Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die reis van die Heer na Genésaret

5 Dit was nou egter al die agste dag wat Ek met My leerlinge by Markus in rus deurgebring het; en Markus en ook die leerlinge vra My waarom Ek hierdie dae in nagenoeg volkome rus deurgebring het, wat hulle nog nie by My meegemaak het nie.

[2] Ek sê: “Ons het nou byna twee en `n half jaar dag vir dag sonder onderbreking gewerk, en My leer is al wyd en syd verbrei; daarom was dit nou ook eers `n keer tyd dat ons hier `n egte Sabbatsrus hou, en bowendien het julle tyd gekry om baie dinge op te skrywe.

[3] Maar van nou af aan sal dit afgeloop wees met die rus. Ons sal nou egter in die tyd van die groot storms kom, en binne nouliks `n halfjaar sal die grootste storm wel kom; dit sal die Herder dood, en baie skape van Sy kudde sal verstrooi raak in die wêreld en sal van die een einde van die wêreld tot die ander ter wille van My Naam vervolg word! Eers as dit gebeur, sal julle geheel en al insien en te wete kom waarom Ek nou hier `n paar dae gerus het.”

[4] Hierdie woorde van My het almal treurig gestem, en ook Maria sê: “Heer, aan U is alle mag gegee, ook oor Satan; laat die storms nie oor U hoof kom nie!”

[5] Ek sê: "Dit is dinge wat Ek alleen begryp; sê dus verder niks meer daaroor nie! Want die dood en die oordeel van die wêreld en haar materie moet vir ewig oorwin word!”

[6] Daarna sê niemand meer iets nie. En omdat Ek dit na die middagmaal aan tafel gesê het, wil Markus nog meer wyn laat bring om My vroliker te stem.

[7] Maar Ek sê: “Vriend, laat dit maar; ons het al genoeg!

[8] Laat egter `n goeie skip in orde kry, want oor `n uur moet Ek na Ebal* in Genésaret gaan! Wie My daarheen wil vergesel, kan dit doen. My leerlinge kan My vergesel saam met Kisjona, en so ook Maria en Philopold wat saam met My moet kom na Genésaret.” *(Die herbergier van `n herberg in Genésaret, waar die Heer al vroeër was. Sien deel II, hfst. 103)

[9] Na hierdie woorde staan almal op, en binne `n uur vaar ons al na Genésaret. Die tog oor die Meer van Galilea duur ongeveer drie ure, en toe bereik ons die behoorlike groot inham van Genésaret, wat ons reeds ken en wat ook die naam “Meer van Genésaret” dra.

[10] Toe ons hierdie inham bereik, tref ons die vissers van Ebal daar aan, wat druk besig was met die vang van vis vir ons Ebal, maar wat sedert die vroeë oggend, vanweë die nog steeds flink golwende water, nog maar baie min vis gevang het.

[11] Toe ons skepe in hulle omgewing kom, hou ons onsself `n bietjie in, en Ek vra aan die vissers of hulle dalk al `n ryk vangs gemaak het.

[12] Die vissers antwoord: “Vriend, dit gaan baie sleg met ons werk vandag!” Die meer is al `n paar dae erg onrustig, en dit sien met ons werk nou nog sleg en skraal daaruit. Die visbewaarplekke van ons meester is al leeg, en hy moet nou al vis uit ander plekke laat bring om die steeds baie gaste ietwat tevrede te kan stel. As julle dalk na Genésaret reis, sal julle baie karig met vis bedien word.”

[13] Ek sê: “Gooi julle nette nou nog `n keer in die water, dan sal julle tevrede wees met die vangs!”

[14] Nadat Ek dit vir die vissers gesê het, herken verskillende van hulle My en sê: “Heil ons, en aan U alle lof en eer! O Heer en Majesteit, vergeef ons ons blindheid; want ons moes U wel op die eerste oogopslag herken het, omdat U `n jaar gelede ons dorp immers ook al met U heilige aanwesigheid geseën het! Ja, op U bekende, almagtige woord sal ons vas en seker `n ryk vangs maak, en Ebal en sy hele huis sal dadelik sien wie hier die groot vismeester was!”

[15] Daarop werp hulle hulle nette in die meer en vang soveel van die beste vis, dat hulle dit nouliks in hulle skepe en roeibote kon laai.

[16] Toe hulle klaar was met die werk, ontstaan daar `n groot gejuig onder hulle waarmee hulle My prys, en hulle vaar voor ons uit na Genésaret; daar wag Ebal met sy mense hulle op die oewer in, omdat hy sterk gehoop het op `n ryk vangs, aangesien hy baie gaste gehad het. En hierdie oggend hoop hy des te sekerder op `n ryk vangs, omdat sy dogter Jarah `n voorspellende droom gehad het, waarin hulle My met My leerlinge en vriende oor die water sien aankom, en dat die vissers daardeur ook `n geseënde vangs sou maak.

[17] Toe die vissers na `n halfuur by die oewer van Genésaret aankom en Ebal sien; - wat se ryk vangs het julle gemaak, sê hy dadelik met opgehefde hande: “O, my dogter, die vrome siel, het `n ware visioen gehad! Dit is `n seën van my Heer, van my God! Aan Hom alle lof en alle eer daarvoor!”

[18] Daarna vra hy die vissers of hulle My dalk by hulle in die omgewing op `n skip of êrens op die oewer gesien het.

[19] Die skippers wys dadelik na die skepe wat hulle nog op `n etlike afstand op die meer bevind en sê: “Kyk, daar kom Hy met Sy leerlinge en vriende! Heil ons en die hele dorp, omdat Hy ons weer besoek!”

[20] Toe Ebal dit hoor, roep hy dadelik sy vrou, sy kinders en sy ou, troue dienare en dra hulle op om vir die tafel te sorg; verder sê hy dat die nuwe eetsaal goed in orde gekry moes word vir My en vir hulle wat saam met My gekom het, en dat alleen hulle daar mag kom wat Ek sou uitkies.

[21] Op die bevel van Ebal gaan iedereen onmiddellik aan die werk om uit te voer wat hy beveel het. Self klim hy egter saam met Jarah in `n klein skippie en vaar My tegemoet; toe hy en Jarah My vanuit die verte sien en naas My, My moeder Maria, wat hulle reeds ken, en RafaEl, Kisjona, Philopold, Johannes, Petrus, Jakobus en ou Markus, wat My ook na Genésaret vergesel het, hef hulle van meer as groot blydskap hulle hande in die hoogte en begroet ons baie hartlik met die gebruiklike tekens. Toe hulle vlak by ons kom, wil daar maar geen einde kom aan die liefdevolle begroetinge nie. Ebal en Jarah klim beide by ons in die skip en laat dit aan hulle skippers oor om hulle skip terug te vaar.

[22] Daar word baie gevra, en Ek Self vertel Ebal in kort die belangrikste momente van My werksaamhede na die tyd wat Ek die eerste keer vanaf Markus verder gereis het, en hy en Jarah laat hulle groot vreugde daaroor blyk.

[23] Terwyl ons so besig is, bereik ons die oewer van Genésaret en tref die vissers daar aan, wat nog steeds besig was om hulle vis in die visbewaarplekke te bring.

[24] Nou eers sê Ebal vir My: “O Heer, vergeef my; omdat ek heeltemal dronk was van vreugde dat ek byna heeltemal vergeet het om U dadelik openlik en luid te bedank vir die groot geskenk van vis, waaraan ek reeds groot gebrek het!”

[25] Ek sê: “Vriend Ebal, laat dit maar agterweë; want jy weet tog wel waarna Ek in die mens kyk en luister, en iets anders is daar nie tussen ons nodig nie! Wees dus maar baie opgewek en bly voortaan soos wat jy tot nou toe nog was, so sal jy jou voortaan ook in My liefde, barmhartigheid en vriendskap kan verheug. Maar laat ons onsself nou na die nuwe saal begewe, waar ons nog verder met mekaar sal gesels!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205