Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vermaning van die Heer tot liefde en geduld by die uitbreiding van Sy leer

194 Hierop sê die Apollopriester: “O Majesteit en Heer, hoe was ons heidene tot nou toe nog nie onbeskryflik blind en dwaas gewees nie! Die saak lê nou so duidelik vir my asof ekself in die oertyd van die Egiptenare geleef en daaraan meegedoen en gewerk het; maar dit is vir my nou ook duidelik, dat daar veel inspanning en werk voor nodig sal wees om die vele heidene tot die sfeer van die lig van die waarheid te verhef.

[2] In my klein kring sal ek wel alle moeite doen, en ek hoop dat ek my volkie vinnig in orde sal hê; maar die lande en volkere van die heidene is wyd oor die aarde versprei. Daar sal dan ook `n veel langer tyd en baie moedige leraars nodig wees, voordat hulle met die neerhaal van die vele afgodstempels klaar sal wees.

[3] Maar vertrouend op U hulp sal dit na geruime tyd wel in orde kom; want die beste van ons heidense godsdiens is, dat hulle nie van die kant van die regering met dwang aan die mense opgelê is nie, en dit staan elke egte Romein vry om te glo wat hy wil of ook om nie te glo nie, maar te lewe en te handel volgens die leer van die filosowe, waar die Grieke en Romeine veel daarvan het.

[4] Vir die regering is dit voldoende dat mens `n troue staatsburger is en hom haar wyse staatswette laat welgeval; maar om die geloof in hierdie of daardie god, bekommer die regering hom weinig of heeltemal nie en laat `n ieder sy vrye wil.

[5] Of ek `n sinikus, `n Pythagoreër, `n volgeling van Plato of Aristoteles, dan wel `n epikuris is en daarvolgens handel, dit staan my alles vry, netsoos ook die leer van Moses by ons Romeine nog nooit tot die van staatsweë verbode leerstelsels behoort het nie; en ek glo daarom dat U leer, o Majesteit en Heer, by die vele beter heidene eerder ingang sal vind as by vele Judeërs, wat self hulle eie leer nie begryp en ook geen kennis oor die werksame kragte in die natuur besit nie, en dit wat hulle daarvan weet, van die heidene ontleen het.

[6] Ek dink dus dat dit veel vrugbaarder sal wees om U evangelie aan `n natuurkundige te verkondig as die mense, wat tot nou toe nog steeds nie weet waarom die water vanuit die hoogte steeds na die laagste gebied by die see stroom nie, en waarom `n klip vanuit die hoogte na benede val en nie omgekeerd nie. Dit weet ons Romeine wel, hoewel nie tot in die grond van die saak nie, maar tog vir die belangrikste deel! Ek dank U, o Majesteit en Heer, vir U wyse les!”

[7] Hierop sê die opperstadsregter: “O Majesteit en Heer, ek het by hierdie geleentheid ook enorm baie gewin, en ek weet wat my te doen staan om die heidene op die regte wyse te bekeer!”

[8] Ek sê aan hom: “Wat julle in My Naam doen, doen dit met alle liefde en geduld; want met die swaard in die hand moet julle nie My evangelie aan die mense verkondig nie! Ek dink egter dat dit vir baie mense buitengewoon welkom sal wees om uit hul langdurige, diep duisternis in die baie helder lig van lewe gebring te word.

[9] Neem van My `n voorbeeld, want ook Ek is hier onder julle vol liefde en geduld, het aan niemand ook maar één harde woord gesê nie en het niemand gedwing om in My te glo nie, behalwe deur die weinige wonders uit liefde, wat Ek in julle teenwoordigheid gedoen het. Dergelike tekens sal julle ook self in My Naam kan doen; maar as julle dit kan doen, wees dan so spaarsaam moontlik daarmee!

[10] Die ou Griekse, Egiptiese en Romeinse wyses het glad geen tekens gedoen nie en tog `n groot aantal aanhangers gekry; dit is dus beter vir iedereen, dat hy My leer aanneem deur die krag van die waarheid wat daarin oorvloedig aanwesig is, as wanneer hy die leer eers aanneem as hy eers deur verskeie wonders daartoe gedwing is. Want Ek sê vir julle: Die letter, netsoos elke ander teken, bring die gees van die mens nie tot lewe nie, maar slegs die gees van waarheid in die woord maak alles lewend!

[11] Ek sou vir julle oë nog `n groot aantal uitsonderlike tekens kan doen; maar dit is beter vir julle om by die woord te bly wat Ek tot julle gespreek het.

[12] My hele leer bestaan in kort egter uit die volgende: Herken in My die Gees van die een en enig ware God en wees vir Hom bo alles lief - en julle as broeders onder mekaar, wees ook vir mekaar in My Naam lief soos wat elkeen homself liefhet! Meer het julle nie nodig nie; want van daaruit sal julle deur My Gees tot alle waarheid en wysheid vanuit My opgehef word.

[13] Ek sal, wat My liggaam betref, hierdie wêreld weliswaar spoedig verlaat, maar tog sal Ek in die krag van My Gees by julle bly tot aan die einde van die tye van die wêreld; en wat julle die Vader, wat die ewige liefde in My is, in My Naam sal vra, sal julle ook gegee word.

[14] Maar oor dinge van hierdie wêreld moet julle jul nie veel bekommer en besorg maak nie; want Ek weet wat julle, wat julle liggaam betref, nodig het.

[15] Soek dus allereers My ryk in die liefde tot My en tot julleself onder mekaar; al die oorblywende sal sondermeer vir julle daarby gegee word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205