Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer voorspel dat die vreemdelinge by hul koning opgeneem word

160 Toe ons aan tafel sit, kom die twee vreemdelinge ook te voorskyn en gaan heel skugter aan hulle eensame klein tafel sit. Ek roep hulle egter om maar aan ons tafel te kom sit en saam met ons die oggendmaal te gebruik; dit het hulle dan ook onmiddellik gedoen, hoewel met die skugterheid wat die armoede in weerwil van homself eie is.

[2] Maar Ek boesem hulle weldra moed en troos in, waarop hulle vertrouliker en spraaksamer word en ons baie oor hulle koning en hulle priesters vertel.

[3] Ek sê aan hulle: “Vir julle priesters sal die laaste uur weldra slaan; maar julle huidige koning sal nog `n goeie man vir julle word as hy oor enkele jare van My sal hoor. As julle van hieruit weer in julle land kom en die koning die tribuut oorhandig - nie een nie,- maar tienvoudig, as hy dit wil aanneem - sal hy vriendelik teenoor julle word en vra hoe julle aan soveel goud en silwer gekom het. Vertel hom dan in alle beskeidenheid hoever julle verby die Eufraat getrek het, wat julle gesien en gehoor het, en hoe julle aan die geld gekom het!

[4] Hy sal julle dan by hom opneem en graag met julle oor Abraham, Moses en die ander profete spreek, en veral oor My, aangesien Ek die Een is – al is dit ook in `n liggaam van vlees en bloed - van wie alle profete voorspellings gedoen het; binne afsienbare tyd sal Ek bodes na hom toe stuur, wat hom alles wat hulle van My gesien en gehoor het in die helderste lig sal toon. En as die bodes na die stad kom, waar julle koning verblyf hou, sal hulle eers na julle toe kom, en julle sal hulle na die koning bring.”

[5] Daarna begin ons met die oggendmaal, en toe ons klaar was sê Ek aan hulle: “Nou kan julle gerus opstaan en op weg na julle huis gaan; buite voor die huis sal julle alles aantref wat julle vir die terugreis nodig het!”

[6] Toe bedank die twee, staan op van die tafel en werp deur die deur vinnig `n blik in die straat, om te sien wat daar nuut vir die terugreis staan; want omdat niemand hulle in die kamer `n gif ter hand gestel het nie, was hulle ietwat kleingelowig, en daarom nuuskierig wat hulle op straat sou aantref.

[7] Buite gekom, tref hulle daar ses kamele aan, waarvan daar vier swaar met goud en silwer belaai was, en twee vir hulle in orde gemaak was om hulle huistoe te bring en wat eweneens van soveel goud en silwer voorsien was, dat die twee daarmee, tot hulle weer tuis was, baie goed in hul lewensbehoeftes kon voorsien.

[8] Hoewel die weg na hul eie land taamlik afgeleë en hier en daar onveilig was deur rowende Bedoeïene, kom die twee daar tog sonder enige probleem wel behoue aan; hulle het onmiddellik gedoen wat Ek hulle aangeraai het, waarna die koning hulle heel vriendelik gesind word, hulle tot sy saakgelastigdes aanstel en hulle hul vrouens gesond en wel teruggee, gekleed in pragtige klere.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205