl die Judeërs, dit wil sê die magtige, My uit hierdie wêreld wou help, uit vrees dat hulle hulle troon, wat hulle van Rome gepag het, deur My sou kwytraak, as Ek volwasse geword het.

[3] As dit nou so is, dan is dit tog ook volkome in orde dat nou deur My, netsoos deur elke ware Judeër, dieselfde liefde aan die heidene betoon word soos hulle dit My reeds vanaf My kinderjare betoon het; en die afgelope twee en `n half jaar het Ek tydens My reis as leraar steeds wyd en syd meer geloof en liefde by die heidene gevind, as by die Judeërs, wat My as `n valse profeet, bedrieër, volksopruier en `n towenaar beskou wat `n verbond met die duiwel het en teenoor die volk beweer hulle ook dat Ek dit is. En hoe meer die gewone Judeërs in My glo, des meer wil hulle My doodmaak.

[4] Maar Ek sê vir jou ook, dat juis daarom, die lig van die ewige waarheid van die Judeërs weggeneem sal word en aan die heidene gegee sal word. Die Judeërs sal verstrooid raak oor die hele wêreld en sal nooit meer `n eie land besit nie, maar as gehate slawe onder die konings van heidense volkere alle smaad en vervolging te ly hê, as blywende getuienis van hulle ongeloof en hulle algehele liefdeloosheid. Hulle sal die beloofde Messias wel altyd verwag, maar tevergeefs; want die Messias is Ek en verder niemand in der ewigheid nie.

[5] Daarom moet ook jy jou ou gesindheid ten opsigte van die heidene volkome verander, dan sal hulle daardeur jou vriende word en maklik jou ware geloof aanneem; want die meeste glo tog nie meer in hulle gode nie, maar hou hulle aan die leringe van hulle wêreldse wysgere en is daardeur baie skerpsinnige denkers en sprekers, en deur hulle sal jy baie ontvang wat julle waarskynlik nie by hulle gesoek het nie.

[6] Mense wat intelligent en skerpsinnig is in wêreldse dinge, word dit ook vinnig en maklik in die dinge van die gees, wat tot diepsinnige wysheid en lewensbeskouing lei; dit kom alleen maar daarop aan hoe `n mens hulle behandel.

[7] Wie dadelik met die swaard en die knuppels van die ou haat op hulle begin in te kap, sal by hulle sekerlik slegte sake doen; maar wie met alle sagmoedigheid en liefde na hulle toe kom, die sal hulle baie gou op die hande dra en hom alle wederliefde bewys.

[8] Kyk, dit is tot nou toe dus jou fout gewees, wat jy in die vervolg moet aflê, as jy netsoos Ek `n volmaakte Judeër en voleindigde mens wil word!

[9] Laat God Sy son dalk nie sowel oor die heidene as oor die Judeërs skyn, wat jy tog elke dag goed sou gemerk het nie? Maar as JaHWeH God, oor alle dinge in die wêreld en in die hemele, geen onderskeid maak nie, moet ook `n ware Judeër daarin volledig gelyk probeer te word aan God, wat sy ewige Vader is.

[10] Maar jy hoef hulle daarom nie behulpsaam te wees by die bou van byvoorbeeld `n afgodstempel nie, want dit sou geen ware naasteliefde wees nie en in My oë ook geen waarde hê nie; maar die heidene in alle vriendelikheid van al hulle ou dwalinge te bevry en hulle die ou lig van die waarheid te gee, dit het in My oë baie groot waarde.

[11] Dieselfde is die geval as daar `n arme heiden aan jou deur om `n aalmoes kom smeek, maar jy gee dit nie vir hom nie, omdat hy `n heiden is - dan het jy in My oë niks verdienstelik vir die ewige lewe gedoen nie; maar as jy jou ook oor `n arme, hongerige en dorstige heiden ontferm en hom gee wat hy nodig het, dan het jy in My oë `n My baie welgevallige werk van ware naasteliefde gedoen, en Ek sal jou dit hier al honderdvoudig en later aan die anderkant oneindigvoudig vergoed. Want die ware naasteliefde in die hart van `n mens - of hy nou Judeër of heiden is, dit is om te ewe - is die enigste waaragtige geestelike element van die lewe, waardeur die hele sintuiglike wêreld en alle hemele in hulle bestaansorde gehou word. As `n mens die ware naasteliefde besit en beoefen, leef hy daardeur in die korrekte orde van God en vestig hy in homself die ewige lewe van sy siel.

[12] Betoon dus van nou af aan egte naasteliefde aan sowel heidene as Judeërs, dan sal jy deur die krag van My Gees tot die ewige lewe gewek word en in die dieptes van My goddelike wysheid deurdring; daardeur sal jy in My jou God ook werklik bo alles liefhê - en dit is alles wat Ek van die mense verlang om hulle die ewige lewe te laat verkry. Wie die liefde het, het in My oë geen sonde nie en hoef nie die lang sinlose, vir My geheel waardelose gebede van die Judeërs te bid, geen vas en geen boete in sak en as te doen nie. - Het jy dit begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205